Page 1 of 1

tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Thu May 28, 2015 3:59 pm
by alpha male
hallo wie kan my bietjie help met klanke en hoe lank wat nou kan gebruik as die jakkalse begin teel

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Fri May 29, 2015 9:02 pm
by Super Varminter
Ek gaan jou se wat ek nou gebruik, het die laaste twee nagte ses jakkalse omgedop : steenbok-10 minute stilte- steenbok - 10 minute stilte en dan jakkals eet saam en jakkals alleen. Ek het ook maar langer as n uur gesit waarvan die laaste 20 min geen roep was nie.

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Fri May 29, 2015 9:44 pm
by tripodmvr
Klink my kos is 'n veilige roep. Vanaand met Cobus gesels en hy voel dat jakkalsgeluide moontlik 'n afskrik kan wees synde jy nie weet wat hul roepe of kommuniksie nou is nie. Super V se sukses met kos dui op 'n wenresep.

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sat May 30, 2015 8:13 am
by uitenwaj
Nou is jou staan plek van kardinale belang en moet jou veld werk nie af geskeep word nie sodat jy in die kern area kan roep anders gaan jy min to geen sukses behaal nie en net n rondloper jak hier en daar kry.

Ek kyk hoe lyk die veld en maak dan my keuse van wat en hoe om te roep maar my roep roetine is min of meer so:

As die roeper uit is en als is reg gee 2k 20 min se stilte en lig net. Ek gebruik nou omtrent net kos klanke met dalk n enkel jakkals klank. Roep min en roep slim is nou belangriker as ooit. Ek kry nou baie dat die jakkalse nie een keer in die aand skree nie en ander aande klink dit weer soos n jakkals disco soos hulle tekere gaan.

Ek speel kos klank soos kliphasie of vlakhasie ens. vir 20-30sek met 2-3min se stilte dan weer 20-30sek vir total van 10-15min lank en dan so 20-30min se stilte met net lig. Ek sal eers n enkel jakkals klank na min 1uur van roep gebruik en dan weer so 30 min se stilte met net lig en dan weer met dieslefde kos klank dalk net met meer ernstige paniek klank soos hasie in distress of ernstige hasie ens. te gebruik om sy kos en niskurigheid te prikkel en help oortuig om in te kom.

Nou sit ek ook n min van 2-3 ure per staanplek oor die jakkalse so traag in kom. Moenie moeg veld toe gaan nie en geduld is ook nou baie belangrik so as die kat of mamma jou kwaad gemaak het moenie iets prober forseer nie en op jakkals se kind uit haal nie want hy het het heel aand tyd om jou uit te oorle.

Groete
Arno

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sat May 30, 2015 8:18 am
by cassie_calvinia
aas hul antwoord,g gaan haal hul. moet ook nie nou mis geskiete jakkalse prober inroep. dan bederf jy hul vir die res van hul lewens.
hier en daar kom hul lekker in op enkeljak roepe.
baie geduld.

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sat May 30, 2015 5:27 pm
by Henrie_270
Prikkel hul nuuskierigheid met kos geluidjies.
En as niks inkom nie is Cassie se raad die volgende stap.

Mooiloop

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sun May 31, 2015 8:03 am
by Henry 7
Kyk van waar jy dink hulle gaan kom,kyk die wind en maak jou staanplek--WIND IS BAAS

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sun May 31, 2015 10:43 am
by Jackaldog
Hi
As jakkalse antwoord na n enkel jakkals roep wat maak julle dan?
Cheers Kenneth

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sun May 31, 2015 10:49 am
by cassie_calvinia
wag ten minste 15-20 min dood stil. lig min.
dan weer saggies kos. baie saggies.
as hul nie kom nie, speel weer jakkals roep. as hul nader is, wag nog, as op selfde plek is, plot hulle, en ry nader

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Sun May 31, 2015 10:58 am
by Jackaldog
Baie dankie Cassie

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:05 am
by Geno
cassie_calvinia wrote:wag ten minste 15-20 min dood stil. lig min.
dan weer saggies kos. baie saggies.
as hul nie kom nie, speel weer jakkals roep. as hul nader is, wag nog, as op selfde plek is, plot hulle, en ry nader

Cassie,
Wat van ons wat in die bosveld jag op staanplekke wat so 50m groot is? Moet ons ook min lig?

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:52 am
by cassie_calvinia
lig dan nou maar soos jy lis het

Re: tipe klanke vir jakkals teelseisoen nou begin junie

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:14 pm
by Wayne
Geno, and here I thought I was the only one with bad calling spots. I keep my light on all the time in these type of spots, just keep looking. This is where I think our biggest problem comes from. First come first serve with vmax and the mate is nearby and has learnt a lesson at his partners expense, but what else can we do.
Some of my areas are at a cross roads and the only open areas are the roads themselves.