Page 1 of 1
Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 10:59 am
by Citfield
Ek is opsoek na 'n lekker Springbok fillet resep, maar ek nie regtig lus vir braai nie.
Enige raad of voorstelle?
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 12:25 pm
by Heinz Petersen
Gaan slaap dan.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 12:51 pm
by Christo
Heinz Petersen wrote:Gaan slaap dan.
Sny hom in die lengte op sy rug oop en pak hom vol beenmurg. ( kan maar beesmurg ook wees). Maak toe met tande stokkies of bind hom mooi met tou. Braai dan maar in pan as moet, of vinnig seel en dan in die oond tot medium gaar.
Die murg kry jy uit bene wat jy so 40mm lengtes sny en in pan op hulle koppe sit en omkeer tot die murg uit kan skud. Moet nie oorgaar maak voor jy uitskud nie.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 12:56 pm
by alecjohnson
Ek vat somaar olyf olie en smeer die fillet, gooi dan bitjie sout en peper, in pan sny in sowat 1-1.5 duim diktes en maak vinnig skrik op die kante. Vat sowat 10 min voor geëet kan word (Rare).
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 1:02 pm
by Citfield
Dankie julle.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 1:46 pm
by joe rocket
Neem knorr se franse slaai sous marineer die fillets in die sous vir 4 ure lekkerder op die kole maar jy kan dit in die pan ook gaar maak.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 2:09 pm
by win270
Daardie Franse slaaisous werk baie goed. As jy hom in die pan gaarmaak, laat nog 'n pienkerige kleur in die middel, laat hom staan vir sowat 2-3 minute voor jy bedien. Springbok fillet bly maar een van die lekkerste wildsgeregte.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 2:13 pm
by Citfield
My vrou wou n stew van dit gemaak het.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 2:23 pm
by Giepie
Citfield wrote:My vrou wou n stew van dit gemaak het.
Op ons Tanzanië toer in 2006 koop ons naby Mwanza, langs Victoriameer, vars vleis want ons vleis van hier is toe op. R28/kg vir fillet. Toe ek dit wou braai is dit so taai soos nog iets, die beeste is die oggend geslag vind ek na die tyd uit. Maar dit was al vleis wat ons gehad het. Toe maak ons stew daarmee. Baie lekker stew gewees.

Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 2:27 pm
by Citfield
Haha.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 3:59 pm
by Finfan
Sny skywe van so 1" dik. Gooi sout en peper. Gee hom n lekker deeg deur die skywe te dip in geklopte eier en dan in koekmeel totdat hy n lekker lagie deeg oor het. Braai in n pan met olie. Dis dalk nou nie so eksotiese of spesiale resep nie, maar baie maklik en smaaklik.
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 6:08 pm
by DawieKotze
Praat julle nou van die fillet of die sirloin (rugbiltong)? Dit klink my hier is so paar manne wat die 2 verwar
'n Springbok se fillet is maar blêddie klein en beteken nie veel nie. Baie fyn vleis en baie sag, maar maak nie eens die kies vol as hy gaar is nie.
Ek kies my springbok (en ander bokke) se sirloins al op die jagveld. Bok moet nie moeg gehardloop wees nie en dadelik gedood en oordentlik gebloei word.
Ontdooi teen kamer temperatuur die dag voor jy dit wil gebruik. Maak lemon infused olyf olie, suurlemoen sap en worcester sous aan in 'n lekker bak en laat die sirloin daarin lê vir so 5 - 6 ure. Braai baie vinnig op warm kole of pan tot half gaar. Laat staan vir 10 - 15 minute en sny in duim skywe voor dit bedien word. Nou kan elkeen sy sout bysit na smaak.
So hou ek van hom - nie allerhande ander goed by nie. Dis wildsvleis wat jy wil proe.
Groetnis
Dawie
Re: Springbok fillet
Posted: Sun May 31, 2015 8:37 pm
by Viking
Citfield,
Ek skei my vrou as sy stew maak van die fillet.(rugstring)
Hier is my WEG KOS braai resep: (het 'n boks wyn gewen met die resep)
Springbok rugstring -
Marineer twee groot rugstringe vir ongeveer twee ure in die volgende marinade:
Sap van vyf suurlemoene
250 ml Olyfolie / sonneblomolie
50 ml Sojasous / Worcestersous
10 ml. Gemengde vars of droë kruie
2 ml Swart peper
2 ml "Spice-O-Mat" / Aromat
6 Peppadews fyngekap
Opsioneel - Twee fyngekapte knoffelhuisies
Tobasco na "smaak"
Smeer ook bo-oor rugstringe.
Bak in oond of rooster oor kole.
Bedien met vars groente gesorteer in olyfolie, kruie en speserye na smaak, stampkoring en mangoslaai.
Versier met vars roosmaryntakkies
Geniet dit met goeie wyn!!
Re: Springbok fillet
Posted: Mon Jun 01, 2015 6:11 am
by sako 30-06
Springbok Steaks,fillet,sirloin ens is sagste en lekkerste steaks wat daar is.
Ek verstaan nie hoekom moet dit in slaaisouse ens gele word nie.
Dit kort botter,sout en peper en dalk bietjie bbq sout.
Dis dit,help mos nie jy het so n unieke vleis en smaak en gaan oordonner dit met souse nie.
Re: Springbok fillet
Posted: Mon Jun 01, 2015 8:37 am
by Citfield
Dankie almal vir lekker insette.
Ek het toe bietjie van almal se raad gevat en my eie ene gemaak het.
Ek het 1kg vleis laat lê in:
250ml olyf olie
half eet lepel sweet basil
100ml suurlemoen sap
Knoffel
Toe braai/kook dit in pan met 150ml room. Toe dit amper gaar was haal ek dit uit. Met die sous in pan het ek kaas, melk en sampioene ingegooi en lekker dik gemaak vir sampioene sous om oor vleis te eet. Hierdie was so room suur sous, danksê aan suurlemoen sap, maar was baie lekker.
Ek vat toe die vleis en braai die vleis in 'n pan om dit kleur te gee.
Dit was toe 'n baie lekker ete.