Page 1 of 1
Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:37 pm
by RugerBoy
Ek het vanoggend die .450/400 baan toe gevat. Nog n nuwe roer en die tweede keer wat ek met hom gaan skiet.
Die lading ontwikeling was heel maklik en was verbaas toe ek die 400gr Claws teen 2350 f/s skiet. Met bietjie minder S365 skiet ek n gemidelde spoed van 2137 f/s wat heel aanvaarbaar is.
Ek het nog nooit die Ruger fabriek versiere verstaan nie en sal seker ook nie. Skiet altyd laag met hulle. Al stel ek die versier hoe. Op 10m uit die vuis, skiet en keer na keer n mooi 3 skoot groepering 2 duim laag.
Nog bietjie baan werk en oefen dan sal ek seker reg kom.
Het sommer n paar fotos van die Ruger geneem.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:39 pm
by RugerBoy
Nog n paar:
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:40 pm
by RugerBoy
Nog 2
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:40 pm
by DWB
Bitter mooi roer.
Bly hy laag skiet ongeag die spoed?
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:55 pm
by RugerBoy
Deon, ek sal maar weer baan toe moet gaan en gaan kyk. Die eerste keer wat ek gaan skiet het was met die Chrony om die spoed te meet en dit was net n paar skote. Ek het toe ook links en laag geskiet, maar dink nie so baie nie. Ek het die spoed laat sak om binne Woodleigh se RIV van 1800 - 2200 fps te bly. Moet se die die Recoil is ook heelwat minder!!!
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 5:01 pm
by DWB
Jy het basies 2 opsies, een om hom te reguleer volgens spoed, of om aan jou visiere te laat werk.
Dis wat ek sou dink?
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 5:20 pm
by tripodmvr
My 30-06 se oop visiere het baie swak gewerk. Ek dink ook laag met 4 duim. Met teleskoop kry hy maklik 1 duim op 100m.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 5:30 pm
by RugerBoy
Die plan is om n teleskoop op te sit. Maar ek sal ook n ander visier agter op te sit. Daai folding sight met die skroefies is iets wat jy op n Daisy sit. Het jare terug hulle op n .458 M77 gehaat en ook gesukel. Miskien werk dit vir ander, maar nie vir my nie.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Wed Aug 19, 2015 7:40 pm
by tripodmvr
Ek dink 'n mooi gaatjiesvisier sal die praktiese oplossing wees vir jou groot roer. Amper so goed soos teleskoop synde jy slegs die korrel op die teiken moet sit - werk vir die oë wat ouer word. 'n Lekker groot gat (4-5mm) om deur te kyk en dit help vir vinnig op teiken kom.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Thu Aug 20, 2015 9:38 am
by tau
Baie mooi roer geluk.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Thu Aug 20, 2015 12:17 pm
by Pappabeer
RugerBoy,
dalk n dom vraag, maar hoe mik jy? Met n 6 O'Clock hold op die hele sirkel sit daai skote reg. Indien jy 6 O'Clock hold op die klein bull skiet jy laag, en moet jy dus jou bead minder fyn, oftewel hoër bo jou agterste visier hou.
Jy kan die U- notch blade van die ou M77s maklik met die V van ek dink die Alaskan vervang.
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Thu Aug 20, 2015 2:01 pm
by RugerBoy
Pappabeer
Ek hoor wat jy se. Ek dink dat miskien wel iets te doen het hoe ek aanle. En ek sal weer baan toe gaan en gaan kyk en meer presies probeer wees. Ek moet ook se ek sukkel met daai agterste plaatjie. En miskien raak my oe te swak met daai tipe visier. Ek sal wel probeer oom een van daai V visier van die Alaskan te kry of soos Tripod noem n gaatjievisier
Ek het wel ook n paar skote met die .458 Brno geskiet en hulle is spot on. As ek die benaming reg het gebruik ek die point of aim metode.
Groete
Re: Ruger No 1. 450/400 NE 3"
Posted: Sun Jun 08, 2025 1:10 pm
by Piet375
Kontak my as jy ooit daai geweer wil verkoop asb.