Page 1 of 2
.222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:22 am
by fanie.myburgh
Halo Manne
Ek sukkel nou al 'n hele tydjie om die .222 se lading uit tewerk, maar die probleem is met n koue loop skiet die geweer 2-3' laag elke keer. Al die skroewe is mooi vas die loop druk enerns nie.
Dis seker n dom vraag maar wat kan nog fout wees? Bedding? Kroon?
Hier is 'n foto van een groep.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:27 am
by 222
Watse kruit en koele gebruik jy? Myne het ook so gemaak ek het hom gefloat en kruit verander asook koeels
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:31 am
by fanie.myburgh
Ek skiet 50gr V-max en BT, S321. Ek het nogelukig nie n chrony om die spoed tekyk nie.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:40 am
by Nico Harris
Watse maak is die geweer?
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:57 pm
by birklec
222 wrote:Watse kruit en koele gebruik jy? Myne het ook so gemaak ek het hom gefloat en kruit verander asook koeels
na watter kruit en koeel het jy verander 222?
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 1:18 pm
by fanie.myburgh
Nico. dis n Bruno fox model 2. Die geweer is nie gebed nie, maar sy loop is free flouting.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:44 pm
by 222
40gr Vmax of 45gr Sierra varminter. Ek gebruik ook S335 kruit
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Wed Jun 24, 2015 5:23 pm
by fanie.myburgh
ek sal n paar laai met S335 en die naweek kyk. maar ek dink ek moet hou maar laat bed en klaar kry.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Wed Jun 24, 2015 8:53 pm
by Mukiwa
Fanie,
Die S335 gee vir my ook baie goeie groepering met lae ES. Ek gooi 24.5gr met n 40gr VMax.
Het jy al gekyk of jou loop nog "free float" waneer hy begin warm word? En is jou eerste skoot met n skoon loop (as jy loop olie het jy n droe lappie deurgesit).
Die Sako wat ek het, snaaks genoeg het n drukpunt op die loop reg op die boorste punt van die kolf en skiet great nadat Oom Tripod my gehelp het.
Groete,
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Thu Jun 25, 2015 3:12 am
by SakoTrippel2
Haha lyk my dis Trippel2 week hier op Jaracal!! Ja nee kyk die roertjies is ook maar lekker vol strooi partykeer...my groeperings met lading ontwikkeling het gewissel van n A4 bladsy tot tennis bal size op 100m. Dit was nou eers ladings en toe met tpl gespeel.. Uiteindelik besluit op n combo wat so 25mm na 30mm skiet op 100m. Gelukkig soek ek net MOJakkals op 250m soos hulle se

MAAR my geweertjie is glad nie gepak nie. (Ek kan nie eers n R10 noot in kry tussen loop en kolf nie)
Maar daai groep is nogal vreemd. Ek het al gehoor hulle praat van n "fouling" shot nadat die loop skoon gemaak is. Daarna kan groepe geskiet word.
Ek verwys na Mukiwa se post.. As jy die geweer na elke skietsessie skoon maak kan dit dalk moontelik die rede wees.
Dis al waaraan ek kan dink op die stadium.
Ek luister ook saam...
Groete
Frans
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:24 am
by Mukiwa
More,
Frans kry julle manne lekke koud daar?
Fanie ek stem saam Frans as dit bedding was sou al jou skote bont gaan maar dis net jou eerste skoot die boonste groepie daarna lyk nie sleg nie en kan verfyn word met TPL ens. Maak net seker by Oom Tripod oor die druk ens want as ek reg verstaan kan n verlengde TPL druk verhoog en verlaag (meer spasie binne dop = laer druk maar die punte nader aan die lande = verhoogde grafeer druk).
Sterkte wanneer hy is reg is is hy baie reg!!
Groete,
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Thu Jun 25, 2015 7:31 am
by Jaco v Zyl
More fanie.
Nog iets waaraan ek kan dink is om seker te maak dat jou loop vas is aan jou aksie,ek al gesien m los loop skiet so baie hoog of laag,weet mi of dit wel hier die geval is ni, want jou ane skote lyk goed,maar loer maar.
Ek weet ook van n geweer wat iets soortgelyk gedoen het,alhoewel ni so baie sois joune nie,en n geweersmid het gese n loop wat omder stres is is geneig om so te maak,sodra di loop warm raak,verminder due stres en skiet hy mooi.Daardie geweer het sy eerste skoot ongeveer 3" hoog geskiet op 300 en daarna baie mooi groepe geskiet.
Sterkte
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Thu Jun 25, 2015 9:25 am
by fanie.myburgh
Baie dankie manne. Die kaliber is baie lekker, hy het altyd baie mooi geskiet met die S321 en 50gr BT.
Ek het gisteraand 35gr Impala koeels gelaai met S335. Ek het 22gr S335 gegooi dan le die kruit min of meer op dieselfde plek as die 23.8gr S321 in pmp doppe. Hornady doppe het baie meer binne volume as die pmp. Ek sal graag 40gr wil skiet op die geweer en ek is nie baie gepla oor die spoed nie, maar ek kon nerens in die kaap 40gr in die hande kry nie.
Ek het die geweer laas week baie mooi skoon gemaak, decopper en als, maar voor ek die groepe geskiet het, het ek 3 skote geskiet op die 200m gong. 2 uit 3 raak geskiet. Met die warm loop skiet ek hou vir hou die 300m gong raak en die groepe lyk nie sleg nie.
Ek sal die naweek kyk wat hy maak en dan sal ek mooi kyk na die free flout met n warm loop. En as hy nie beter is nie sal ek hom by 'n wapensmit uitkry.
weereens dankie manne.
Fanie
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Sun Jun 28, 2015 6:51 pm
by fanie.myburgh
Naand manne. Die groepe lyk nie beter nie, so ek sal maar die geweer by iemand moet kry om vir my tekyk, na sy bedding, ens.
groete
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Sun Jun 28, 2015 9:29 pm
by SakoTrippel2
Jaa nee kyk lekker koud hier in die OVS.
Fanie, ja ek dink die bedding sal verseker help. Ekt die naweek gesien hoe n .223 wat 5skote op 100m so net onder n duim normaal weg skiet. Sommer 5skote wat almal sny op 100m skiet nadat hy gepak is. Sal more die groepie wys.
Groete
Frans
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Mon Jun 29, 2015 9:05 am
by fanie.myburgh
Dankie Frans.
Ek gaan nou vir 2weke bietjie met verlof, gaan bietjie jag en by my ouers kuier. Sal as ek terug is verder tyd spandeer aan hom.
Groete
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Mon Jun 29, 2015 9:52 am
by Forester
Ek het 'n 243 wat presies die teenoorgestelde gedoen het, eerste skoot 7cm hoog en dan groep hy. Ek het hom laat pillar bed by die Terry Harrison en nou skiet hy baie mooi. In my opinie definitief die moeite werd!
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Mon Aug 03, 2015 2:01 pm
by fanie.myburgh
Halo manne.
Eks terug van vakansie af, ek het laas week n pakkie 40gr V-max'e in die hande gekry. Nou by die begin, ekt 96 nuwe PMP doppe, ekt hulle geweeg, gem 104.8gr, min 103.3gr en max 106.7gr. Ek gaan nou begin laai met S321 by 23gr, en dan stadig opwerk na die 25gr toe.
Groete
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Mon Aug 03, 2015 4:44 pm
by birklec
Dink jou spoed gaan bietjie stadig wees met s321
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 9:33 am
by fanie.myburgh
Wat se kruit moet ek anders probeer?
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 9:46 am
by tripodmvr
Ek loer nou al 'n lang ruk na jou skrywes. Waarom gee jy nie jou geweer en laaidata sodat QL vir jou nodes kan bepaal nie. Hopelik sal dit beter groepe gee, maar ook geleentheid bied om te besluit of S321 of dan dalk S335 die beste vir jou geweer is.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 9:58 am
by fanie.myburgh
Baie dankie oom. Ek het net nie n chrony om my spoed van een lading temeet nie, dis hoekom ek nog nie dit gedoen het nie. Soos ek gekyk het, het oom die spoed van een of twee landings nodig? of kan ek maar die inligting deur gee sonder die spoed?
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 10:23 am
by DawieKotze
Hallo Fanie - by watter skietbaan skiet jy? Ek sal jou help met 'n kronograaf as jy by Durbanville skiet.
Laat weet maar.
Dawie
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 12:05 pm
by ruaanb
Sal ook kan help as dit daar by Durbanville is moet net reel met mekaar.
Re: .222 groepering- Probleem
Posted: Tue Aug 04, 2015 12:10 pm
by fanie.myburgh
Baie dankie manne. Ek skiet somer hier by my op die plaas gewoontlik, so as een van julle wil kom vir n wynproe dan is dit reg... ek sal die wynproe reel, na die skiet...
