Page 1 of 2
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:40 pm
by Eugene
Ek dink jy pluk nou 'n lat vir jou eie gat met die topic....

Jy gaan hier meer opinies kry as wat daar modelle beskikbaar is!
Koop waarmee jy gemaklik voel en waarvan jy hou!
My raad sal wees om die volgende in jou besluit in ag te neem:
1. Herverkoop waarde
2. Naverkope diens
3. Betroubaarheid
4. Brandstof verbruik
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:41 pm
by Smirre
Ludwig
As jy tyd het soek n tweedehandse een
Jy spaar regtig baie, jy moet net tyd he om te wag vir die regte 1
Tussen Ford en Toyota.....kyk na herverkoopwaard
Ek verkoop nooit my bakkies so dis nie deel van my som nie
Smirre
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:42 pm
by kopskoot
Ludwig
My 3L D4D, 4x4,extra cab, is in die mark. 2014, 13000km, wit. Nudgebar, towbar, rollbar, reverse camera, rubberized. R370 000
Ruik ook nog Splinternuut , maar het my n V8 D/C cruiser gekoop.
Praat maar met my
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:49 pm
by Beer (Christo)
Bly jy's nog hier!!
Moeilike besluit en strekte met dit.
Ek het 'n 2006 Hilux 3.0 D4D 4x4 van nuut af en nog nie probleme gehad nie. Ek sal maar skrikkerig wees om een tweede hands te koop.
My vriend het 'n Mitsubishi Triton 3.0D 4x4 en my broer 'n Ford Ranger 2.2D 4x2. Al drie die bakkies gaan plaas toe en vat ons waar ons moet wees. Nie een van ons het al ooit probleme gehad nie. Die Triton ry vir my bietjie sagter as die Hilux en Ranger.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:52 pm
by HoggerNaut
Vir 300 koop jy n nuwe 2.2 Ford doublecab T6.
Ek dink waarde vir geld en brabdstof verbruik gewys is daar niks op die mark beter nie.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 12:54 pm
by Geno
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:09 pm
by Chris Swart
Ek ry tans 'n Hilux.
As ek nou moet kies tussen 'n Ranger en 'n Hilux, sal ek 'n Hilux koop, maar ek sal nie presies kan sê hoekom nie.
Dit is albei goeie bakkies.
Wat ek wel sê, is: Moenie 'n nuwe voertuig van enige aard koop nie.
Ja dit voel lekker om 'n splinter nuwe bakkie van die vloer af te ry, maar sodra jy hom die eerste keer start, val sy waarde met 10-20%.
Soek 'n mooi tweedehandse bakkie, laat 'n ander man daai knock vat.
Dit is maar my paar sente.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:10 pm
by HoggerNaut
Ludwig.
Ek besit beide die 3L double cab en die 2.2.
As die Toyota nie a race chip in gehad het nie het die 2.2 fordjie hom stukkend gery.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:10 pm
by HoggerNaut
Ook. 5jaar/100 000 vs 3jaar/90 000
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:14 pm
by Dwight375
Ek het Januarie n Navra 2.5d supercab gekoop en my pa die ford supercab 2.2.
Navara se her verkoop waarde is nie goed nie maar ek beplan nie om die bakkie te verkoop nie, hy ry baie lekkerder as die Ford, bietjie swaar op diesel maar ek glo hy gaan hou.
Vir lig op brandstof, werks esel en n bietjie spasie sal jy nie die Ford 2.2d kan klop nie. Ek is net nie n fan nie.
Groete
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:53 pm
by HoggerNaut
Ford 5 jaar wat jy nie oor dienste hoef te worry vs 3 jaar met Hilux is wat ek bedoel het.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 1:55 pm
by Gawie(13mm)
Ludwig, ek het destyds self ná Nissan, Ford en Toyota se kajuit en 'n half bakkies gekyk. Al drie het hul goeie en minder goeie eienskappe gehad en op die ou einde het ek die Navara gekies omrede 'n Nissan my nog nooit in die steek gelaat het nie. Tweedens was die agterste selfmoord deure van die Nissan en Ford prakties om vinnig jou roer of bagasie in en uit te laai. Geweer met 24 duim loop en demper in "dragbag" pas mooi in.
Ek het lankal geleer dat naverkoopdiens en kliënte sorg van iemand wat jy vertrou, net so belangrik soos die voertuig se betroubaarheid is. Lopende kostes en dienste wanneer die diensplan verval, is ook vir my belangrik.
Sterkte met die besluit.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:00 pm
by joe rocket
Ludwig kies 2 bakkies. Ford en Toyota gaan ry hulle oorweeg jou opsies en besluit self. Supercab en clubcap is lekker bakkies. Ek dink ford het nou n special op die 2.2 bakkie. Daai 2.2 het genoeg woema. As jy sleep koop die 3.2.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:04 pm
by Wouter Roets
Mnr 13mm
Luddie se loop is na gerugte blybaar langer as 24 duim.
Groetnis
Wout
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:08 pm
by bsaaiman
Hi Ludwig
Dink dit gaan ook oor persoonlike smaak en wat jou gaan rustig laat slaap. As jy op die Ford besluit, en spesifiek tweede hands, neem net kennis van die probleme met die ratkas wat bestaan op voor September 2013 (?) modelle. Dit is op die verskillende voertuig forums gedokumenteer.
Groete,
Bartho
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:09 pm
by Gawie(13mm)
Wouter Roets wrote:Mnr 13mm
Luddie se loop is na gerugte blybaar langer as 24 duim.
Groetnis
Wout
Edelagbare , met permissie, daarom die stelling: "24 duim met demper".

Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:17 pm
by Gawie(13mm)
Ludwig, jy beaam die punt wat ek wou maak. Elke man het sy voorkeure en daarom is ons mans. Gee ons net 'n keuse van twee
Ek sal nooit 'n man probeer ompraat om iets anders as sy voorkeur, hetsy wapens of voertuie, te koop nie. Oor kalibers en enjin grotes kan ons egter lank redekawel.
As jou hart sê Toyota, is dit net die kleur wat jou sal afsit. Die banke aanvaar toetse deur die AA en jy is die een wat die paaiement moet opdok. Ek sien nie 'n probleem nie. CHEVVY, kom in!
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:19 pm
by Geno
Ludwig wrote:Ronald se bakkie hierbo is feitlik ideaal vir my. Ek moet net hoor of die bank nie issues gaan hê om daai finansiering te doen op 'n privaat koop nie.
Ek dink ook dis net die bakkie vir jou!
Vir finansiering van 'n privaatvoertuig, kan jy met die manne by Idealcar (
http://www.idealcarweb.co.za) gesels. Hulle adverteer gereeld op ons plaaslike radiostasie dat hulle dit doen.
Frans Parsons
E-pos:
frans@idealcarweb.co.za
Faks: +27 86 518 4686
Selfoon Nommer: +27 83 445 1277
http://www.idealcarweb.co.za
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:25 pm
by Eugene
Ludwig, Ronald se bakkie klink na net die regte een vir jou! Hoop jy kan dit deurhak!
Ek sal nooit 'n Ford koop nie, uitsluitlik net oor ons plaaslike handelaar se streke en gebrek aan enige vorm van diens, self swak diens...
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:43 pm
by DWB
Hi Ludwig,
Ek het nou al so amper 2 jaar 'n 2.2 Ranger Supercab.
Hy het 90 000km op die klok (foutloos)
Ford se waarborg is tans 5 jaar of 200 000km.
Ek glo nie jy sal in jou lewe meer krag as daai 2.2 (110kw) nodig hê nie! Hy verbaas my elke keer wat ek in hom klim.
Vir wat jy wil doen gaan jy hom geniet soos min! Maak net seker jy kry beter bande as waarmee hy standaard uitkom.
Sy brandstof het ook nog nooit onder 8km/l geval al sleep ek nog 'n voertuig op 'n piggyback nie.
Langpad kry ek maklik tussen 10 en 12km/l
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 2:58 pm
by Shindzela (Pierre)
Hi Ludwig
Almal praat oor herverkoop waarde, kyk bietjie na die verskil in die versekering paaiemente. Ek ry die 2.2 D/cab Ford en het voor hom n Toyta 2.5 SRX 4x4 D/cab gery. Daar is lig jare verskil en ek sal self sukkel om weer Toyota te ry, al was my vorige 1 net goed vir my gewees.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 3:13 pm
by Jean Marais
Shindzela (Pierre) wrote:Hi Ludwig
Almal praat oor herverkoop waarde, kyk bietjie na die verskil in die versekering paaiemente. Ek ry die 2.2 D/cab Ford en het voor hom n Toyta 2.5 SRX 4x4 D/cab gery. Daar is lig jare verskil en ek sal self sukkel om weer Toyota te ry, al was my vorige 1 net goed vir my gewees.
Daai is nogal 'n belangrike oorweging. Toyotas word verskriklik gesteel, en daarom hoes jy met versekering.
Jammer Luddie om van jou ongeluk te hoor. Bly jy is darem ok.
Sterkte met die keuse.
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 3:20 pm
by Sloet
Ludwig wrote:Daai 2.2 Ford enjin voel vir my bietjie lig en as ek na sy performance syfers kyk is hy maar nie juis beter as die 2.7 VVTi wat ek gery het nie , behalwe dat hy ligter op brandstof is. Ek soek graag 'n sterker enjin as die 2.7VVTi, maar wat ligter op brandstof is, so dit los my maar met die 3.0 en 3.2 diesel enjins. Glo nie ek sal iets anders oorweeg nie.
Ludwig
Jammer om te hoor.
Dit laat my voel soos die .308 VS 30-06 gesprekke. Hahahaa
Die 2.2 Ford (375nm) het meer Torque as die 3.0 Hilux (350nm). Ja hy het weer 110kW teen Hilux se 120kW, maar hy trek vir jou lieflik. Sekere Hilux manne staan verbaas oor die 2.2 se vermoë. Ek is n Hilux-Fan en het Toyota grootgeword. Maar toe dit kom by my eerste bakkie wat ek moes koop, was Ford die beste waarde vir geld. EN ek is baie tevrede met my supercab-Jongmansbakkie
Hier moet jy koop sodat jou gewete jou nie gaan pla nie, en jy moet rustig kan slaap.
Soos die ouens sê----
Wat is die ooreenkoms tussen n vlakvark en n Hilux??
"ALBY WIL NET ROL AS HULLE GROND SIEN"
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 3:30 pm
by Jakes73
Geno wrote:Ludwig wrote:Ronald se bakkie hierbo is feitlik ideaal vir my. Ek moet net hoor of die bank nie issues gaan hê om daai finansiering te doen op 'n privaat koop nie.
Ek dink ook dis net die bakkie vir jou!
Vir finansiering van 'n privaatvoertuig, kan jy met die manne by Idealcar (
http://www.idealcarweb.co.za) gesels. Hulle adverteer gereeld op ons plaaslike radiostasie dat hulle dit doen.
Frans Parsons
E-pos:
frans@idealcarweb.co.za
Faks: +27 86 518 4686
Selfoon Nommer: +27 83 445 1277
http://www.idealcarweb.co.za
Ludwig,
Eugene is reg, die banke doen wel privaat transaksies ... of ten minste soort van. Ek het destyds my karavaan as 'n privaat transaksie ge-finansier en die bank het die transksie deur 'n bank aangewysde (appointed) handelaar laat doen, TransACTtdirect (
https://www.transactdirect.co.za/). As ek reg onthou betaal jy so R5k-R6k premie bo-op jou koop prys dan word die transaksie deur die handelaar gedoen met toetse en al. Gaan gesels net met jou bank ... dit behoort nie 'n probleem te wees nie.
Jaco
Re: Nuwe bakkie
Posted: Tue May 19, 2015 3:39 pm
by Chevvy SS
Ludwig, jy kan nuwe Fords vir die vlg pryse koop:
2.2 XL Supercab 4x2 287 000
3.2 XLS Supercab 4x2 349 000
3.2 XLS Supercab 4x4 389 000
Die 2.2 gee 110Kw en 375Nm teenoor die 3.0D4D se 120 Kw en 343 Nm.
Met hierdie pryse sal ek swaar 'n tweedehandse voertuig koop. Dit mag wees dat 'n handelaar nog ou voorraad het ( pryse so 2 weke gelede aangepas).