Page 1 of 1

Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Sun Jun 14, 2015 10:01 am
by Jackalsniper
Jis Manne, ek het die laaste tyd darm n paar jakkies kon plat trek maar, dis almal reuns. Ek roep maar kos so an en af vir n paar min, bly ruk lank stil en daarna n jakkals distress. gister aand weer n jakkie ingeroep, wat begin huil het net na ek springbok lam gespeel het, en toe optrent n uur en n half gewag, en toe le hy. maar daar is tog n teef ook in die omgewing?Al antwoord sy nie? hoe dan verder?

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Sun Jun 14, 2015 12:46 pm
by Jackalsniper
Of stuur asb n link na waar dit al bespreek is dankie.

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Sun Jun 14, 2015 1:12 pm
by Cobus(Cobb)
Geduld ou bul, geduld......almal skiet nou meestal reuns
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=189&t=41384

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Sun Jun 14, 2015 7:51 pm
by platjak
Jy kan 'n alleen jakkals klank probeer, asook vreet geluide tussen die kos. Ek sou versigtig wees vir distress klanke op die stadium en hulle redelik selektief aanwend. Cobus is reg. Geduld en weet waar die jakke bly.

Die reuns storm nou eerste in. Die tewe hang daar agter by die 300m merk rond as sy enigsins inkom.

Sterkte

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Sun Jun 14, 2015 10:18 pm
by SNIPER
Het die week 19 reuns en net 2 tewe geskiet.

Baie baie geduldig wees my maat party staan plekke vat tot n uur + voor jakke in kom en dan raak mens haastig.

Vat jou tyd !!!!

Groete

Sniper

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 7:06 am
by NicoSmit
"vreet geluide tussen die kos"....Watse klanke sal dit wees op Taffie se cd's?

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 7:35 am
by Geno
NicoSmit wrote:"vreet geluide tussen die kos"....Watse klanke sal dit wees op Taffie se cd's?
Tafjak 8
Swartrug 8
Jakkalsbaklei

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 7:40 am
by NicoSmit
Dankie gaan vanaand uit

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 11:47 am
by platjak
NicoSmit wrote:"vreet geluide tussen die kos"....Watse klanke sal dit wees op Taffie se cd's?
As jy Louis Potgieter se paljas klanke in die hande kan kry, of dalk het...Paljas Vreet is ook 'n bitter lekker vreet klank wat jy baie subtiel kan aanwend sonder om iets af te skrik.

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 1:07 pm
by shimano
Dagse manne het ook net reuns geskiet die afgelope tyd maar was laas woensdag uit en twee tewe laat bakkie ry, net kosklanke gebruik en hul was by my binne 45min

Groete

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:06 pm
by Jackalsniper
darm n teef n lift gegee gisteraand, het slegs steenbokkie combo gebruik, binne 10 min ingekom. teef was ni dragtig nie net spekvet gevreet.

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Wed Jun 24, 2015 10:35 am
by Pieter
Jackalsniper, hoe oud is die jakkals ? , vir my lyk dit na 'n ongewisselde jakkie ?

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:32 am
by Henry 7
1 ste dragtige teef het Maandagaand hier geval

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Wed Jun 24, 2015 8:37 pm
by Jackalsniper
Die teef is omtrent so 3 na 4 jaar oud, syt vir my ook eers jonk gelyk,mar haar tande is mooi groot en al n bietjie geslyt.

Re: Watter roep klanke vir die teef?

Posted: Wed Jun 24, 2015 9:42 pm
by tafjak
Vlekkie 3a