Page 1 of 1
Kurper
Posted: Fri May 08, 2015 10:17 pm
by pieter du plessis
Dagse manne...
Wat is die beste tackle en aas vir kurper vangs in n dam?
Van hoek size tot floaties en aas..
Alle hulp sal waardeer word...
Ek is nuut in die ding..
Baie dankie !
Pieter Du Plessis
Re: Kurper
Posted: Sat May 09, 2015 9:48 am
by Frederik
Pieter, meeste kurpers word gevang op erdwurms en die Kurper seisoen het basies ge-eindig hulle is maar lief vir warmer water vanaf einde April by hulle maar baie traag tot niks. Ek het onlangs wel vir die eerste keer in my lewe kurpers op 'n privaat dam gevang soos wat ek vir karp hengel en was verbassend.
Re: Kurper
Posted: Sat May 09, 2015 10:12 am
by pieter du plessis
Dankie man maar watter size hoeke en goet gebruik n mens?
Re: Kurper
Posted: Sat May 09, 2015 10:15 am
by Frederik
Ek gebruik altyd klein hoeke en doppertjies met ligte lood gewoonlik.
Jy moet maar toets op water diepte hulle byt. Persoonlik dink ek jy gaan nou jou tyd mors om Kurpers te probeer vang.
Re: Kurper
Posted: Sat May 09, 2015 10:20 am
by Bakkies303
Ek weet nie of jy in kunsaas ook belangstel nie, maar ek het ook al gelees dat manne goed vaar op die gewone ou swaai lemmetjies. Hou jou darem besig tot jy heeltemal moed opgee.
Re: Kurper
Posted: Sat May 09, 2015 10:44 am
by pieter du plessis
Ek sal maar probeer wat...
Dan sal ek julle manne laat weet hoe dit gegaan het..!
Re: Kurper
Posted: Sun May 10, 2015 3:58 pm
by pieter du plessis
Manne,, ek het na n hele aand net een kleintjie gekry...
Water was redelik koud!
Re: Kurper
Posted: Sun May 10, 2015 4:01 pm
by DWB
Ek sou hulle nou in die warmer vlak water deur die dag gaan soek met ñ Sada Curlytail
Re: Kurper
Posted: Sun May 10, 2015 4:45 pm
by Bakkies303
Sover ek weet was dit een van Prof Ben Engelbrecht se gunsteling visse. Kyk of jy miskien van sy boeke of artikels kan kry.
Re: Kurper
Posted: Sun May 10, 2015 5:17 pm
by pieter du plessis
Ek sal sy boek kry dankie!
Wat is n sada curlytail?
Re: Kurper
Posted: Sun May 10, 2015 6:38 pm
by DWB
Klein geel/wit/oranje plastiek wurmpie.