Page 1 of 1

Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 8:09 am
by Geno
Ek en Katefbessie is Saterdag-aand na een van sy connections toe.

Die man het 'n 32ha kamp toegespan met jakkalsproef, en rooibokke en njalas ingesit.
Daar was egter een jakkals daar binne wat verlede week sommer 3 rooibokke gevang het.

Ons kom op die enigste oraait staanplek, en ek begin roep. Eers met 'n bokkie of 2 vir 25min, toe 'n enkel jakkalsroep. Hoor niks, maar buite antwoord 3 jakkalse my. Ek het nog so rukkie aangekarring, en toe maar so 250m geskuif na die grens waar die buitejakkalse geantwoord het. Ek het 'n vermoede gehad hulle kom dalk in om te vang, want ek meen, op 32ha MOET die jakkals mos inkom as hy binne in die kamp is!

Daar gekom, roep ek weer so rukkie sonder sukses. Ek sê toe vir Ruan ons moet 'n draai ry en kyk of ons nie iets sien nie. Sopas die bakkie gestart, lig ek in die eerste staanplek se rigting en tel 'n flash op. Maak bakkie dood, en kyk met die teleskoop. Daar is die bl!ksem presies waar die roeper gestaan het! Daai jakkals kyk nie eers terug soos hy weghol nie. Ek vat 'n skoot, en skiet mis. Hy draai dwars, en hardloop voor my verby teen 'n hengse spoed. Ek lead hom rondom een en 'n halwe jakkals, en druk die sneller. Die skoot sit daar voor, maar ek sien nie die jakkals val nie. Ek begin toe wonder of ek nie 'n klip of boom raakgeskiet het nie.

Ons ry nader, en ek begin wonder en twyfel of die hou raak was. Wat as ek mis geskiet het? Wat sê ek vir die boer wat R9000 per week verloor? Is my geweer reg? Moes ek nie maar net lig doodgemaak het en so rukkie stilgesit het nie? Dag roep dalk probeer?

208m verder, lig ek hom raak. Skoot mooi op die blad in, en op die nek uit. Dik reun van rondom 5 jaar. Verligting!

Wat het ek daardie aand geleer? Sit maar so rapsie langer op 'n staanplek, veral in die moeilike tyd soos nou. Moenie 'n jakkals onderskat nie. Net omdat hy nie antwoord of inkom nie, beteken nie dat hy nie daar is nie! Tafjak se woorde: "Vlekkie stel nie teleur nie" is waar. luister maar daarna!

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/DeRustReun.jpg

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 8:49 am
by Bakkies303
As jy na Oom Hein se dagjag dvd kyk, sien jy hoe die jakkalse hom selfs bedags onkant betrap. Die goed wil maar net nie saamwerk nie. Die positiewe is dat selfs wildboere nou besef hulle moet beheer toepas.

Nou die dag op kanaal 156 na ou 50/50 gekyk oor Oranje jag. Volgens die program was boere wat nie deel van hulle was of jakkals beheer toegepas het nie beboet as jakkalse in hulle gebied gekry was.

Bly die aand het mooi uitgewerk.

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 9:16 am
by G-force
Netjies pel,gelukkig is dit nie die eerste jakkals wat jy in die hardloop moes skiet nie.
Mooi gedoen.

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 9:23 am
by Capt. Yoda
Netjies!

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 11:45 am
by Carl
Goeie een Eugene ek sien die ex-wit Cruiser is mooi bygekom.

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 12:26 pm
by Witpietskiet
Baie geluk Geno en daar leer ons ander weer iets by.

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 2:16 pm
by cassie_calvinia
pasop net vir mis trap op daai stoel sonder tralies. jy sal lekker afmoer daar!
oom Louis se dit is wys om sommer 20min net stil te sit na roep sessie.

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 2:34 pm
by Dawie Malan
Mooi Geno!

Re: Geduld!

Posted: Tue May 26, 2015 6:03 pm
by NicoSmit
cassie_calvinia wrote:pasop net vir mis trap op daai stoel sonder tralies. jy sal lekker afmoer daar!
oom Louis se dit is wys om sommer 20min net stil te sit na roep sessie.
Ek het ook nie tralies op my bakkie nie jy leer vinnig om nie mis te trap nie

Re: Geduld!

Posted: Wed May 27, 2015 5:55 am
by Jakkie 321
Dankie vir die deel Geno, is dit die cruiser se eertse jakkals.

Groette

Re: Geduld!

Posted: Wed May 27, 2015 6:42 am
by Finfan
Mooi gemaak

Re: Geduld!

Posted: Wed May 27, 2015 6:45 am
by Marc
Dit werk met baie dinge so, ekt al my gat ook geskop oor ek vyf minute te vroeg begin beweeg op jagte. Nes jy skuif het jy die perfekte kans verspul op jou ou posisie ! Dis net nie altyd so maklik om tyd te laat wegloop nie man

Re: Geduld!

Posted: Wed May 27, 2015 10:15 am
by Pieter
Ek dink dis seker maar ons almal se probleem, veral as daai jakkals gepraat het of nie, om die tyd langer te rek, ek het al agter gekom, dat ouer meer ervare jakkalse langer vat om in te kom, so asof hulle weet die mens het nie geduld nie.
Mooi gedoen

Re: Geduld!

Posted: Thu May 28, 2015 8:36 am
by Joe13
Baie mooi. Geluk!