Page 1 of 1
Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasing...
Posted: Tue Jun 16, 2015 11:43 am
by Cobus(Cobb)
Geweet die teelpaar bly daar binne, kon laasjaar hulle 3 kinders laai. Wind was 0-2m/s, lekker donker, geen maan. Roepwerk was uit boonste rakke, so 30min en paartjie was baie vokaal tot hulle begin stap het..Het kiewiete gehoor skreeu by boonste draai net voor hulle oge gewys het... ek het gehoop/geweet hulle sal teen die draad afkom maar skielik draai hulle regs en is op n drafstap om daai boom en nooit weer agter die gras gesien nie....dis so 10m wye strook wat Sipho nie gesny/baal het nie...Nog so bietjie geroep daarna, maar geweet dis tydmors....
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......
Posted: Tue Jun 16, 2015 11:48 am
by Blesbok
Het jy hul gekry of nie.
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 11:55 am
by Cobus(Cobb)
Nope
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 12:15 pm
by Mac
Cobus, As jy elke outing vat as 'n klas kamer, weet jy nou hoe om te werk te gaan volgende keer. Hierdie tyd van die jaar is ouer pare maar effe meer versigtig. As hulle weer geteiken word, gebruik wat jy nou weet, gee net kans, moet nie te hastig raak nie.
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 12:32 pm
by Blesbok
Sterkte
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 1:26 pm
by Armand9
Ja die slimmer pare is huiwerig. Nou moet n man geoefen wees vir daai 300m skootjie. Ek ook nou n stel wat my opdraande gee. Teef se reun geskiet nou het sy nuwe man gevat. Gistraand ook net so anderkant die heilige afstand oe kom wys. Staanplek en geduld met die volgende probeer slag!
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 3:53 pm
by Pvdw
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 4:50 pm
by NicoSmit
Wat ek gisteraand gesien het en nou weet ek dit werk om hulle uit die lang gras te kry is om 'n bakkie hoender lewers in die pad of in 'n oopte te sit en as huller eers daai sniffie gekry het skiet jy hulle langs die lewers dood het gisteraand die derde een so gekry
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:09 pm
by Freddie101
Cobus
Maklik om slim te wees agterna.
Wys die pyl die windrigting? As dit so is dan het hulle jou geruik en is definitief versigtig nadat hulle seker ook al bietjie geleer het toe jy jonges geskiet het. Na my mening is jong jakkalse wat foute maak ook groot leermeesters vir die wat nie so braaf/ ouer/ wyser is nie. Hulle het duidelik windaf ondersoek ingestel na wat aann die gang is.
Miskien verstaan ek die situasie verkeerd?
Groetnis
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 8:54 pm
by HennieC
NicoSmit wrote:Wat ek gisteraand gesien het en nou weet ek dit werk om hulle uit die lang gras te kry is om 'n bakkie hoender lewers in die pad of in 'n oopte te sit en as huller eers daai sniffie gekry het skiet jy hulle langs die lewers dood het gisteraand die derde een so gekry
Nico ek sien onder jakkalse vir 2015 jy het jak met kos in geroep dit is nou letterlik en figuurlik gedoen sit jy die lewer uit en speel chicken distress.

Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 9:08 pm
by Jackalsniper
As ek moet raai sou ek se, hulle het jou lig herken van die vorige jag, en versigtig gewees en om beweeg sodat hulle aan die onderkant van jou wind is. probeer dalk volgende keer met nagsig toerusting hulle kry. As die roeper te hard is ,is hulle ook versigtig..
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Tue Jun 16, 2015 9:35 pm
by NicoSmit
HennieC wrote:NicoSmit wrote:Wat ek gisteraand gesien het en nou weet ek dit werk om hulle uit die lang gras te kry is om 'n bakkie hoender lewers in die pad of in 'n oopte te sit en as huller eers daai sniffie gekry het skiet jy hulle langs die lewers dood het gisteraand die derde een so gekry
Nico ek sien onder jakkalse vir 2015 jy het jak met kos in geroep dit is nou letterlik en figuurlik gedoen sit jy die lewer uit en speel chicken distress.

ek het my gat af geskrik toe sy sommer aan die goed hier na by my wil eet het haar glad nie so naby verwag nie was omtrent 50 tree van my af
Re: Lekker vang Vlekkie my uit gisteraand......Roeper plasin
Posted: Wed Jun 17, 2015 5:49 am
by Geno
"400m windaf is 'n jakkals se klaskamer." ~ Generaal Taffie Mulder