Page 1 of 1

Opsoek na plek om met hond te oefen

Posted: Thu Jul 16, 2015 8:30 am
by Forester
Goeie more,

Is daar dalk iemand wat 'n plaas het iewers in die kaap of die weskus wat my sal toelaat om daar te oefen met my GSP? Ek vat hom baie strand toe en ons area het groot tuine waar hy sonder 'n halsband kan stap (hardloop), maar ek sukkel om 'n lekker plek te kry waar hy in die veld kan rond hardloop. Ek het al probeer om in oop stukke veld te stap in die stad maar daar is te veel vuilgoed wat rondlĂȘ. As daar dalk 'n dam is waarin hy kan swem sal dit 'n bonus wees (die see is heeltemal te koud by ons).

Groete

Wynand

wynand(dot)visser1 (@) gmail.com

Re: Opsoek na plek om met hond te oefen

Posted: Thu Jul 16, 2015 9:00 am
by ruaanb
Kontak Groot Phizantekraal op die Klipheuwel pad oppad Durbanville skietbaan. Dalk kan hulle help?

Re: Opsoek na plek om met hond te oefen

Posted: Thu Jul 16, 2015 5:39 pm
by Forester
Thanks Ruaan, ek sal probeer.

Re: Opsoek na plek om met hond te oefen

Posted: Tue Aug 25, 2015 6:28 pm
by Bees
Forester, mooi hond! Geniet hom

Re: Opsoek na plek om met hond te oefen

Posted: Wed Aug 26, 2015 10:38 am
by Plaaspad
Pragtige hond ja