Page 1 of 1
9 Lammers later
Posted: Thu Aug 20, 2015 7:41 pm
by Philip Crous
Die 13kg mannetjie Rooikat gister gevang na 5 weke se gespook!
Re: 9 Lammers later
Posted: Thu Aug 20, 2015 8:17 pm
by Pvdw
Jammer oor die lammer maar uiteindelik lê hy!!
Re: 9 Lammers later
Posted: Thu Aug 20, 2015 8:25 pm
by 222 Sako
Phillip met wat het jy hom gevang? En hoe? Hok, yster, honde......
Bly v jou part. Hy kan vir jou lank besig hou met baie skade.
Re: 9 Lammers later
Posted: Thu Aug 20, 2015 9:01 pm
by Philip Crous
Ons het ysters gestel by vars lammers wat gevang was, ons sleep die lam onder n bos in en maak n kraal met droe bosse en takke. Die yster stel ons dan in die bek van die ingang. Dit het nie gewerk nie, het nooitterug gekom aas toe nie, net elke keer n vars een gevang. Ons het n proefdraad wat deur die middel van die kamp loop met killer traps. Ons het die skaap toe ander kant die proef gesit. N week later toe kry ons die kat in die trap. Die trap het hom aan die agtervoet gevang so hy was baie haastig deur die trap.
Re: 9 Lammers later
Posted: Fri Aug 21, 2015 8:55 am
by 222 Sako
Is die vangste toegekrap of nie?
Re: 9 Lammers later
Posted: Fri Aug 21, 2015 11:55 am
by Philip Crous
Nee, hulle was nie, ons het maar n kans gevat by elke aas wat ons wel kon opspoor. Vanjaar is n ander jaar by ons, gewoontlik krap die kat hom toe, dan weet jy hy behoort terug te kom. Maar ons het vanjaar nog nie sukses gehad so nie. Het jy dalk ander raad?
Re: 9 Lammers later
Posted: Fri Aug 21, 2015 12:08 pm
by Marc
Dis skade man ! Goed jy het hom aangekeer gekry
Re: 9 Lammers later
Posted: Fri Aug 21, 2015 12:14 pm
by 222 Sako
Nee as hulle so maak weet ek nie, maar lyk of jou planne werk. Daai soort kry ek ook nie maklik ingeroep nie. Baie ry en lig en baie min slaap het my al gehelp met hulle.
Dis seker al klaar stiller na daai 1.
Re: 9 Lammers later
Posted: Fri Aug 21, 2015 5:49 pm
by Philip Crous
Ja, dit het dankie. Ongelukkig is dit partykeer so dat jy 2 of 3 plekke het wat die goed gevang word en jy weet nie waar moet jy vat of los nie. maar ek is darem vir eers ontslae van een hindernis.
Re: 9 Lammers later
Posted: Mon Aug 31, 2015 4:44 pm
by Pieter
Geluk Philip, goed gedoen, so 'n kat kan groot skade aanrig, ek sit met 'n klieënt, waar die rooikat hom looi, ons kry hom net nie in die hande nie, hy sleep die karkasse onder 'n bos in, ons is van vroegaand tot vroegoggend in die rondte, ons ry en lig die kamp deur, maar net mooi niks, maar hy bly vang, ek's al raadop ! dis nie pret om aand vir aand op dieselfde plek na 'n rooikat te soek nie, hokke en ysters werk ook nie.
Groetnis