Page 1 of 1

DIY Fluitjie

Posted: Sun Jun 07, 2015 2:32 pm
by SakoTrippel2
Manne ek dog ek deel die stukkie uitvindsel van my.......
Dalk het iemand al iets soortgelyks gedoen maar hier gaan hy.

Ek bestudeer nou die dag n pel van my se jakkals fluitjie en sien toe mooi hoe die storie werk en kom toe agter dis maar net n effense stywe stukkie materiaal(plastiek) wat teen n hoƫ spoed vibreer en die klank na vore bring toe probeer ek die volgende en dit werk verbasend goed!!

//images.tapatalk-cdn.com/15/06/07/9ffa1ce06077c3e13c1b6b4c8cffb598.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/06/07/3541a0f5d44f4df27c00678a7a1f3984.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/06/07/f84e37d8ee350689b66bec1a6e5b6c49.jpg

Ek hoop julle kry die idee... dan blaas mens net aan die kant waar gesny is.
Dit klink glad nie sleg vir n 50c se jakkals fluitjie nie. Ek glo as mens bietjie speel met lengte van strooitjie en angle van snye en bietjie oefen sal mens mooi reg kom.

Ek probeer n video oplaai oor hoe hy klink maar hy se 'Error 2203' kan iemand dalk help?

Groete
Frans

Re: DIY Fluitjie

Posted: Sun Jun 07, 2015 3:10 pm
by SakoTrippel2
https://www.youtube.com/watch?v=kfHOwYxV_aw

Jy hoef nie te kyk nie luister net....

Groete
Frans

Re: DIY Fluitjie

Posted: Sun Jun 07, 2015 3:33 pm
by alecjohnson
Lekkerman ek het dit probeer, en dit werk lekker.

Re: DIY Fluitjie

Posted: Sun Jun 07, 2015 3:37 pm
by SakoTrippel2
Quick and Easy

Re: DIY Fluitjie

Posted: Sun Jun 07, 2015 7:54 pm
by 222 Sako
Oulik, en jy kan hom in die Coke gebruik tussen roepe. ;D

Re: DIY Fluitjie

Posted: Tue Jun 09, 2015 6:51 pm
by johans
ja dit kan werk.ekt ook n speelgoed bal van my kind in my roepsak,daai wat so skerp geluid maak as jy hom druk.druk hom sag en hy maak nes n klein bokkie of hasie wat skree.

Re: DIY Fluitjie

Posted: Tue Jun 09, 2015 8:32 pm
by tripodmvr
Gaan kyk bietjie hoe die Aussies dit doen!!!!!

https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... 4mDRlEniHw

Re: DIY Fluitjie

Posted: Wed Jun 10, 2015 1:01 pm
by Dolf014
Julle manne is handig. Ek gaan ook probeer.

Re: DIY Fluitjie

Posted: Wed Jun 10, 2015 1:32 pm
by Dirkvh
SakoTrippel2 wrote:https://www.youtube.com/watch?v=kfHOwYxV_aw

Jy hoef nie te kyk nie luister net....

Groete
Frans
Klink of daai jakkels bietjie aan asma lei. ;)

Re: DIY Fluitjie

Posted: Wed Jun 10, 2015 1:43 pm
by SakoTrippel2
LMGA! Ekt nog bietjie gesukkel met die patent! Maar net so bietjie oefen en jys shap!

Groete
Frans

Re: DIY Fluitjie

Posted: Wed Jan 20, 2016 10:47 am
by Donald B
Net n vraag hier. Sal die Tenterfield op ons Jakkies werk. Ek het vir my al n klompie gemaak, en hulle klank is mooi maar nog nie op jakkie getoets nie.
As julle kyk onder die DIY projects sal julle sien ek het ook al vir my n Kritter Call tiepe fluit gemaak. Vra net dan gee ek meer info vir die wat belangstel

Re: DIY Fluitjie

Posted: Wed Jan 20, 2016 11:05 am
by Capt. Yoda
Donald B wrote:Net n vraag hier. Sal die Tenterfield op ons Jakkies werk. Ek het vir my al n klompie gemaak, en hulle klank is mooi maar nog nie op jakkie getoets nie.
As julle kyk onder die DIY projects sal julle sien ek het ook al vir my n Kritter Call tiepe fluit gemaak. Vra net dan gee ek meer info vir die wat belangstel

Glo enige ding wat skree soos n dier wat in die moeilikheid is sal n Jak se aandag trek