Page 1 of 1
Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:08 am
by PRIVATE RYAN
More manne, ek het 3 jaar gelede 'n huis
gekoop met 'n boorgat. Volgens die eienaar
was die gat nog nooit droog nie en my buurman
sin ook nie (woon al sy hele lewe lank daar). Die
gat is lekker sterk en en besproei so 3 stasies op 'n
slag.
Die laaste 3 weke, spuit die pomp vir 15 min en laat
dan die breker (10A) val waaraan my ligte circuit ook
gekoppel is. Daar is ook 'n lelike reuk en sigbare rook wat
trek.
Ek is gestrem met elektries en het al te veel skoolgeld betaal
dmv skokke asook sparkies wat my indoen.
Ek het die connection oorgedoen, omdat ek gedink het die water
penetreer die oorspronkilke "PVC weld en sleeve" metode, maar dit
werk nie.
Dink julle die gat kan droog wees? Is my pomp stukkend?
Moet ek dit optrek? kan ek dit eers toets voor ek dit optrek?
Aangeheg 'n paar foto's
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:09 am
by PRIVATE RYAN
Nog 'n foto
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:21 am
by Riaan Kriel
Ek is nie 'n sparkie nie maar daardie rooi draad met die swart insulation tape wat lyk soos 'n brug-draad het warm gekry
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:47 am
by PRIVATE RYAN
Nog enetjie
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:50 am
by PRIVATE RYAN
PRIVATE RYAN wrote:Nog 'n foto
Ja, daai het nie lekker gelyk nie, ek hoop die probleem
is by die DB.
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:51 am
by Willie
Lyk of die rooi draad wat swart gebrand het swak kontak maak en daarom warm raak. Maak seker dit is behoort vas !
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:55 am
by WILLEBEES
PM my jou adres en sel nommer - ek sal vir jou kom kyk. Gratis - verniet - mahala.
Sorry maar dit sal eers Saterdag 23 mei wees, ek is uitstedig tot Vrydag toe.
groetnis
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:57 am
by PRIVATE RYAN
willebees wrote:PM my jou adres en sel nommer - ek sal vir jou kom kyk. Gratis - verniet - mahala.
Sorry maar dit sal eers Saterdag 23 mei wees, ek is uitstedig tot Vrydag toe.
groetnis
Nooit!!!
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 11:58 am
by WILLEBEES
PRIVATE RYAN wrote:willebees wrote:PM my jou adres en sel nommer - ek sal vir jou kom kyk. Gratis - verniet - mahala.
Sorry maar dit sal eers Saterdag 23 mei wees, ek is uitstedig tot Vrydag toe.
groetnis
Nooit!!!
Nou wil jy nie gratis hulp he nie?
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 12:01 pm
by PRIVATE RYAN
willebees wrote:PRIVATE RYAN wrote:willebees wrote:PM my jou adres en sel nommer - ek sal vir jou kom kyk. Gratis - verniet - mahala.
Sorry maar dit sal eers Saterdag 23 mei wees, ek is uitstedig tot Vrydag toe.
groetnis
Nooit!!!
Nou wil jy nie gratis hulp he nie?
Kyk, daar hoef nie geld te verwissel nie, maar as ek jou nou
ietsie aanbied om te drink wat jy kan wegneem, sal ek
beter voel. Julle ouens is great.
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 12:05 pm
by WILLEBEES
Nou PM my jou nommer, ek gaan jou bel dan gesels ons.
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 1:24 pm
by G-force
n Pomp wat in n droe gat is sal nie rook maak nie,veral in die BD bord.Is dit waaar dit rook vandaan kom?
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 1:27 pm
by PRIVATE RYAN
G-force wrote:n Pomp wat in n droe gat is sal nie rook maak nie,veral in die BD bord.Is dit waaar dit rook vandaan kom?
Ja, die rook se oorsprong is daai rooi draad se omhulsel.
Dit lyk ook asof hy gebrug is met my een ligte se circuit.
Wat is die tekens van 'n droeë gat?
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 1:32 pm
by G-force
PRIVATE RYAN wrote:G-force wrote:n Pomp wat in n droe gat is sal nie rook maak nie,veral in die BD bord.Is dit waaar dit rook vandaan kom?
Ja, die rook se oorsprong is daai rooi draad se omhulsel.
Dit lyk ook asof hy gebrug is met my een ligte se circuit.
Wat is die tekens van 'n droeë gat?
Geen water.Sommige controller sisteme sal n liggie kode he wat vir jou se die pomp draai "underload".
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 18, 2015 1:34 pm
by PRIVATE RYAN
G-force wrote:PRIVATE RYAN wrote:G-force wrote:n Pomp wat in n droe gat is sal nie rook maak nie,veral in die BD bord.Is dit waaar dit rook vandaan kom?
Ja, die rook se oorsprong is daai rooi draad se omhulsel.
Dit lyk ook asof hy gebrug is met my een ligte se circuit.
Wat is die tekens van 'n droeë gat?
Geen water.Sommige controller sisteme sal n liggie kode he wat vir jou se die pomp draai "underload".
Dankie, gedink hy pomp dalk tot op sekere vlak en dan
overheat hy agv tekort aan water.
Re: Help asb met boorgat raad
Posted: Mon May 25, 2015 12:34 pm
by PRIVATE RYAN
Baie dankie aan Wiilebees vir sy onbaatsugtige
oppofering vir liefdadigheid!
Dit was toe 'n foutiewe breker en 'n
quick fix, selfs vir my!