Page 1 of 1

Booghengel

Posted: Fri Jun 19, 2015 5:38 pm
by Super Varminter
N Goeie naand aan almal. Ek het gesien dat hierdie topic heelwat reaksie uitlok, veral van ernstige karphengelaars. Is daar iemand wat weet wat die huidige regulasies rondom booghengel is in die Vrystaat? Vir karp en swartbaars?

Re: Booghengel

Posted: Fri Jun 19, 2015 7:05 pm
by Philip_R
Ek sal ook graag wil weet, my vis pyl is al reg maar weet nie of daar ander lisensies as n hengel lisensie nodig is nie.

Re: Booghengel

Posted: Fri Aug 07, 2015 9:56 am
by Petrie303
Passop vir die Karp manne... jy sal dalk net baie seer kry as hulle jou sien....lisensie of nie...

Moet se, ek sal dalk ok iets te se he as ek iemand by een van die spesie damme sien met 'n boog...

Kyk am wat gebeur as mens met 'n boot te naby die oewers kom waar mens visvang....

Re: Booghengel

Posted: Fri Aug 07, 2015 10:25 am
by Lourens Potgieter
Daar is nie so iets soos boog hengel nie. Dis vis skiet. Het absoluut niks met hengel uit te waai nie. As jy daai karp wat 30 jaar oud is gaan eet na jy hom geskiet het, by all means skiet hom. Moet net nie naby 'n ernstige hengelaar doen nie. Die tydverdryf van vis skiet het 'n slegte naam gekry oor ouens wat sakke vol vis skiet en weggooi, ook in spawntyd waar die vis teen die kant swem.

Re: Booghengel

Posted: Fri Aug 07, 2015 11:03 am
by NEGE3
Ek stem saam met Deeg. Ek het na van daardie videos gekyk en 'n naar kol op my maag gekry.

Re: Booghengel

Posted: Fri Aug 07, 2015 4:13 pm
by Jake1
Uitheemse visse...........

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 12:35 pm
by bishop3006
Uitheemse visse... inheemse visse... Wat maak jy met die goed na die tyd? Eet jy hulle of gee hulle vir iemand om te eet? Of gooi jy net weg? Ek dink dis nogal belangrik.

Wat van takbokke. En baie ander. Dis ook uitheems. Skiet jy net vir die pret omdat dit uitheems is?

Soos Deeg sê, daai is nie hengel nie, dis skiet.

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 12:39 pm
by Kolhasie
Vis skiet is lekker. Skiet soveel soos wat jy kan op eet moet nie oor doen nie. Dis soos jakkels jag ;)

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 12:39 pm
by spekieries
Eet julle die Mynahs ook? Skuus wil nie 'n debat ontketen nie, gedagte het net by my op gekom.

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 12:55 pm
by Kolhasie
spekieries wrote:Eet julle die Mynahs ook? Skuus wil nie 'n debat ontketen nie, gedagte het net by my op gekom.
++>: ++>: ++>: ++>: :laugh: :laugh:

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 1:01 pm
by Geno
Ek skiet vis (babers, karpe en graskarpe) en gee dit vir die plaasvolk.
Hulle is al te gretig om bietjie protein by hulle pap dieet te voeg.

Booghengel is 'n wettige hengelmetode. Die papgooiers moet dit asb nie hier in 'n etiek-debat verander nie. Ons vertel julle nie hoe om julle hengelmetodes toe te pas nie.

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 1:27 pm
by Stefan764
He He He He

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 1:28 pm
by Lourens Potgieter
Geno, dit het niks met etiek uit te waai nie. Dit gaan oor mors. Soos ek genoem het, as jy dit gaan eet of iemand gaan dit gebruik, fine met my. Moet nie net skiet en dit in die gras gooi om te vrot nie, dit gebeur. En gee maar spawntyd kans om klaar te maak. Dis maar basiese respek vir mekaar?

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 2:07 pm
by bishop3006
Waar wat Deeg daar sê. Ons jag in die winter en los wanneer die diere kleintjies het of hulle gooi. Ons moet maar die vis ook los wanneer hulle eiers gooi.

Maar soos ek ook gesê het - skiet om te eet? Dis nog aanvaarbaar. Maar party mense skiet en los.

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 2:28 pm
by Dawie Malan
Die karphengelaars wat nie wil hê dat mens dié visse met pyl en boog moet skiet nie omdat hulle die karpe eerder wil vang is net soos die groenes wat nie wil hê ons moet hulle diere skiet nie want hulle wil die diere eerder gaan afneem.

Daar is nie 'n manier dat booghengel 'n duik sal maak in die karpe of swartbaars se getalle hier in Suider Afrika nie. Die booghengelaars doen eerder goed omdat hulle soveel van die chinese graskarpe uithaal.

En hierdie is Afrika. Dis bitter moeilik om hier 'n vars vis te "mors". Daar is altyd 'n bakhand of twee wat met groot dankbaarheid so 'n vars vis met vreugde sal ontvang.

Groete

Dawie Malan

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 4:13 pm
by Jake1
Elke karp wat ek in die Olifantsrivier skiet skiet ek met n smile op my gesig ;D Die bedreigde klein en groot skub Geelvis kom hier voor. Ons hoef seker nie in detail in te gaan oor karpe wat groot verbruikers van onder anderre zoo-plankton ens is nie.

Ons grootste probleem is dat ons nie nog meer kan skiet nie, daar is te veel. En nee ons eet dit nie maar gee dit weg.

Ek doen ook spesie-karphengel in geslote sisteme, waar die belanghebbendes geld maak uit karp hengel en geen uitlaat na riviere het nie, en dus nie negatiewe uitwerking het op ons inheemse ekosisteem nie. Daai karps skiet ons nie.

Re: Booghengel

Posted: Tue Aug 11, 2015 6:03 pm
by Dries101
Jake1 mooi gestel. As hy in n toe sisteem is pas hom mooi op. Maar ek het geen simpatie vir n karp of bass in n dam of rivier waar hy nie hoord nie.