Page 1 of 1
Springbok gesoek in Calvinia omgewing
Posted: Mon Jul 13, 2015 1:59 pm
by sPRINGHAAS
Middag!
Weet iemand dalk waar ek n springbok kan skiet in Calvinia omgewing? Ek het reeds 1300km gery om hier te kom so wil nie onnodig ver ry nie maar sal graag een wil skiet terwyl ek hier is as daar geleentheid is.
Re: Springbok gesoek in Calvinia omgewing
Posted: Mon Jul 13, 2015 2:11 pm
by cassie_calvinia
welkom!
het jy reg gekom met jakkals jag?
die week gaan jy effens koud kry!
jagplek is maar skaars. as deon jou nie kan verwys nie, weet ek nie
Re: Springbok gesoek in Calvinia omgewing
Posted: Mon Jul 13, 2015 5:44 pm
by sPRINGHAAS
Baie dankie! Ons het sover n warm winter daar bo so ek weet nie wat hier aan die gang is nie... Koue het ons met ope arms ontvang toe ons hier aflkim! Ek het met Deon gesels dankie! Hy het gese ons moet n aand gaan, maar ek weet nie of hy geweet het dis hoe die weer gaan maak nie. Kon hom nog net nie in die hande kry vandat ek hier is nie, maar lyk my sein is ook maar n luxury.
Re: Springbok gesoek in Calvinia omgewing
Posted: Mon Jul 13, 2015 6:08 pm
by cassie_calvinia
hy laai skaap op plase. bel hom na ure.
Re: Springbok gesoek in Calvinia omgewing
Posted: Mon Jul 13, 2015 6:08 pm
by cassie_calvinia
donderdag kom weer kouefront...dan gaan jul lekker bars!