Page 1 of 1

slagyster

Posted: Fri May 29, 2015 9:14 pm
by Super Varminter
n baie hartlike goeie naand aan almal. Op hierdie stadium besig om na verskillende ysters te kyk vir jakkals en afgekom op n paar oorsese videos wat CONIBEAR slagysters demonstreer. het enige van julle al so iets gebruik? Ek is egter bekommerd oor die vang van nie-teiken diere soos aasvoels veral, aangesien die yster nie soos n gewone slagyster op 2kg gestel kan word nie. Ek hou egter van die feit dat veral die groter ysters soos die 220 CONIBEAR n jakkals vinnig sal dood en sonder baie kans vir pull-outs aangesien die yster oor sy kop toegaan. sal graag wil hoor van die ander manne wat ken.

Re: slagyster

Posted: Fri May 29, 2015 10:14 pm
by pieter h
Ken self maar net die gewone slagyster.Bly maar vir my een van die suksesvolle metodes vir jakkelse.Kans vir iets anders in yster bly maar altyd daar.Groete Pieter

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 10:08 am
by 222 Sako
SV die wat ek gesien het weet ek net nie hoe jy Jak gaan kry om sy kop daar in te steek nie.
Ek gebruik ook soos Pieter maar die gewone tiepe, hulle het my al baie gehelp, MAAR jy moet mooi werk of hy lag vir jou.
Nog nooit een gekry wat uitgekom het nie"pull out" soos jy se.

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 2:28 pm
by cassie_calvinia
daai killer traps om die koppe vang as jy gelukkig is, jong jakkalse.
kry Pieter se dvd.
ysters kan baie selektief gestel raak.

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 5:08 pm
by Bakkies303
cassie_calvinia wrote:daai killer traps om die koppe vang as jy gelukkig is, jong jakkalse.
kry Pieter se dvd.
ysters kan baie selektief gestel raak.
Kan jy bietjie meer vertel van die dvd Cassie en waar mens hom kan kry?

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 5:24 pm
by pieter h
Bakkies DVD(Peter Schneekluth 023-5411360)

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 6:11 pm
by Bakkies303
Dankie. Bel Maandag.

Re: slagyster

Posted: Sat May 30, 2015 6:17 pm
by cassie_calvinia
dit is reg.
jy sal nie spyt wees

Re: slagyster

Posted: Sun May 31, 2015 4:25 pm
by Super Varminter
Cassie, het jy hulle al probeer? die conibears? ek sien party van 220 bree " kake" en selfs groter. Die oorsese manne vang met goeie sukses coyote in hom. N ander ding wat my aangetrek het na die tipe yster was die feit dat ek met my bietjie vernuf n hele paar van hulle kan bou teen lae koste. Die ko-op hier in bethlehem vra al R 370.00 vir n gewone slagyster en gemeet met my beperkte meganiese kennis is hulle maar swak kwaliteit. Mens sal verskeie veranderinge moet aanbring om sulke ysters werklik permanent aan die gang te hou, veral as jy dit professioneel doen. Dankie ook vir al julle manne se terugvoer. Ek het al begin kyk om miskien maar self so n paar ysters vir myself te bou soos wat ek hulle wil he. Sal vir julle post sodra ek een klaar het.Ek kyk nog net bietjie na die beste staal om te gebruik, dit gaan n baie belangrike rol speel in die volhoubare sukses van so n ekspidisie.

Re: slagyster

Posted: Sun May 31, 2015 4:40 pm
by cassie_calvinia
nee. het van die killer traps. rooikat vang jy lekker met hulle.

Re: slagyster

Posted: Sun May 31, 2015 5:18 pm
by Bakkies303
Varminter, as jy wil weet van die regte staal moet jy ook maar kundige hulp inroep van staal verskaffers. Ek het al baie gesien hoeveel probleme opgelos kan word deur die regte tipe staal vir 'n aplikasie te gebruik. Baie van ons praat bv. net van "mild steel", maar hy het 'n spesifieke kode wat na sy samestelling verwys wat dan weer sy applikasie bepaal. Hy kan nog bv. in dieselfde groep val, maar deur sy samestelling te verander kan jy hom taaier of harder kry.

Probeer een van die groot staal verskaffers wat aan vervaardigers voorsien, aangesien die plaaslike een dalk vir jou gaan gee wat hy in voorraad het. Kry die kode van die staal, dan kan jy dit op enige ander plek ook kry. Laat weet hoe dit gaan.