Page 1 of 1
400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 9:18 am
by Rysmier
Ek loer gister op Accuratereloading wat gesels die manne, en ek sien hul praat van 'n 400 H&H. Gaan soek toe op die internet en kry die volgende prentjie.
Ek besef die 400 H&H is 0.411" in deursnee en die 404 Jeffery is 0.423", maar dit lyk of die man net 'n 375 H&H dop gevat het, en 'n 404 nek "opgesit" het en toe "het ons 'n nuwe kaliber ontwerp".
Jul opinies?
Mooi dag,
CCC
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 9:25 am
by Geno
Is dit nie wat Gert Odendaal hier probeer het nie?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=138&t=21923

Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 9:35 am
by DWB
Die 400H&H is nie baie bekend nie, maar blykbaar ñ bulletjie van ñ kaliber.
Pierre vd Walt bespreek hom in sy boek.
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 9:53 am
by Rysmier
Hahaha Geno, Ek is seker jy "swot" die "topics" op! Toe ek nou op die "link" kyk, onthou ek ek het dit gelees, maar weer vergeet.
Dewald, ek verstaan ook so. Maar dan dink ek daar is manne wat kla oor voer problem van "belted magnums" (nie dat ek dit al ervaar het nie), en almal praat dat die 404 een van die beste voerders is. Nou wonder ek hoekom torring aan iets wat werk?
Die manne op AR het gewere in 400 H&H laat bou, dan dink ek hul kon netsowel 404 gebou het.
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 10:05 am
by DWB
Ja jong,
Ek glo hy boots wel die 450/400 beter na as die 404, hy gaan 'n effens beter SD koeel hê.
Ek onthou wel hy het van een of ander belaglike bedrag vir so geweer gepraat.
Partykeer wil mens mos maar net anders wees.
My 404 werk vir my, en met sy nuwe reseppie van 450gr teen 2200fps is hy geen speelding nie!
En hy voer waaragtig soos 'n warm mes deur botter!
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 10:24 am
by Pappabeer
Verskil is Gjeert het dit met sy mini bankskroefie gedoen wat hy gebou het, en saam met sy .375 is hy nog nie klaar nie...
Op n ernstige noot.
Dis n redelike ou Holland kaliber. n Hele paar jaar terug, in hulle soeke na die "ideale allrounder" vir Afrika het Kevin Robertson die kaliber redelik in diepte bespreek. Hy en iemand anders, (dalk North Fork?) het toe n .400 wildcat van soorte ontwerp.
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 2:03 pm
by vossie1
Ek sal nie omgee vir die kaliber nie,dan kan ek dit saam die 375 en 300 H&H sit,dit sal nogal n lekker kombinasie wees. PS wat het gebeer met Gert Odendaal? bou die man nog aan sy roere
400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 2:13 pm
by Dries101
DWB wrote:Ja jong,
Ek glo hy boots wel die 450/400 beter na as die 404, hy gaan 'n effens beter SD koeel hê.
Ek onthou wel hy het van een of ander belaglike bedrag vir so geweer gepraat.
Partykeer wil mens mos maar net anders wees.
My 404 werk vir my, en met sy nuwe reseppie van 450gr teen 2200fps is hy geen speelding nie!
En hy voer waaragtig soos 'n warm mes deur botter!
Ek glo die korrekte term wat jy misgevat het is" met 450gr teen 2200 squat piepie hy op die 400 H&h"
Re: 400 H&H
Posted: Thu Jul 16, 2015 2:16 pm
by DWB
Hahaha Andries, 'n man moet nederig wees!
Ek moet weer die stuk in Pierre se boek gaan lees, maar van wat ek onthou het die ding heel sin gemaak.
Maar ek wonder of hy nie maar basies in dieselfde klas as die 416 Rem val nie?
Re: 400 H&H
Posted: Fri Jul 17, 2015 7:46 am
by Rysmier
Deon, ek stem nogal saam met jou.
Volgens Wikipedia (m.a.w. nie 'n goed nagevorsde mening, het net 1 bron geraadpleeg):
416 Remington 400gr 2450fps 5,328ft.lbs 62,000psi maks
400 H&H 400gr 2,375fps 5,009ft.lbs 63,817psi maks
416 Rigby 400gr 2,515fps 5,619ft.lbs 47,100 psi maks (debateerbaar met die moderne aksies volgens my).
Ek loop nou al die hele dag (gister) en wonder, as die 5,000ft.lbs vir 'n 400gr 0.411" -0.416" deursnee koeël die ideale grootwild kaliber is, dan het Rigby dit mos al 104 jaar terug al reggekry. En weereens sonder 'n belt (en nee ek het geen probleem met die belt, ek sien net die ander op grootwild forums kla soms oor die belt) en teen laer druk.
Vir die mense wat wonder oor die 400 H&H, hier is interessante leesstof:
http://ezine.nitroexpress.info/NickuduF ... 400H&H.pdf
Ek weet nie, dit voel net die manne moes meer gewere verkoop, en herontwerp toe weer die wiel.
Mooi dag,
CCC
Re: 400 H&H
Posted: Fri Jul 17, 2015 7:48 am
by DWB
Ja jong, daai spoed gelys is vir moderne aksies en kruite.
In the end.... They all just wanna be like a 404

400 H&H
Posted: Fri Jul 17, 2015 8:03 am
by Dries101
Die groot probleem is energie is maar een faktor by grootwild kalibers. Dis die kombinasie van n ding met energie, wat n groot gat maak en diep pentreer en dan sommer ook maklik kan voer wat die verskil tussen n goeie en great kaliber maak. En dan moet die recoil hanteerbaar wees by gese anders het almal n .50 browing in n mooi klasieke wapen gebou en die hehe gesprek net daar gelos.
Re: 400 H&H
Posted: Mon Jun 20, 2016 3:46 pm
by Ralph Badenhorst
Kinderlik opgewonde
Na 9 maande se wag en n verlore pakkie is my laaste kaliber se reamer hier. Die Trio Holland & Holland DSB gewere kan nou mooi spoed kry. As die planne mooi uitwerk sal die .300H&H en .400H&h op n Takedown gebou word.
Groete
Ralph