Page 1 of 1

Re: Stoney Point target turrets vir Leupold

Posted: Fri May 13, 2011 1:44 pm
by 243Songdaug
Ludwiq.

Dankie vir jou terugvoering - ek wik en weeg nou al lank - sit met 'n VXL waarop ek hulle wil sit - sal beslis met Oom Chris praat - ek wag reeds vir my Wilson dies vir die 243Ugley om te kom

Mooi naweek

Re: Stoney Point target turrets vir Leupold

Posted: Fri Jun 03, 2011 1:47 am
by Francois Marais
Jaco

Liewer laat as nooit....Hoekom het jy oppi WILSONS besluit??? Ek het met Redding se type S Match neck sizer met die bushings gegaan......

jy kan maar die knoppe kry, het so n stel saam met n 2de handse Leupold gekry, hulle werk mooi.....

Mooi loop
Francois

Re: Stoney Point target turrets vir Leupold

Posted: Tue Oct 04, 2011 11:14 am
by Frikkie Coetzee
Ludwig

Wat is jou ondervinding met die Stoneypoints?

EK het een op my VX2 en weet nog nie wat om te dink nie. Te min geskiet nog met hom. Ek hou van die konsep maar dit voel soms of die SP amper n bietjie speling het?

Frikkie

Re: Stoney Point target turrets vir Leupold

Posted: Tue Oct 04, 2011 11:53 am
by 243Songdaug
Francois

Ek sien nou eers jou vraag oor die Wilsons. Ek en 168 Supremacy wou bittergraag ook elkeen 'n stel Reddings Type S koop, maar kon nie kry nie.  Ek het toe met Oom Chris gesels en hy het gese ek kan enigeen van die 2 vat. Hy kon vir my 'n stel Wilsons aan die hande kry, so tou besluit ek maar om hulle te vat.

Ek is baie tevrede met die Wilsons, hulle laai fantasties - bietjie groeipyne gehad, maar nadat ek so bietjie op Google gekrap het het ek my foute opgetel en uitgesort.

Groete.
Jaco  

Re: Stoney Point target turrets vir Leupold

Posted: Tue Oct 04, 2011 7:32 pm
by Francois Marais
Jaco

Het jy daai snaakse pressie of slaan jy hamer??

Mooi loop
Francois