Page 1 of 1

223

Posted: Mon Aug 03, 2015 9:28 pm
by pieter du plessis
Enige herlaai data op 40 of 55 gr vmax koeels ?? Alle hulp sal waardeer word..
Het nou n nuwe geeeertjie gekoop en wil net so n idee van die besigheid vorm...

Re: 223

Posted: Mon Aug 03, 2015 9:38 pm
by Smit@50
Skiet Howa met 20" dik loop met 55gr vmax en S321 25.8 gr en tpl van 56.8 . Teen n spoed van 3240 ft/s

Re: 223

Posted: Mon Aug 03, 2015 9:42 pm
by tripodmvr
Die hoogste node van die meeste 223's is so tussen 3220 na 3280vps vir lope vanaf 20 na 24 duim. Druk wissel natuurlik om die' spoed te kry.

Re: 223

Posted: Tue Aug 04, 2015 8:19 am
by pieter du plessis
Watter gr koeels gaan die beste wees vir wildemakoue en watter afstande kan ons raak met so n meneertjie

Re: 223

Posted: Tue Aug 04, 2015 8:23 am
by tripodmvr
Ek moes bygesit het dat ek van 55gr koeëls gepraat het.

As jy gaan lees wat die Amerikaners met die 223 doen dan begin hul oemf opraak by 500m en dit met hul skiet van hul pesdiere wat relatief klein is. 'n Wildemakou is 'n groot voël en ek sou dink die 243 sal hier die beter antwoord wees as afstande na 500m se kant begin staan. Ek sou met die 223 my skote tussen 300-400 beperk vir die groter teikens.

Re: 223

Posted: Tue Aug 04, 2015 12:35 pm
by Hein M.
Ek weet dat die ligter koeëls begin op 'n sekere stadium onstabiel raak - en selfs tuimel, afhangende van die loop se groefdraai. Ek weet nie of 500m en verder skote akkuraat geplaas kan word nie?

Re: 223

Posted: Tue Aug 04, 2015 8:26 pm
by BRNO (Pierre)
Ek skiet 40gr VMaxe teen 3680fps uit my Brno se 24" loop. Hy tref n gong nog stewig op 300m. Weet nie hoe ver energie gaan hou nie, maar reken tog hy sal n makou seermaak oor daai afstand.

27.7gr S321

Re: 223

Posted: Tue Aug 04, 2015 9:30 pm
by pieter du plessis
Dankie manne.. Waardeer

Re: 223

Posted: Wed Aug 05, 2015 8:10 am
by pieter du plessis
Sal hom gaan toets as ek hom kry..
Wag nog vir lisensies

Re: 223

Posted: Thu Aug 06, 2015 2:39 pm
by LOOD VIR VLEKKIE
Dag se ek skiet 223 Marlin dikloop 26'' 55g vmax punt met lading 24g 335 kruit en kol skoot op 200m- 250m.

Re: 223

Posted: Thu Aug 06, 2015 7:34 pm
by tripodmvr
Die spoed en akkuraatheid is nie die probleem nie - die vraag is oor die doodmaakvermoë van die koeël op die lang afstande.

Lood, gaan kyk by die' post - http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126

Stel jou voor en vertel ons meer van jou roere en belangstellings.