Vortex BDC reticule
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:08 pm
Manne, ek wag vir my 300WSM lisensie, en intussen kyk ek rond vir n teleskoop. Ek het Vortex op my ander 3 gewere so ek sal seker maar by Vortex bly. Ek wil by die local club aansluit wat F klas en Ftr skiet.Dit sal help om Sport Status te behou en dan leer ek sommer ook meer van toestande lees vir ver teiken skiet. As die sport my regtig intereseer sal ek later werk aan n geweer net vir die sport as finansies dit toelaat. So ek wil jag met die Nosler 300wsm en nou en dan saam met my vriend gaan skiet met klub oefeninge. Ek het n Vortex Viper 4-16 by 50 met BDC op my 223 en die BDC werk verbasend goed. Ek het die gong al laat lui op 500m as ek mik waar die kruishaar begin dik word onder die 400m hash merkie. Dink julle dieselfde teleskoop met BDC sal goed werk op die 300 as ek 900m wil teiken skiet. Sal die Scope se "OP" verstelling my kan kry tot op 900m of selfs verder en dan weer akkuraat kan zero. Ek gaan seker 190gr Nosler Custom Competitons skiet vir die oefeninge, sal maar kyk wat beskikbaar is wanneer lisensie deurkom en ek kan begin laai. Ek glo nie ek gaan meer as R10 000 he vir scope en basisse nie so n Vortex PST of Nightforce SHV is bietjie buite my begroting. Of moet ek eerder kyk na VORTEX se MOA reticule opsies? Ek sal julle manne met ondervinding se raad waardeer