2 Rooihartbeeste te wen vir R200

Jarcal het hier 'n platform geskep vir sy lede om kompetisies te adverteer vir Skole en Organisasies waarby die lede direk betrokke is soos bv. "raffles" met die volgende kriteria.
Die Lid moet meer as 25 "posts" geplaas het.
Hierdie is slegs 'n platform en die lid wat dit plaas is verantwoordelik vir sy plasing en Jaracal sal geensins betrokke raak by enige geskille nie.
Telefoon nommer, e-pos adres en fisiese adres van instansie moet gelys word
Post Reply
User avatar
Sybrandz
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Sun Feb 02, 2014 9:41 am

2 Rooihartbeeste te wen vir R200

Post by Sybrandz »

Kleinvallei Biltongjagkompetisie!

6 Gelukkige jagters kan een van die pryse wen.

Skenk R200 of meer aan Kleinvallei en staan ‘n kans om jagnaweek vir 2 te wen by Uurpan Safaris op Schweizer Reneke vir die naweek van 29 Augustus.

1ste prys:
Akkommodasie vir 2 jagters vir 2 nagte in 'n Selfversorgeenheid op die gasteplaas.

2 x Rooihartbeesbulle - nie trofee.

2de prys:
Akkommodasie vir 2 jagters vir 2 nagte in 'n Selfversorgeenheid op die gasteplaas.

2 x Blesbokramme – nie trofee.

3de prys:
Akkommodasie vir 2 jagters vir 2 nagte in 'n Selfversorgeenheid op die gasteplaas.

2 x Springbokramme - nie trofee.

Jagters kan self reël om ander bokke te skiet, maar die ekstra betaling sal vir hul eie rekening wees, so ook ander uitgawes vir die benutting van die spa of kroeggeriewe. 'n Gids, die slag van die bokke en verkoelingsgeriewe is ingesluit by die prys.

Elkeen wat vanaf 5 Junie tot en met 31 Julie 'n donasie van R200 of meer aan Kleinvallei maak, sal in aanmerking kom om die pryse te wen. Die wenners sal op 1 Augustus aangekondig word en die trekking sal deur 'n prokureursfirma hanteer word.

Wanneer jy 'n donasie maak, gebruik jou selfoonnommer of e-posadres as verwysing sodat ons die wenners kan kontak. Indien jy nie 'n verwysing kan intik nie, stuur asseblief jou bewys van betaling na sunette@sunettebridges.co.za.

Elke R200 is 'n aparte inskrywing. Indien jy dus R400 inbetaal, sal jou naam 2x in die trekking wees. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar hoef nie afsonderlike inbetalings van R200 te doen nie.

Bankbesonderhede vir Donasies:

BOERVROULIGA
FNB Current Account: 62379723995
Tak: Woodlands
EFT Code: 250655 (FNB Universal code) or Woodlands Boulevard: 230732
Swift Code: FIRNZAJJ
Ref: Selnommer of e-posadres

Inskrywings kan ook dmv PayPal gedoen word. Almal wat donasies in die PayPal rekening maak tussen 5 Junie en 31 Julie sal ook in aanmerking kom. PayPal voorsien ons outomaties van 'n e-posadres van skenkers, dus is geen spesiale verwysing nodig nie.

Besonderhede van ons PayPal rekening is by die volgende skakel...

http://www.kleinvallei.co.za/donate/
.177 Bsa .22 Norinco .300 Win Mag Ruger/Mauser, 12br CBC, 9mm Glock 26.
Post Reply