Page 1 of 4
Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 8:29 am
by Geno
Manne,
Ek het die afgelope naweek die skaal begin gebruik, en is tot dusver baie beindruk met sy akkuraatheid en funksies.
So lyk hy:
http://www.scalerite.co.za/images/enlarged/NHB-150.jpg
Hy weeg in grein tot 2 desimale, wat vir my meer as goed genoeg is.
Sy ingeboude waterpas en uitskroef pote, maak dit bitter maklik om die skaal gelyk op te stel.
Skrikwekkend om te sien hoe krom 'n man se herlaai tafel eintlik is.
Die skaal weeg bitter bitter akkuraat, en is 'n plesier om mee te werk.
Gemeet teen my Hornady Autocharge, is hy baie meer akkuraat.
Hy is hou vir hou net so akkuraat soos die RCBS 10-10 balkie skaal wat ons ook gebruik.
'n Baie oulike funksie, is die persentasie van 'n standaard.
Die "Bullet diggers" sal dit geniet.
Ek het 'n 60gr koeel op die pan gesit, en % gedruk.
Hy display toe 100%
Daarna het ek 2 koeƫls gevat wat ek uit 'n sandsak gegrou het, en op die skaal gesit.
Hy het die volgende gewys:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Screenshot_2015-08-03-08-20-12.png
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Screenshot_2015-08-03-08-20-06.png
Ek sal verder post soos ek meer vertroud raak met die skaal.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 10:41 am
by jnortje
Ek dink ek gaan maar ook 1 koop.
Dankie vir die "review"
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 10:58 am
by joe rocket
More Geno dankie vir die review, wat prys die skaal?
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 11:07 am
by Geno
Sy retailprys is R3060.00 excl. Vat.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 11:09 am
by joe rocket
Geno wrote:Sy retailprys is R3060.00 excl. Vat.
Baie dankie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 11:17 am
by RUPERT
Joe gaan loer onder handelaars.Ek het vir julle (Jaracal) n special
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 11:34 am
by Chevvy SS
Baie goeie prys.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 12:44 pm
by JTM
Het die skaal 'n data poort (rs232 of USB)?
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 12:49 pm
by Geno
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 1:15 pm
by JTM
Kwaai. Ek het al 'n projek gedoen om 'n balkskaal te maak selflaai, met 'n datapoort op die outjie glo ek dit sal redelik eenvoudig wees om dan jou eie auto trickler/dispenser te prakseer. Sal moet kyk om so paar los pennies bymekaar te skraap en so skaal aankoop.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 03, 2015 3:37 pm
by RUPERT
JTM wrote:Het die skaal 'n data poort (rs232 of USB)?
Hi JTM
Die skaal kom standaard met n RS 232 poort.
Dankie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 17, 2015 10:51 am
by jnortje
Dankie vir die goeie diens Rupert. Ek het nou al n paar keer herlaai met die skaal en hy is n plesier om mee te werk. My vriend wat F klas skiet het ook so bietjie gespeel met die skaal en hy gaan ook nou een koop. Ek kan die skaal regtig aanbeveel.
Groete
Johan
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 17, 2015 11:41 am
by RUPERT
Jnortje
Baie Dankie. Geniet hom
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 17, 2015 3:59 pm
by Kolhasie
Waar kan mens so oukie bestel? Sal graag een wil aanskaf.
Groete KH
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Aug 17, 2015 4:13 pm
by RUPERT
Hi Kolhasie
Stuur vir my n mail met al jou besonderhede en ek sal dat een van my dames vir jou n kwotasie met aflewering reel.
Rupert@scalerite.co.za
Dankie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Aug 21, 2015 4:05 pm
by MrFive
Hi,
I have also bought myself a NHB150 from Rupert and I am also very happy with my purchase. I must still learn all the extra functions but have now used it to load a few rounds and I hope that the added decimal point will reduce my ES.
I must say that the scale is larger than I thought it would be (which is not a bad thing at all) and it is very easy to operate
Regards,
Andre
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Feb 26, 2016 4:28 pm
by Sangoma (IAN)
Ek het ook een gekoop so rukkie terug.
Werk baie lekker, puik produk en baie goeie diens van Rupert
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Sat Feb 27, 2016 6:08 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek soek ook een asb!
Louis
Vlakvarksoldaat@gmail.com of 0823792522
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Mon Feb 29, 2016 9:17 am
by RUPERT
Hi Vlakvarksoldaat
Ons het vir jou n kwotasie gestuur.
Dankie
Rupert
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Mar 01, 2016 10:44 am
by Vlakvark Soldaat
Doodreg dankie, my selfoon het gekalf, so ek kry nie tans emails nie...
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 17, 2016 6:25 am
by 6.5/284Norma
RUPERT wrote:Joe gaan loer onder handelaars.Ek het vir julle (Jaracal) n special
Hallo Rupert,
gee asb vir my 'n prys op die NHB150.
Groete
Johan
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 17, 2016 7:08 am
by Geno
Amper 'n Jaar later, en die skaal werk steeds foutloos en presies. Awesome produk!
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 17, 2016 7:32 am
by RUPERT
Dankie Geno! Soos al genome ek laai al self op een van hulle al vir meer as 3 Jaar sonder problem.
Johan ek het vir jou n PM gestuur
Dankie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 17, 2016 7:39 am
by Sakkie Rust
More Rupert
Kan jy asb vir my ook n kwotasie aanstuur ?
Sakkie@beveratech.co.za
Groete
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 17, 2016 8:29 am
by RUPERT
Dankie Sakkie, Stuur nou vir jou