Page 1 of 1

3200 Lumens spotlight

Posted: Mon May 30, 2011 7:42 am
by Jurie
Hallo

Ek het n tyd gelede die ligte raakgeloop op die internet toe ek opsoek was om iets helderder as
die groot lightforce lig te kry.
Dit is n HID spotlight, 3200 lumens wat 15 000 000 kerskrag is.
Wat baie nice is dit is 35w en 3,3 Amps as die lig na 4 sekondes volle sterkte bereik.
Hy is lig en kleiner as die groter lightforce.
Gaan kyk op die link:  http://www.magnalight.com/pc-1908-64-15 ... combo.aspx

Die lig gooi n witter lig as die Lightforce, wat ek nou nie weet of daar enige negatiewe dinge omtrent dit is nie.
Maar ek moet vir jou se hy lig n bars hou, jy wil maklik te ver skiet.

Het van julle manne al met hulle gejag?

mooiloop

Jurie

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Mon May 30, 2011 5:46 pm
by Jassie
Jurie

Waar koop ons die goed of moet jy dit invoer- lyk nogal pricy!

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Tue May 31, 2011 1:39 am
by Francois Marais
Jurrie

Ek verkoop die ligte teen R1750.00/lig hier in Nam. Ekself gebruik vir oes en vir handlig by Jakkalsjag, en het al n paar aan forum manne ook gesmous, Louis 102, en Janjak en so aan......Ek het twee modelle, een met n 135mm lens en een met n 170mm lens........

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5

Mooi loop
Francois

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Tue May 31, 2011 7:33 am
by Jurie
Francois.

Ek sien ek het ou nuus gepos hier.
Ek het darm gedink julle moet hom al gesien het.
Ons gebruik ook nou daai lig en ek moet vir jou se n ou raak sy "helderheid" gewoond.

Kan n ou hom n dimmer opsit of nie?

Mooiloop

Jurie

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Tue May 31, 2011 8:24 pm
by Kalahari
FM

Is die 135mm en 170mm dieselfde prys en het jy beskikbaar? Hoe lyk die koppelings aan die drade se punte , krokedilbekke of gaan hy in die aansteker se "sok" in?

Ek soek 'n lig ook vir die hand terwyl man ry en soek, die een wat ek gebruik is nie te hot nie. Watter een sal jy aanbeveel?

Groet en dankie

Kalahari

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Wed Jun 01, 2011 1:05 am
by Francois Marais
Jurie

Ongelukkig kan n man hom nie deur n dimmer sit nie, die man hou sommer van lekker sterk krag, as jou drade nie na wense is nie, met verlengstuk na agterop bakkie, dan dood hy sommer.....

Johan

Albei selle prys, hulle lig ewe goed, kleintjie bietjie meer handig/ligter.....

Mooi loop
Francois

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Wed Jun 01, 2011 1:51 pm
by Kalahari
FM

Dankie man, ek sal as ek weer in Windhoek kom jou kontak en dan reel ons vir die 170mm. Hoe lyk die konneksie voor op die drade, krokedilbek of aansteker sok?

Groete

Johan

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Wed Jun 01, 2011 11:00 pm
by Francois Marais
Johan

Aansteker sok....

Mooi loop
Francois

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Wed Jun 01, 2011 11:04 pm
by Kalahari
FM

Dankie, ek is 27 en 28 Junie in Windhoek. Sal bietjie voor dit kontak maak met jou en hoor van voorraad in die 170mm.

Groete

Johan

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Thu Jun 02, 2011 12:33 am
by Francois Marais
Johan

Is reg, laat weet maar......

Mooi loop
Francois

Re: 3200 Lumens spotlight

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:48 pm
by .::Alwyn-U::.
Lyk na 'n lekker meneer van 'n lig!