Page 1 of 1
250 SAV (250X3000)
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:38 pm
by VONZAAG
Help asb met data vir die volgende:
Geweer - FN Browning
Loop - 23 duim
Twist - 1:10
Punt - 100g Hornady Spire Point
TPL - 63
Kruit - S355
Slagdop - CCI 250
Lading - Min en Maks?
Spoed - Vt per sek?
Ek kyk na 2850vt per sek - standaard fabriekslading.
Met dank.
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Tue Jun 23, 2015 5:53 pm
by tripodmvr
Beginlading = 32gr S355 = 2570vps voorspel. Jy kan moontlik hoër kry met die Magnum slagdop.
Jou maksimum nodespoed gaan naby aan 2830vps wees - hang af van jou dopvolume.
Gaan lees die post hieonder vir belangrike inligting
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Tue Jun 23, 2015 6:40 pm
by Pappabeer
Nice geweer. Sit bietjie n foto op vir ons
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 9:28 am
by VONZAAG
Pappabeer, dis 'n mint condition FN Browning. Gekoop in 1984 vir R500,00 plus 6 bokse ammo by die voormalige Hoofrekenmeester van die Landbank. Lankal oorlede. Hy het 20 rooibokke en 6 koedoebulle met die geweer geskiet. Volgens hom almal kopskote. Ek het in 1988 'n Schmidt und Bender scope opgesit. Jag elke jaar rooibokke op my plaas en het nog nooit weer nodig gehad om hom in te stel nie - ou Weaver monterings. Die geweer skop niks en ideal vir vroue en kinders. 'n Kaliber wat heeltemaal onderskat word.
Hoe sit ek 'n foto op?
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:16 pm
by tripodmvr
Stuur foto na tripodmvr by gmail dot com.
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:20 pm
by Pappabeer
Dit klink na n lieflike geweer.
As die foto kleiner as 256kb is gaan jy na Full Editor, en laai dit dan.
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:33 pm
by James Wilson
Vonzaag, ek herlaai vir so n kaliber. My skoonpa se geweer. Is dit die lever action of jet hy n slot?
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:48 pm
by Pappabeer
James,
Die 1 FN .250 Savage wat ek gesien het, en in retrospek moes gekoop het was n grendel aksie. Ek dink nie hulle het lever actions gemaak nie.
Tussen die FN, en n Pre-64 Winchester in die kaliber sal dit n moeilike keuse wees. Altwee lieflike geweertjies.
Hier is n link na een:
http://archives.collectorsfirearms.com/ ... duct=r3105
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 2:12 pm
by VONZAAG
James - dis die slotaksie - K98 type.
Pappabeer - Savage het baie lekker lever action modelle gemaak, 'n Raserige aksie. Klink soos 'n kluis wat jy oopsluit as jy oorhaal...
Die foto lyk net soos myne..
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 2:17 pm
by James Wilson
Uitstekend, my skoonpa se geweer is n lever action en dit is n probleem, want die lever actions kannie dieselfde druk hanteer as die slotaksies nie
Re: 250 SAV (250X3000)
Posted: Wed Jun 24, 2015 3:38 pm
by Pappabeer
Ek het bedoel ek dink nie FN het ooit n lever action gemaak nie. Is jou geweer op standaard lengte M98 aksie?