Page 1 of 1

MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Mon Aug 03, 2015 2:21 pm
by Finfan
Ek sien die V3 is heelwat duurder as die Sporter. Sal graag van iemand wil hoor wat reeds al die huiswerk gedoen het.... is die V3 soveel meer advanced dat dit die moeite werd is, of is die Sporter voldoende (ewe akkuraat, maar nou net nie so rugged etc nie)? Ek wil nou nie koop en dan besef ek die ander opsie sou die beter keuse gewees het nie.

Dankie byvoorbaat

Re: MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Mon Aug 03, 2015 2:49 pm
by ruaanb
Ek het die Sporter en Alec het ook. Die een ding wat hulle uitwys met die Sporter is dat hy nie werk saam met knaldempers nie.
Beide ek en Alec het 'n kans gevat en net die sensitivity gestel op sy hoogste en daar werk dit. Die Sporter se kabeltjie is ook vas aan die bajonet. As enige iets met daai twee dele gebeur vervang jy alles. Die V3 het natuurlik baie meer funksies.etc. maar vir my doeleindes was die Sporter genoeg gewees.

Re: MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Mon Aug 03, 2015 2:50 pm
by alecjohnson
Die V3 kry net meer goetters by gaan kyk op hul webblad. Die Sporter is net vir gewere bedoel, V3 kan haelgeweer ook meet.
Die v3 het ook 'n baie nicer tassie waarin dit kom.


http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... gnetospeed

Re: MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Mon Aug 03, 2015 2:57 pm
by Finfan
Dankie vir julle terugvoer, dit antw nogal die vrae waarna ek soek. Ek wil ook maar net die spoed hĂȘ wat herhaaldelik akkuraat is op my gewere, ook nie gepla oor ander funksies wat n "nice to have" is, maar my nie gaan baat nie. Thanks

Re: MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Tue Aug 25, 2015 1:12 pm
by ruaanb
Ek het laas naweek weer die Sporter gebruik sonder enige issues.

Re: MagnetoSpeed Sporter vs MagnetoSpeed V3

Posted: Tue Aug 25, 2015 1:27 pm
by Finfan
Dis verseker my volgende speelding wat ek gaan aanskaf.