Page 1 of 1
Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 10:44 am
by Smirre
More
Hoe kan ek kyk en weet dat ek nie n grys produk koop nie?
Smirre
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 10:53 am
by Eugene
Smirre, ek het nie baie kennis hieroor nie, maar die serial nommer is nie op die grys produk nie en die swarovski wapen lyk ook anders....
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 10:57 am
by Geno
Eugene wrote:Smirre, ek het nie baie kennis hieroor nie, maar die serial nommer is nie op die grys produk nie en die swarovski wapen lyk ook anders....
Maak seker jy praat van 'n grys produk, en 'n pirate produk.
Grys - Nie deur die amptelike agente ingevoer nie (Whylo)
Pirate - Een wat op Alibaba.com of so gekoop is. Fong Kong produk.
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 10:59 am
by Eugene
Korrek Geno, ek (en seker Smirre ook) bedoel die "pirate" of "cheap imitation" produk wat waagweg herinner aan die oorspronklike...
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 11:30 am
by Smirre
Geno
ek praat van die grys produkte wat hier verkoop word
Nie wat iemand vir homself invoer
Is daar waarborge?
Kom hulle uit Oostenryk
Hoekom is hulle dan grys produkte
SMirre
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 11:43 am
by cassie_calvinia
smirre
Grys - Nie deur die amptelike agente ingevoer nie (Whylo)
Pirate - Een wat op Alibaba.com of so gekoop is. Fong Kong produk.
as ek bv een invoer is hy grys, as whylo hom invoer, dan is hy nie grys.
as iemand hom invoer(grys)moet jy hom self terug stuur vir waarborg
fake is 'n fake!
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 12:17 pm
by kopskoot
Jy kan Whylo bel en hulle die serial nommer gee. Hulle sal bevestig of hulle hom ingebring het of nie.
Indien jy n grys produk koop, sal hy nogsteeds deur Swarovski se internasionale waarborg gedek wees, jy sal hom net self soontoe moet stuur, indien iets fout gaan.
Whylo sal dit moontlik steeds vir jou doen @ R1500 hanteringsfooi
Groete
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 1:37 pm
by Omnia
Kyk net op hom sal staan " Keep away from direct sunlight " of made in Hong Kong " dont last very long"
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 1:45 pm
by Katefbessie
ekt een ingebring en hy was swart
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 1:58 pm
by Arnold
Katefbessie wrote:ekt een ingebring en hy was swart
Pasop, van die Zeiss en Leupold scopes is so grys van kleur

Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 2:06 pm
by Omnia
Ja maar daai Zeiss is met 1 S en Leupold 2 E's!!
Re: Swarovski.....grys produkte
Posted: Thu May 07, 2015 2:19 pm
by Capt. Yoda
As julle van daai grys ZeiSSe wil onslae raak, veral daai met lekker vergroting praat maar met my ek sal reel dat iemand hulle kom op tel