Page 1 of 1

No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Wed Jun 24, 2015 3:13 pm
by tinusm
Goeie dag. Ek soek eintlik n bietjie raad man.
Ek het n No2 BSA windbuks by my oorlede oupa geerf.
Hy kom ongelukkig van voor die dae van liksense.
Dit blyk ook dat ek n liksens vir hom sal moet kry om hom "wettig" te besit.

Nou sit ek eek met die probleem dat hy boonop bont skiet.

Volgens die manne wat weet, sal dit die moeite werd wees om hom te kry om weer akuraat te skiet (hoe?), en sal dit die moeiete werd wees om deur die liksens storie te gaan? (Ek is amper vol ander wapens en nie geregistreer as n dedicated hunter nie.)

Ek wag in spanning?

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Wed Jun 24, 2015 3:42 pm
by Fishaman
Vanaf http://www.airrifle.co.za

The calibre debate:
The law explicitly states that an air gun with a calibre of less than 5.60mm is declassified as a firearm. If you are the owner of a so called 5.5mm/.22 air gun and are worried that you might fall afoul of the 5.60mm regulation you have the option of taking your gun to a registered gunsmith who will measure the bore and issue a certificate stating the calibre of the gun. If the bore measures 5.6mm or more and the gun's power is more than 6ft/lbs you have to licence it as a firearm.


Ek glo nie jy hoef daardie BSA No 2 (.22 oftewel 5.5mm) te lisensieer nie. Om hom te te laat reg skiet kan 'n ander storie wees, maar probeer vir Vincent (http://www.m-ze.co.za). Daai oubaas ken van windgewere!

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Wed Jun 24, 2015 3:56 pm
by ANDRIES
Ek het myne laat meet en het nie meer 'n lisensie nie.

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:49 am
by tinusm
Dit is fantastiese nuus.
Baie dankie vir die raad.

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jul 13, 2015 2:37 pm
by Piet Breedt
Dit is so, geen "No 2" windgeweer het n lisensie nodig nie.

Daar is n man wat homself "MZE" noem op die luggeweer forum http://www.airrifle.co.za

Sy regte naam is Vincent Sutherland - Dadds

As daar iemand is wat die geweertjie kan maak skiet, dan is dit hy. Hy spesialiseer in spring gewere en weet regtig wat hy doen. Kontak hom gerus. Hy bly in Malanshoff in Randburg.

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jul 13, 2015 6:23 pm
by win270
Piet, het jy dalk 'n foonnommer of adres van die man in Malanshof? My BSA Meteor No 1 windbuks se korrel is beskadig en ek wil dit laat regmaak. Hoop jy kan my die besonderhede gee.

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jul 13, 2015 6:47 pm
by hunter74
Join die forum......

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jul 13, 2015 7:31 pm
by Piet Breedt
win270 wrote:Piet, het jy dalk 'n foonnommer of adres van die man in Malanshof? My BSA Meteor No 1 windbuks se korrel is beskadig en ek wil dit laat regmaak. Hoop jy kan my die besonderhede gee.
Ongelukkig nie, sluit aan by die forum en kontak hom.

Re: No2 BSA Windbuks. Wat nou.

Posted: Mon Jul 13, 2015 9:49 pm
by win270
Ek dink ek het dit suksesvol geGOOGLE . . . Vincent Sutherland-Dadds +27 (0)11 791 0629. Sal môre skakel en sien wat gebeur.