Page 1 of 1

6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 7:47 pm
by Topcat
Naand manne.Bietjie lanklaas van my laat hoor.
Ek wil graag weet wat die beste primer is vir 6mm musgrave.cci200 en BR2,Is dit maar dieselfde?
Ek weet Piet en Raven het lank terug hieroor gesels.Geld dieselfde vir 6mm?
Dankie manne, lekke aand!

Re: 6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 8:00 pm
by Jagtersdok
Daai is suid afrikaanse kaliber. Met PMP komponente ontwikkel
Gee hom PMP primers

Re: 6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 8:07 pm
by Monrique (SJ)
@TC

Watter kruit gaan jy gebruik?  S365?

@Jagtersdok

Ditto

Groetnis

Re: 6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 10:38 pm
by Topcat
ja SJ ek gebruik S365.Ek kan bietjie soek na pmp primers.Seker ook net so duur soos pmp doppe!Is cci dan so verkeerd?
Ek sien sonchem beveel hp primer aan.Iets wat ek hier sal vind ???
Baie dankie ook vir jul terugvoer dok,SJ.Ek luister.

Re: 6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 10:59 pm
by Jagtersdok
Topcat

Gee vir my die specs van dit wat jy wil skiet.
Die koeel
Hoe diep jy wil seat.
Watse spoed jy hoop om te behaal
Hoe lank jou loop is
en laat ek wat se kombinasie kan ons vir jou kry wat nie swaar op die aksie sal wees nie maar sal werk.

Niks fout met CCI 200 nie, het net al gesien hulle fit nie so lekker snuggly agter in daai 303  PMP doppe se gat nie

Re: 6mm musgrave

Posted: Thu May 26, 2011 11:54 pm
by Topcat
Hiers hy dok.
6mm musgrave P14
24"loop met 1/10" twist
My voorkeur is 95 gr B-tech met COL van 73.5mm.
Spoed sal jy maar moet se, maar ek is nie hardop om my loop te brand nie.
Skiet meestal papier en Jakkies.
Tot op hede laai ek 37.5gr S365 met BR2 primer.Ek was nog REDELIK tevrede.
Dankie vir die hulp en moeite.Kan nie wag nie.
Topcat

Re: 6mm musgrave

Posted: Fri May 27, 2011 9:06 am
by blaser
ek hou niks van pmp primers nie hulle is te hard en is oorspronklik vir millitere gebruik ontwikkel cci volgens my is baie beter

Re: 6mm musgrave

Posted: Fri May 27, 2011 9:36 am
by Jagtersdok
Tc

Ek het jou my nr gepm gee my lui later deur die dag, dan gee ek jou 'n plan.
Bietjie meer dop kapasiteit, ons kan kyk na bietjie meer spoed sonder om daai keel te brand

Re: 6mm musgrave

Posted: Fri May 27, 2011 11:10 am
by 243Songdaug
TC

hier is my lading vir 'n 6mm wat op 'n BSA(Enfield) aksie gebou is.

Dop:  PMP
Ontsteker:  CCi200
Aandryfmiddel:  S361
Lading: 44gr
Projektiel:  80gr PMP
Spoed: ?3100vps

Primers lyk nog mooi - en ek het 'n 11vps sread op met spoed gekry(3098, 3105, 3109)

Ek het gesien dat ek eers druktekens op 44.5grein(S361) begin kry - en dan is die speard so net oor die 100fps.

Net vir die interesantheid - op die gekoopte ammo kry ek ook 'n spread van oor die 100fps.

Groete.
Songdaug 

Re: 6mm musgrave

Posted: Fri May 27, 2011 11:34 am
by Jagtersdok
Ag kom ek sit dit hier.

Die PMP doppe vir die 6mm Musgrave se interne volume/kapasiteit is maar baie min.

Nou hier loop hy.
Vat Remington 303 Brit doppe
Anneal voor jy enige iets doen
Sit dit deur 7x 57 die maar net dat die nek se 1ste 3de af genek word.
Nou druk jy dit deur die 6mm Musgrave fullsize matrys, maar jy fullsize nie heeltemal nie, jy stel die matrys stadig bietjie vir bietjie in en toets in die geweer tot wanneer daai dop snuggly fit in daai kamer en die skouer voor vas druk( Onthou die 303 brit en 6mm Musg headspace mos eintlik teen die rim, nou bring jy die skouer ook mooi in spel, dit sort alle headspace pyne uit wat moontlik kon voorkom.)

Jy het omtrent so 4-6gr meer dop kapasiteit vir S365 nou.
Om dit mooi te vorm kan jy nou mild load vat of enige van die ander fireforming metodes dat die doppe mooi shape. Glo my jy het nou 'n baie beter 6mmMusgrave dop.
Jy kan nou laai en omdat jy P14 aksie het met gevuurvormde dop kan jy bietjie ho?r gaan as die std 49000PSI ek sou s? veilig tot 55 000PSI maar net met die P14 en die metode soos ek ges? het. MOENIE 3100 FT/SEC VERBY GAAN NIE MET DIE 95GR NOSLER BALISTIC TIPS NIE

TC
Nou met jou geweer

Die spoed wat jy moet jaag is so 2940ft/sec om by daai akurate node te kom. Met die lading is jy nog binne die std specs vir oorspronklike 6mm Musgrave, en sal jou loop mooi hou

Re: 6mm musgrave

Posted: Fri May 27, 2011 5:29 pm
by Topcat
Baie dankie dok vir al die moeite en al die ander manne.
Dok jou plan lyk na iets wat verseker kan werk.Met n bietjie tyd gaan ek dit deffinitief probeer.Dankie.
Dit lyk tog vir my of ek maar kan aanhou met cci 200 @ Rem?

Re: 6mm musgrave

Posted: Sat May 28, 2011 12:24 am
by Jagtersdok
Tc

Jy kan verseker met CCI aangaan, niks pyne nie. Ek het maar net gesien dat PMP Primers loop saam met Somchem kruite en veral kalibers wat Suid Afrikaans is of baie gebruik was van donkie jare af, 303 brit, 308, 7x57.

Re: 6mm musgrave

Posted: Tue May 31, 2011 4:47 pm
by James Wilson
Jagtersdok wrote: Daai is suid afrikaanse kaliber. Met PMP komponente ontwikkel
Gee hom PMP primers
lekker my lalli, hoe kry ek nou lekker.

Re: 6mm musgrave

Posted: Mon Dec 10, 2018 1:08 pm
by ruaanb
Jagtersdok wrote:Ag kom ek sit dit hier.

Die PMP doppe vir die 6mm Musgrave se interne volume/kapasiteit is maar baie min.

Nou hier loop hy.
Vat Remington 303 Brit doppe
Anneal voor jy enige iets doen
Sit dit deur 7x 57 die maar net dat die nek se 1ste 3de af genek word.
Nou druk jy dit deur die 6mm Musgrave fullsize matrys, maar jy fullsize nie heeltemal nie, jy stel die matrys stadig bietjie vir bietjie in en toets in die geweer tot wanneer daai dop snuggly fit in daai kamer en die skouer voor vas druk( Onthou die 303 brit en 6mm Musg headspace mos eintlik teen die rim, nou bring jy die skouer ook mooi in spel, dit sort alle headspace pyne uit wat moontlik kon voorkom.)

Jy het omtrent so 4-6gr meer dop kapasiteit vir S365 nou.
Om dit mooi te vorm kan jy nou mild load vat of enige van die ander fireforming metodes dat die doppe mooi shape. Glo my jy het nou 'n baie beter 6mmMusgrave dop.
Jy kan nou laai en omdat jy P14 aksie het met gevuurvormde dop kan jy bietjie ho?r gaan as die std 49000PSI ek sou s? veilig tot 55 000PSI maar net met die P14 en die metode soos ek ges? het. MOENIE 3100 FT/SEC VERBY GAAN NIE MET DIE 95GR NOSLER BALISTIC TIPS NIE

TC
Nou met jou geweer

Die spoed wat jy moet jaag is so 2940ft/sec om by daai akurate node te kom. Met die lading is jy nog binne die std specs vir oorspronklike 6mm Musgrave, en sal jou loop mooi hou
Ietsie uit die verlede. Ek het die nou gedoen met 'n klomp 303 doppe wat ek persent gekry het. Sit nou met 'n mooi klompie sterk doppe vir die 6mm Musgrave. Onthou net daai o-ring anders kan jy dalk 'n dop of 2 verloor soos met my gebeur het.