Page 1 of 1

Klipvoor Dam

Posted: Sat Sep 05, 2015 6:24 pm
by willemakou
Naand almal,

Makliker om op die forum antwoorde te kry as op google, websites en telefoon oproepe!

Manne wat al daar was help asb met die volgende.

Hoe groot is klipvoor se oewer?

Trap die mense jou dood oor vakansies soos by harties en roodekoppies?

Enige koelte bome op die oewer?

Word roeibote toegelaat?

Ablusie geriewe?

Re: Klipvoor Dam

Posted: Sat Sep 05, 2015 7:45 pm
by tripodmvr
Google Earth wys paaie naby die damwal en grotendeels net aan die weste en suidelike oewer. Lyk ook soos 'n karavaanpark met heelwat staanplek.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Sun Sep 06, 2015 10:32 am
by spekieries
Klipvoor se noordelike oewer waar die karavaanpark is is redelik lank. Ek het lank laas daar gehengel maar daar was altyd redelik plek. Die habitat is tipies Wes-Transvaal Bosveld met Soetdoringbome en Karee as ek reg kan onthou. As die dam baie vol is is die bome redelik naby aan die water maar in droogte tyd as die dam leeg is is die bome 'n redelike ent van die water af.

Gazebo waar jy hengel is 'n slim plan.

Die laaste keer wat ons daar gehengel het was die water baie vol groen slyk. Dit is seker maar vanweë die verryking deur nitrate stroom op wat die groei van die alge aanhelp.

Alhoewel die dam binne Barakolo natuurr reservaat is het diefstal ook daar begin posvat. Van die mense van Winterveld het deur gekom en veral goed soos gasbottels visstokke ens. gesteel.

Hulle het daar ook 'n probleem met "poachers" wat kiefnette span.

Manne soos "Deeg" wat gereelde hengelaars is kan miskien meer resente inligting verskaf.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Sun Sep 06, 2015 1:02 pm
by Pvdw
Spiekeries so opsomming is mooi in die kol.

Dis 'n pragtige dam en reservaat maar die krimenele element het gemaak dat ek nie eers meer as dagbesoeker daarheen gaan nie. Dit was een van my top voëlkyk plekke gewees. Die blusie by die dagbesoekers is erg deur bob en sy kleiner blou famielie beskadig maar vir maande nooit herstel nie.

Ek praat nou egter van ten minste 4-5 jaar gelede. Ek was nie weer daarna daar gewees nie.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Mon Sep 07, 2015 9:46 am
by Lourens Potgieter
Ons hengel die laaste paar jaar omtrent glad nie daar nie. Behalwe vir die dinge wat wegraak, is dit seker een van die duurste plekke om te besoek vir visvang waarvan ek weet. Seker omdat dit in reservaat is, daar is krokke en seekoeie so ek sou nie met kanoe daar speel nie.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Mon Sep 07, 2015 10:51 am
by Ratel
Pasop ook maar vir die suid westelike oewer waar die dag besoekers geriewe is. Laas toe ons daar was het daar 4 busse vol broeders opgedaag en het baie sommer langs die toilette teen die mure gestaan en fluit ten aanskoue van almal. Dan nog die erge geraas. Die dam lyk vir my ook baie besoedel.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Mon Sep 07, 2015 7:18 pm
by willemakou
Blinde Blacksam!!! Die behoefte om te gaan vis het nou amper in geheel verdwyn! Bang is ek nie maar het nie lus vir 'n klomp slawe wat makietie kom hou nie! Probeer juis wegkom om die moermeter te laat sak! Dankie baie!!!!!

Re: Klipvoor Dam

Posted: Mon Sep 07, 2015 7:29 pm
by Pvdw
As jy by 'n mooi dam wil vis gaan hengel Sterkfontein.

Re: Klipvoor Dam

Posted: Wed Sep 09, 2015 11:12 am
by Ratel
willemakou wrote:Blinde Blacksam!!! Die behoefte om te gaan vis het nou amper in geheel verdwyn! Bang is ek nie maar het nie lus vir 'n klomp slawe wat makietie kom hou nie! Probeer juis wegkom om die moermeter te laat sak! Dankie baie!!!!!
'n Dam wat redelik veilig en stil is en ook nader aan jou is Rietspruit dam by Venterdorp. Dan ook 'n dam met oupa karpe en baars is Buffelspoort hier naby ons. Beide se water is baie skoon veral Buffelspoort.