Page 1 of 1
.475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 8:36 am
by tau
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:01 am
by NEGE3
Baie mooi rondte. Maak my kniee ook lam.
45117301.jpg
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:04 am
by tau
Dankie Oom Koos vir die kiekie. As jy hom langs 'n .470 NE hou is dit eers indrukwekkend. EK het geen nut vir so groot roer nie, net die mooi en eenkeer se Buffel jag(maar dit is mos hoekom ek die .375 gekoop het

)
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:06 am
by DWB
Het jy al 'n 404 rondte vasgehou?

Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:13 am
by Supacow
404 is bq mooi hoor!
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:15 am
by NEGE3
Daar het verlede week 'n Victor Sarasqueta .475 NE No.2 oor my pad gekom. Ek het ook die 404 Jeffery en natuurlik die 9.3x62 so dit maak dit moeilik om so roer te regverdig.

Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:20 am
by Hilux01
Mnre, Amen op daai 404 Jeff rondte, ek het so paar daar in die kas en dis sommer lekker om hulle net vas te hou
Oom Koos
Dink nie ons sal ook by regverdig uitkom nie so ek het daai geveg al opgegee
Ek motiveer dit alles onder - dis mooi, dit bly lekker en ek wil
Tweedens het ek ook al bietjie gaan somme maak vir wat ek destyds vir my wapens betaal het en wat hulle nou werd is en anders as n nuwe bakkie gaan die goed se waarde eindlik op - maar soos ek se, dis nie regtig die rede vir die koop nie
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:24 am
by NEGE3
Hilux01 wrote:Mnre, Amen op daai 404 Jeff rondte, ek het so paar daar in die kas en dis sommer lekker om hulle net vas te hou
Oom Koos
Dink nie ons sal ook by regverdig uitkom nie so ek het daai geveg al opgegee
Ek motiveer dit alles onder - dis mooi, dit bly lekker en ek wil
Tweedens het ek ook al bietjie gaan somme maak vir wat ek destyds vir my wapens betaal het en wat hulle nou werd is en anders as n nuwe bakkie gaan die goed se waarde eindlik op - maar soos ek se, dis nie regtig die rede vir die koop nie
Wens my vrou wil dit so insien.

Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:37 am
by tau
Nee manne die .404 lyk soos 'n Mercedes benz C klass teen 'n Aston Martin DB10 as jy hom teen die .475NE No.2 hou. Daar was van die .404 Jeff ook so die vergelyking was daar. Dit was soos die kleinboetie vand die .475NE No.2.
Onthou die N0.2 agter beteken nie hy is tweede nie, oo nee dit beteken hy is so extra stukkie langer en dukker as die standaard .475 NE.
The .475 No. 2 NE is a larger cartridge than the .475 NE. The No. 2 uses a larger bullet (.483 in. vs. .476 in.) and a longer case (3 1/2 in. vs. 3.30 in.) that has a bottleneck taper as opposed to the .475 NE’s straight wall design. Factory specs for the .475 No. 2 NE claim a gain of about 100 fps with a 480 grain bullet over the .475 NE, pushing that load over the magic 5,000 ft-lb. mark that many feel is the benchmark for a true dangerous game cartridge. I doubt an animal would be able to tell the difference
V6 VS straight 4 verstaan?
Hoor hoe klap die klippe op my dak vanaf die .404 bende
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:42 am
by NEGE3
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:45 am
by DWB
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:46 am
by Hilux01
Tau
Nee man daar mis jy nou ons storie
Daar is geen bedoeling om die 404 saam met die 475 te sit interme van prestasie en al die ander goete nie
Ons verduidelik en deel maar net dat ons reken die 404 Jeff is verseker ook nie te lelik as dit kom by die "mooi" van die rondte nie ;-)
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:47 am
by Hilux01
Pel van my bel my laas week hy wa saam n vriend by die Mans Woolies (S&O) om ammo vir sy 470NE te koop
Die man herlaai nog nie maar ek reken dis naby want sy pakkie Kynoch was n skamele R1800 of so iets vir 5 rondtes
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:50 am
by tau

DWB dankie vir die kompliment ek het geweet die banting het my laat krimp, maar kleinmannetjie sal vir my werk
Ja nee kyk ek weet sommer hierdie is 'n KAAAAAAAAARRRRRRRRRRKKKKKK plan t.o.v ammo as jy nou vergelyk met die .470NE of .404 ens wat mens duur kos, maar tenminste verkrygbaar is, maar na my 6.5x57 en 8x57JR is ek gewoond aan sukkel met doppe te kry vir wapens.
Hoe lyk julle manne se .404 ammo krisis ? Wen julle al?
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:53 am
by NEGE3
Dis deesdae makliker om vir die 404 te laai as om PMP komponente in die hande te kry vir 'n 303.

Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 9:54 am
by Hilux01
Tau
Op die stadium van die wedstryd is my krisis eerder by die SAPS vir goedkeuring
Deon het vir ons Norma dope gekry so ek sit met 40 nuwe doppe en so 20 ander mix batch
Die koeels is steeds n uitdaging maar ek is vir nou gelukkig om baie te oefen met Claw se 400gr
Ek het ook saam met die gun so kombo van amper 50 koeels gekry (Hornady Bertrums ens)
Ek weet die ander manne het al NF, Hornady en van die ander probeer
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 10:00 am
by DWB
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 10:38 am
by Lourens Potgieter
NEGE3 wrote:Daar het verlede week 'n Victor Sarasqueta .475 NE No.2 oor my pad gekom. Ek het ook die 404 Jeffery en natuurlik die 9.3x62 so dit maak dit moeilik om so roer te regverdig.

Oom Koos, sien dit as 'n belegging vir die nageslag. En bang maak medisyne vir ouens soos ek wat altyd wil saam skietbaan toe......

Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Jul 14, 2015 10:40 am
by NEGE3
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Aug 18, 2015 9:02 am
by tau
My hart is baie seer... die storie of gerug wat na die dubbel .475 NE no,2 gelei het is toe nie waar nie. Vrek snaaks eintlik toe ons tot by die plek kom waar die roer moet wees en die boks oopmaak......... raai wat is in die boks????????
.404 Jeffrey. Ek het natuurlik dadelik aan my gatskuurdery met die .404 manne gedink en besef dit is seker my verdiende loon.
So nou is ek soos 'n seuntjie met 'n Ferrari speelding (.475NE no.2 Patroon) maar ek het nog nie eens in 'n regte Ferrari gesit nie.
Lyk my ek gaan terug na die .470NE Krieghoff roete.
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Aug 18, 2015 9:12 am
by DWB
Tau, het ek nou deel van die storie gemis?
Sou jy na 'n 475No2 gaan kyk het of wat?
Vertel meer van die beskikbare 404 dan asb?
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Aug 18, 2015 2:24 pm
by tau
DWB wrote:Tau, het ek nou deel van die storie gemis?
Sou jy na 'n 475No2 gaan kyk het of wat?
Vertel meer van die beskikbare 404 dan asb?
Ek wou nie aan die begin se nie, maar die .475ne n0.2 patroon se vind het gelei na my wat toe so roer soek.Iemand wat ons gedink het so kaliber het het toe net 'n .600 en .404 en die is nie te koop nie.
Re: .475 NE No.2
Posted: Tue Aug 18, 2015 2:31 pm
by DWB
Eish, jammer om te hoor man!