Page 1 of 1

Lasarus Game Farm?

Posted: Sun Jun 28, 2015 6:35 pm
by Swys14
Het enige lede al hier gaan jag?

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Sun Dec 27, 2015 6:55 pm
by boepensie
Says14 het jy toe gaan loer by Lasarus Game Farm?

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Sun Dec 27, 2015 7:52 pm
by Swys14
nee ou maat, ek het maar voorlopig bespreek vir 2016 by Vaalleegte in die Karoo.

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Sun Dec 27, 2015 9:31 pm
by PWV
Alec, kom in! Is dit nie waar Alec is nie? Garden route game reserve?

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 12:19 am
by alecjohnson
Bly weg is my beskeie mening! Details gaan ek nie openbaar deel nie! Maar daar jag jy nie jy skiet n dier.

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 8:59 am
by vaalseun
Ek het nog nie self daar gejag nie ma ons het vir die Wild en Wragtig span n jag da gereel (pa en dogter jag) om afteneem
toe hulle hier by ons was tydens die SA OPE. Meskien kan jy van hulle ou programme kry hulle vertel ook so bietjie van die plek
as ek reg onthou het hulle n blesbok en volstruis gejag

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:10 am
by Omnia
Onthou daai ene , maar het ok daai tyd vir die skoonseun gese " daars baie ge-edit " van waar die meisiekind begin skiet en waar sy by die volstruis sit , want die skoot het skaars geklap toe se die verslag manietjie al " jis dis 'n goeie skoot , die koel het die aorte mooi afgesny !! en in die linker pomp kamer deur , by die derde pen veer se bokant uit .!!!

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 1:38 pm
by Carel Kolesky
Mens moet maar versigtig omgaan met uitlatings soos bo-daai 'meisiekind' het n enkele skoot deur enjinkamer geskiet met 6x45 100gr sagtepunt-volstruis het +/- 50m gehardloop en was morsdood met aankoms soos gewys.Ek behoort te weet,want ek was daar.

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 5:21 pm
by PWV
Carel Kolesky wrote:Mens moet maar versigtig omgaan met uitlatings soos bo-daai 'meisiekind' het n enkele skoot deur enjinkamer geskiet met 6x45 100gr sagtepunt-volstruis het +/- 50m gehardloop en was morsdood met aankoms soos gewys.Ek behoort te weet,want ek was daar.
Carel
Kan jy nou ook sommer Swys se vraag hierbo beantwoord?

Re: Lasarus Game Farm?

Posted: Mon Dec 28, 2015 5:41 pm
by Carel Kolesky
Kan net praat uit eie ervaring-2 keer daar gejag-albei kere 'walk & stalk'(blesbok en bosbok)-beide goeie ervarings.Die eienaar en sy gesin het my nog altyd net goed behandel.Omnia is egter reg-daar is ge-'edit'.Daar is van 7uur die oggend beeldmateriaal versamel tot 9uur die aand.Dit is toe geredigeer tot 8min insetsel.Daar het net 2 skote daardie dag op wild geklap(behalwe inskiet)-dit is die 2 wat in program gewys is.