Page 1 of 1

Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 9:26 am
by Sangoma (IAN)

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 9:47 am
by matewis
Die waarheid maak seer!

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 10:48 am
by dsmerrills
I think it's a great add and I'm sure everyone will agree we are all tired of being screwed

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 10:56 am
by Hein22
Ek oorweeg dit sterk om hulle 'n kans te gee, veral omdat hulle tot R10,000 sal betaal om jou uit jou huidige kontrak te kry. Is daar iemand wat hulle as provider gebruik? Hoe is hulle coverage?

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:04 pm
by Gawie(13mm)
In die groot stede en dorpe is Cell C ontvangs nie 'n probleem nie, maar dekking op die platteland, is nie wat wonders nie. Hoor maar by vriende in jou omgewing hoe die sein is voor jy oorskakel.
Lees maar daai 14 bladsye se fynskrif voor hul jou uit jou kontrak "koop". >:D "Better the devil you know." >:+

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:25 pm
by Boersonderroer
Hein22 wrote:Ek oorweeg dit sterk om hulle 'n kans te gee, veral omdat hulle tot R10,000 sal betaal om jou uit jou huidige kontrak te kry. Is daar iemand wat hulle as provider gebruik? Hoe is hulle coverage?
Twee woorde - CellC suck
Ek het oneindige probleme met hulle. Ek ontvang so 20 na 30 oproepe 'n dag maar my foon lui net 5 keer. Res gaan direk voicemail toe. Hulle het my foon al om geruil, probleem is nie op gelos. Ek werk in 5 verskillende dorpe, wys sein maar foon kan nie oproepe ontvang of maak nie. Was al in Kaapstad en PE heeldag by krieket stadiums met geen sein. Bly ver weg.

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Wed Jun 24, 2015 2:32 pm
by JTM
Goeie advertensie. Volgens my ervaring sal die hondjie terugkeer na die ou se been sodra hy sy eerste oproep met sy nuwe Cell C foon wil maak.

Het my stel met hulle al afgetrap met beide Voice en Data kontrakte. Ek bly maar by die ou geel duiwel soos Gawie sĂȘ.

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:39 pm
by Kubus
Dis n groot nee!!!!
Wat die verkoopsdame jou vertel en wat in die kontrak staan, verskil.
Het n stelletjie of twee met hulle afgetrap

Re: Cell C se nuwe advertensie

Posted: Fri Jun 26, 2015 3:11 pm
by Riaan Kriel
Daai advertensie eindig verkeerd. Toe daai ou by cell C instap moes hy kaalgat op sy kniee gaan staan het om dit eers ordentlik te kry.... Dit sou beter gewys het hoe cell C werk