Page 1 of 2

CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:44 pm
by DinoF
Ek het raad nodig asb.

Clear die standaard CZ sights verby die EAW basisse sodat n ou gemaklik oop vizier en met n scope die geweer kan gebruik ? Ek kan nerens van die basisse gesien kry om agter te kom of dit lekker gaan werk nie ?

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:53 pm
by DWB
Wat van Warne mounts?

Maar ek is seker die EAW sal fine wees.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:58 pm
by Boomstomp
Ekt gister Recknagel mounts ontvang, baie soortgelyk aan die EAW mounts, ook Duits.

Ek gaan dit self op my CZ550 9,3 sit; sal vanaand gou dit los monteer en kyk, maar ek self wil oopvisier skiet so dit beter!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 2:15 pm
by DinoF
Asb man. Het ook al na Recknagel gekyk . Sal enige een van die twee vat wat net op die geweer sal werk.

Ek het n maat wat Warne QR mounts op sy 375 monteer het. Hy het kwaai met hulle gesukkel. Ek het op my 223 Warne mounts en baie happy met hulle maar dink n ou moet maar swaar gaan op die 375.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 2:25 pm
by alecjohnson
Ek het ook warne opgehad op my 375 cz550 en vreeslik gesukkel. Kon nie op 100m zero nie. Ek spaar nou al n rukkie om recknagel te koop.

Wys asb hoe hulle op geweer sit. Ek het nognie gesien nie, maar ek sal dit graag wil sien op n geweer. As ek dit self kan opsit bestel ek myne volgende maand!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 2:37 pm
by DinoF
My pa het EAW op n Steyr 7mm Rem mag. Werk lekker op hom maar sy sights is vir my of hulle beter bo die basisse uitsteek. Was n mission om die steyr sn ou mounts af te kry so ons et hom maar na n smid toe geneem om te pas so ek weet nie self nog hoe hulle opkom nie. Die geweersmid het daardie tyd vir my gese n ou mors jou tyd met enige ander QR mounts as EAW of Recknagel . Ek vertrou nogal die oom se oordeel.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:03 pm
by DWB
Ek het Warne QD mounts op my skoonpa se 375 en ons sukkel gladnie.

Alec, jy het 'n massiewe vergroting scope op gehad en ek reken dis waar jou probleem vandaan kom.

Dino, watse scope het jy op?

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:05 pm
by alecjohnson
Dis waar DWB. Hoe beter ek sien hoe makliker skiet ek verder hehe.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:21 pm
by Arnold
Deon, die vergroting van die scope se invloed is gewoonlik maar net in die sin dat hoe groter die vergroting hoe minder is die interne verstelling. Nou as jy sukkel om op 100m te zero is daar in my opininie is iets anders fout en ek sou kyk na die hoogte van die twee verskillende mounts (ek het hierdie probleem gehad met Lynx/Thor basisse op 'n cz550). Ongelukkig kan nie mens nie die voorste en agterste ringe omruil nie wat seker die goedkoopste oplossing sou wees.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:26 pm
by DWB
Ek hoor jou Arnold, maar ek het dit al op 3 CZ gewere met normale 3-9 klas teleskope gehad en almal zero waar ek hulle wil hê.

Al wat tussen my en Alec se gewere verskil is hy het iets soos 'n 5-20x scope op gehad.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:33 pm
by Arnold
Deon, ja ek het van daai Thor/Lynx basisse geskuif na Warne en my probleme was opgelos met ook n 6-24x scope. Wat ek wil uitwys is dat dit daai spesifieke stel ringe van Alec kon wees wat foutief was.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:42 pm
by alecjohnson
Ek het van warne na thor gegaan, maar ek het n 0.6mm shim agter gesit en toe gelap. Ek kan nou my geweer zero op 100m en ek het nog 37MOA verstelling oor! Maar dit is nie QD nie elke keer wat ek afhaal moet ek linge en regs verstelling oor zero.

Ek wonder soms of my geweer se aksie nie dalk skeef is nie, dat dit i.p.v teleskoop hoër agter as voor is anders om is... maar met die shim werk dit mooi, maar ek moet QD he...

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:42 pm
by DWB
OH Ok, ek hoor jou.

Ek kom net agter dat party manne nou ewe skielik maak of Warne nie werk nie, en dit is nie die geval nie.

Groete.

Warne kos ook dalk tans R1200 teenoor amper R6000 van die EAW en R7000 van die Recknagel

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:50 pm
by alecjohnson
Stem nie saam nie warne is great! Ek het warne op my 300wm gehad en dit het wonderlik gewerk!
Ek kon nie glo dit wou nie op my 375 werk nie!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 5:00 pm
by DWB
Nee Alec, dis nie op jou gemik nie, maar daar het iewers so wanpersepsie ontstaan wat mens optel.

Groete!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 5:28 pm
by Nickvn
Ek het EAW op my Mauser 9,3 en hulle werk baie goed en kan ook lekker met die oop visiere skiet.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 10:12 pm
by Boomstomp
Wel, ek probeer ook die Recknagel mounts omdate Warne QD ook nie op my CZ550 wou werk nie. (soos op ander draad bespreek). Kan nie eens op 50m zero nie (skiet 3 duim te laag op hoogste stelling).

Die Recknagel mounts moet vasgeskroef word op die aksie, so jy gaan geweersmid kort om gate te boor (te "drill & tap").
Om eerlik te wees is die toleransies van die Recknagel so styf jy kan hom nie op die CZ550 aksie ingly nie, jy gaan liggies met rubber hammer moet intik.

Gaan volgende week na geweersmid to vat dat hulle hom monteer, dan sal ek terugvoer kom gee!

O ja, as dit op geweer is kan jy nog oopvisier skiet, daars so 1-2mm clearence na beide sights as jy bo-oor die basisse kyk!!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 10:15 pm
by alecjohnson
Ek hoop werklik dit werk! Ek wil nie So baie geld spandeer en dan met die selfde probleem sit as met die ander mounts wat ek al probeer het nie...

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 10:47 pm
by Boomstomp
DWB wrote:OH Ok, ek hoor jou.

Ek kom net agter dat party manne nou ewe skielik maak of Warne nie werk nie, en dit is nie die geval nie.

Groete.

Warne kos ook dalk tans R1200 teenoor amper R6000 van die EAW en R7000 van die Recknagel

Ekt R1600 vir Warne QD betaal, R5900 vir Recknagel en kwotasie van R6900 of iets vir die EAW pivot gekry.

Ekt niks teen Warne ringe nie, vir baie werk hulle goed, maar daar is tog hele paar manne hier en op Gunsite wat al bietjie gesukkel het...

En my scope is 'n Zeiss 2-8x42, so dink nie vergroting is die probleem nie.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 10:52 pm
by Boomstomp
alecjohnson wrote:Ek hoop werklik dit werk! Ek wil nie So baie geld spandeer en dan met die selfde probleem sit as met die ander mounts wat ek al probeer het nie...
Selfde gevoel hierso! Sit in selfde bootjie tot dusver...

Die man by wie ek die Rechangel bestel het is in Mosselbaai, darem relatief naby aan jou! Dalk kan hy geweersmid daar naby aanbeveel.

Ek sal terugvoer gee sodra die mounts op geweer is met teleskoop in, en dan weer na skietbaan. Dink dit behoort so oor 2-3 weke te wees, sal so bietjie meer as week vat vir die montering is ek vertel, smede is maar besig die tyd van die jaar!

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Thu Jun 25, 2015 10:53 pm
by Arnold
Klink of die Zeiss scopes nogal probleme het met die Warne ringe ...

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Sun Jun 28, 2015 9:18 pm
by DinoF
Ek het n ou VX 3 leopold op die 375. 3.5-10x40. Met leopold mounts.

Boomstomp so die dovetail op die CZ word gladnie gebruik met die recknagel mounts nie ? Ek het genuine gehoop dat die basisse net kan opskuif en vasdraai.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Sun Jun 28, 2015 11:56 pm
by Boomstomp
DinoF, die Recknagel pivots se basis is ook 'n dovetail, wat smaller is as die CZ se dovetail. Die onderkant van die basis gedeelte skuif in die CZ se dovetails in, maar jy moet elke basis (voor en agter) met twee skroewe in plek hou. Dit "clamp" nie aan die CZ dovetail vas soos die Warne ringe nie. Dit gebruik dit meer as reling waarlangs dit kan gly. seker gedoen om die basise so laag as moontlik te hou. Glo darem as dit eers in plek is gaan niks dit ooit skuif nie.

Arnold ja ek hoop nie dis die scope nie, sal sien as die nuwe ringe klaar in plek is..

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Mon Jun 29, 2015 6:38 am
by DWB
Boomstomp, sit bietjie vir ons 'n foto op.

So vêr ek weet werk die EAW se agterste basis wel so dat hy op die locking groove van die CZ Dove Tail basis vas clip.

Re: CZ 550 375 standard en EAW Pivot mounts

Posted: Mon Jun 29, 2015 6:48 pm
by Boomstomp
DWB

Dit mag dalk wees dat van Recknagel se ouer tipes "pivot mounts" well direk aan die CZ se dove tail vas clip, maar myne doen vir seker nie. Ek kan ongelukkig nie nou foto's plaas nie, alreeds alles by geweersmid afgegee. Ongelukkig gaan dit so 3 weke vat blykbaar, hulle is baie besig.

Ek het die G9 "schwenkmontage" oftewel "pivot mounts", maar jy moet beide voor en agter basise bo-op jou CZ monteer waaraan dit vas klamp.