Page 1 of 1

Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 8:10 am
by Geno
Ek sit en krap in die forum argiewe oor idees om my nuwe lorrie te camo terwyl ek spaar vir geld om te laat wrap, to kom ek op hierdie af:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 5095#p5046
tafjak wrote:Gerhard

Nee dit is reg, ek het al gehoor van die jakkalse in daardie omgewing. Glo van die "kom skiet dit is verniet" jakkalse. Die bom gaan nog bars en dan is hulle nie meer so verniet nie en gaan die jakkie 'n ander kleur kry, slim en moeilik. Ek dink net so bietjie in die toekoms in en daar sal binne 100km 'n skapie of bokkie wees. Dit het in die Weskaap gebeur en nou huil die manne lang trane.

Groetnis

Taffie
Die bom het toe gebars, en nou sit ons met die witbakkie skelmgemaakde jakkalse hier in die Tvl.

Julle kan maar vir Taf luister. Die man praat af en toe groot waarheid!

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 11:11 am
by andre007
Geno wrote:Ek sit en krap in die forum argiewe oor idees om my nuwe lorrie te camo terwyl ek spaar vir geld om te laat wrap, to kom ek op hierdie af:
Geno, jy moet maar solank die Houtlym en oxide nadertrek

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 11:12 am
by Geno
André,
Ek tackle hom hoeka vanmiddag met daardie mix!

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 12:21 pm
by Koos Barnard
Geno
Maar die skelm jakkalse is mos tot jou voordeel. Hoe langer hulle leef hoe meer teel hulle en hoe meer is daar vir jou om te skiet en hoe meer geld maak jy. Skoolgeld en skoolklere is duur en make-up en mooi skoene ook (dis nou as jy dalk eendag 'n pienkvoet ladytjie gaan hê). Rugbytoere en krieketkolwe is ook duur en selfs windbukskoeëltjies - en wag maar tot die man groter is en sy snellervinger juk). Ha-ha!!
Mooi loop

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 12:33 pm
by G-force
Geno jag ons nou vanaand op so n plekkie :( :)

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Fri May 22, 2015 1:02 pm
by Geno
G-force wrote:Geno jag ons nou vanaand op so n plekkie :( :)
Nee maat, darm nie.

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sat May 23, 2015 4:04 pm
by prohunt
Ja-nee Geno, daai gedeelte van baie skelm jakkalse in die dele van die Weskaap is baie waar!!!!

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sat May 23, 2015 9:00 pm
by NicoSmit
Ek voel net baie boere het maar 'n groot aandeel aan slim jakkalse hulle het hulle laaities met 'n roeper/tapedeck en 'n spotlight losgelaat in die veld hulle het sukses gehad in die begin en nou sit die boere met die gebakte pere. Nou kry jy daardie hardegat boer wat nie wil betaal nie maar sal liewer die verliese vat. Daar is mos genoeg ry en lig jagters met hulle 375's wat hulle toelaat op hulle grond

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sat May 23, 2015 10:09 pm
by Louis102
Nog 'n profesie v Taffie wat waar geword het, was dat wildboere nog jakkalsjagters gaan betaal om te jag .... destyds gedink hy maak 'n grap.

Nou wag ek nog net vir die kind wat gaan aangeval en verskeur word deur jakkalse, dit het hy ook voorspel....

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sun May 24, 2015 3:44 pm
by cassie_calvinia
nico
dit is darm nie net boere nie

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sun May 24, 2015 4:50 pm
by tafjak
cassie

Nogal waar wat jy noem. Dink self dat hier en daar tog so paar proffesionele jagters(ek ook) te veel kanse vat. Ek vang myself gereeld dat my waaksaamheid nie altyd daar meer is nie en word ek uitgevang deur jakkalse.

Daar is egter ook grondeienaars wat nie die verskil tussen bekwame en onbekwame jagter kan eien nie.

Dan het ek altyd gevind dat waar jagters gereeld wissel in sekere areas van die moeilikste jakkalse voorkom. Jagters wat na paar kursusse by verskeie opleiers net nie die mas kan opkom nie en kan en wil hulle nie aanvaar dat hul nie aangele is vir die werk nie.

Dink dis maar die grootse oorsake van slimjakkalse.

mooiloop

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sun May 24, 2015 4:55 pm
by tafjak
O ja

"Dit is nie hoeveel jakkalse wat dood is wat tel nie, MAAR die wat NIE dood is nie wat tel"

Dit word met groot respek gese en moet dit in perspektief gelees word.

Mooiloop

Re: Ou voorspelling het waar geword

Posted: Sun May 24, 2015 4:57 pm
by cassie_calvinia
dit is immers nie die dooie jakkals wat slim is, of vang nie.
die een wat agter bly wat in die klaskamer was