Accustock van Savage?

Post Reply
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Accustock van Savage?

Post by henning »

Ek het n Accustock op my Savage geweer wat veronderstel is om n baie goeie alternatief te wees vir die normaale bedding op n geweer.
Nadat ek Piet Breedt se post gelees het, het ek terug gegaan na my geweer en gekyk na sy bedding.
Ek het gesien dat presies soos Piet gese het, het die aluminium bedding blok skaaf merke op die aksie gelos, wat beteken dat daar beweging tussen die aksie en die bedding blok is.
Toe was dit vir my duidelik dat ek nog steeds die aksie moet bed en kan nie net vertrou op die wig tiepe aluminium bedding blok.

Ek het toe Devcon F gaan koop en my aksie gebed.

Nou die rede hoekom ek dit met julle deel is dat ek het n merkbaare verskil gekry in my geweer se akkuraatheid na ek die bedding gedoen het.
Vir my is die les dat die aluminium bedding blok nie n 100% oplossing is nie maar eerder n vinnige en goedkoop manier van die vervaardiger om hul geweere te bed.

Ek hoop hierdie informasie kan een van julle ook help.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Accustock van Savage?

Post by Ben »

Interesant, dankie v die deel. Het jy net die receiver gedeelte gedoen?
"Failure is NOT an Option"
Post Reply