Page 1 of 1
Heel skenkel resep gesoek
Posted: Sat Jun 20, 2015 9:58 am
by vratvark
Ontdek ek mos nou vanoggend 4 heel rooibokskenkels onder in vroulief se vriesnes.
Het enigiemand asb vir my 'n resep, het haar aangese om dit more vir vadersdag te bedien.
Groetnis
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Sat Jun 20, 2015 10:21 am
by cassie_calvinia
2 lourier blare, 4 naeltjies, bietjie asyn, bietjie woestersous, draai skenkels toe in netvet, spice sommer met biltong spice, dis dit!
ek gebruik dit vir al my wild.
plaas van netvet, kan jy in bacon toe draai.
sit stadig in oond
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Sat Jun 20, 2015 10:25 am
by Sarel
Jy jan hierdie resep ook vir rooibok skenkel gebruik:
Olyfolie
Ongeveer 10 heel springbokskenkels
3 uie, in wiggies gesny
3 knoffelhuisies, gekap
500 ml rooiwyn
1 hoenderaftrekselblokkie
1 blik (410 g) gekapte tamaties
2 ansjovisfilette, gekap
Handvol vars oreganum
Sout, peper en bruinsuiker na smaak
Handvol ontpitte calamata-olywe, gesnipper
Handvol vars kruie, gesnipper
Vars gerasperde suurlemoenskil na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak goed met olyfolie. Pak die skenkels bo-op ‘n bed van uiewiggies en gekapte knoffel in die oondbak. Meng die rooiwyn en aftrekselblokkie en voeg die tamaties en ansjovisfilette by. Gooi oor die skenkels. Sprinkel die oreganum, sout, peper en bruinsuiker oor en bedek die bak met ‘n dubbele laag foelie. Bak vir 3 – 4 uur tot die vleis sag is en van die bene begin afval. Draai die skenkels om in die sous en voeg die olywe, kruie en suurlemoenskil by. Bak onbedek verder tot die sous afgekook, dik en geurig is. Sit voor op fynaar-tappel of polenta.
Genoeg vir 8 – 10 mense.
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:00 am
by Boesman10
Sarel ek hou van jou resep. Ek kan dink dat die ansjovisfilette en olywy 'n lekker smaak byvoeg.
Cassie - Ek het nog nooit die netvet probeer nie. Sal met my slagter gesels.
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:38 am
by Forester
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:40 am
by cassie_calvinia
ek hou nie van te veel goed by my wild nie.
as jy wil klomp goed op
n hoop proe, koop 'n pizza! haha
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Mon Jun 22, 2015 2:07 pm
by Alwyn
cassie_calvinia wrote:ek hou nie van te veel goed by my wild nie.
as jy wil klomp goed op
n hoop proe, koop 'n pizza! haha
10 uit 10 vir daai een!! LOL
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Tue Sep 08, 2015 8:30 am
by PietBe
Ek gebruik nie meer vark bacon saam met my wildsvleis nie. Skaapvet werk baie beter - Geheim wat ek by Karoo opgetel het en daardie mense maak vir hom lekker.
Re: Heel skenkel resep gesoek
Posted: Wed Sep 09, 2015 6:20 am
by FHM
Jy het nouwel Rooibok - maar ek reken die beginsel sal seker dieselfde as skaapskenkels wees.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 3½-4 uur
4 heel skaapskenkels
sout en peper
olie
2 uie, gekap
2-3 knoffelhuisies, fyngedruk
droë gemengde kruie
braaivleisspeserye
500 ml (2 k) vleisaftreksel
4 aartappels, geskil
250 g wortels, in groot stukke gesny
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gekapte pietersielie
Sny kepe in die vleis van die skenkels en vryf dit in met die sout en peper.
Verhit die olie in ’n swartpot en braai die skenkels tot bruin. Skep uit.
Braai die uie en knoffel tot glansend.
Plaas die skenkels terug in die pot. Sprinkel die kruie en braaivleisspeserye na smaak oor.
Giet die vleisaftreksel by en laat 3½ uur prut of tot die vleis byna sag is.
Voeg die aartappels en wortels by, geur met die sout en peper en laat sowat 20 minute prut tot net gaar.
Sprinkel die suurlemoenskil en pietersielie oor.
Sit voor saam met mieliepap of stampmielies.
(Resep van Hester Fourie van Vanderbijlpark, deur Huisgenoot Digitaal)