Page 1 of 1

Icotec GC 350 of Foxpro Wildfire?

Posted: Sat Aug 29, 2015 9:43 am
by Henrie_270
My foxpro spitfire se remote het weer opgepak. Nou moet ek n nuwe roeper koop.

Watter een van die 2 roeper sal julle dink is die beste. Selfde prysklas.

Mooiiloop

Re: Icotec GC 350 of Foxpro Wildfire?

Posted: Thu Sep 01, 2016 1:10 am
by Tertius Steyn
Jis Henrie, het jy al na primos se roepertjies gekyk? My een pel in Amerika bring nou vir my n Primos Alpha dogg uit Amerika uit, hy gaan my so R2600 kos, anderste as ek moes kies sou ek die Foxpro vat of die groter model van die ecotec, dink dis die GC550 of so, hyt net n beter remote wat jy kan sien watse roepe jy speel

Re: Icotec GC 350 of Foxpro Wildfire?

Posted: Tue Sep 13, 2016 7:18 pm
by Henrie_270
Hallo Tertius

Ek het omtrent al die roepers oorweeg onder in daardie 2 se prysklas. Het op die ou end maar vir die wildfire gegaan omrede ek reeds vertroud met Foxpro se produkte is. Het ook nog net goeie diens van Foxpro gehad.

Die Wildfire het seker nou al so 100 jakke gedood en loop nog mooi. Mute knoppie gee soms probleme maar het nie verder probleme nie. Het nou die aand die kans gehad om n Inferno te toets en hy is definitief die volgende roeper wat ek sal besit.

Geniet daai roeper en hoop hy laat jou nog baie jakke rol!

Mooiloop