Page 1 of 1
"Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 7:33 pm
by Pvdw
Menne ek het 'n .20 PCP gekoop so paar jaar terug. Skiet gereeld met hom maar hy is nou nie juis kompetisie akuraad nie en hy suig lug soos 'n 747 wat opstuig.
Oor die chrony skiet hy so 1050-1100ft/s met 13.73gr JSBs. Ek voel dis so ietwat van 'n overkill vir die kaliber. Ek is gelukkig as ek 20 skote bo 1000ft kan bly en dan val hy sommer baie vinnig, so erg dat ek 'n rooiborsduif op 30m skoot vir skoot mis skiet.
Ek het nou aan hom gewerk en hy skiet nou baie konstant so 790ft/s met die 200bar fill. Binne 10 skote begin hy klim en stabuliseer mooi op 800-815ft/s. Daarna sak hy weer stadig na 790tf/s nes aan die begin met die 200bar fill maar op die stadium staan hy op so 140-150bar. Die hele siklus neem so 40-45 skote. Akuraatheid is baie aanvaarbaar deur die hele siklus met minimale skuif van POP soos die spoed op en af gaan. Akuraat genoeg om lekker duiwe in die beeskrale te skiet in elkgeval.
Teen 800ft/s met 13.73gr pellets is die energie by die tromp so 19.5ft/lbs.
Wat ek wil weet is waar die algemene aanvaarbare spoed vir die kaliber met die gewig pellets? Ek weet dat .177s nie daarvan hou om vinniger as so 800ft/s geskiet te word nie met 'n "idiale" spoed van tussen 650-750ft/s.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 7:39 pm
by G-force
Kyk maar vir 900fps of daar rond.Laat iemand n regulator insit,dan bly jou spoed mooi konstant.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 7:43 pm
by Pvdw
Ek was op 'n stadium op 950ft/s maar toe torring ek seker net te veel en siedaar sit ek op 800ft/s. Ek behoort hom weer terug te kan kry.
Dis 1 van Kevin se gewere en is maar rof gebou. Sal mens selfs vir hom 'n regulator kan laat insit en wie doen so iets??
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 7:50 pm
by G-force
Ek dink hy kan maar daar is vele ander ook.Is jy n lid van
www.airrifle.co.za ?
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 7:58 pm
by Gabriel Lewis
Jy moet maar rondspeel om die beste kombinasie tussen spoed en hoeveelheid skote te kry. My AirArms het lekker gewerk teen 850fps met 12 of 13gr (kan nie presies onthou nie) H&N patroontjies.
.20 kan jy ook maar stoot tot so 980fps
.177 skiet lekker tot en met so 950fps, dis nou met die "dome" punte.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 8:12 pm
by Pvdw
Jip ek is nog lid daar maar is gladnie meer aktief daar nie.
Dankie vir die info solank manne. Beide van julle kyk so rondom 900ft/s. Dit was my friend wat my help met die geweer se eerste voorstel ook gewees.
Ek gaan weer van die onderdele vervang en kyk of ek so +/- 100ft/s kan bysit net om te sien wat hy doen.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 8:31 pm
by Capt. Yoda
Kevin kan vir jou n reg in sit en soos G se jy wil nie regtig oor 900fps gaan nie.Oor die algemeen het ons met 5mm's gevind dat 820-850 jou die beste akuraathied gee, self 5.5's en 4.5e wil nie baie meer as 850fps gaan nie en is gewoonik op hul beste hier tussen 820 en 850fps. Jou beter lope en aksies met beter toleransies werk gewoonlik beter teen hoer spoed maar nogsteeds hier by 900fps begin die wiele gewoonlik af val, as jy met die manne praat wat baie met die goed speel sal hulle gewoonlik vir jou se om vir 820fps te mik
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 8:42 pm
by Pvdw
Capt as ek jou so luister moet ek dan nou baie naby aan daai "idiale" spoed wees met my 790-810.
Ek sal vir Kevin bel en hoor wat hy voorstel vir 'n regulator.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Thu Sep 24, 2015 8:55 pm
by Capt. Yoda
Daar waar jou geweer akuraat is is waar jy hom moet skiet, maar die reg help om jou spoed konstant te hou.Soos joune nou skiet kan jy lekker duiwe wikkel met hom veral omdaty jy weet hoe jou curve loop. EK het n 4.5mm FX gehad wat heeldag met een tank skoot vir skoot deur dieselfde gat gegaan het teen 600fps en teen daai spoed was dit ook n bitter lekker PC geweer.Met n silincer op het jy net click gehoor en dan doef as die duif land, self teen 500fps het daar niks beweeg na die tyd nie dit het defnitief gelyk of dit beter gewerk het as daai JSB nie deur gegaan het nie maar as die wind gewaai het kon jy nie regtig baie ver mik nie, nie een van my ander gewere wou konstant skiet onder 700fps nie en net een wou 920fps met n 5.5mm koeltjie he
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Fri Sep 25, 2015 5:58 pm
by Pvdw
Oor die algemeen het ons met 5mm's gevind dat 820-850 jou die beste akuraathied gee, self 5.5's en 4.5e wil nie baie meer as 850fps gaan nie en is gewoonik op hul beste hier tussen 820 en 850fps.
Het vandag na werk 'n nuwe spring guide gedraai met so 3mm basis wat die veer dan 3mm meer laat span. Op 170bar was 5 skoot gemiddeld 831ft/s. Ek dink ek gaan hom vir eers net daar los en kyk wat hy maak.
Iets wat my opval is om te hoor hoeveel sagter die geweer nou skiet.
Met die nuwe spoed/pellet kombinasie is die tromp energie nou 21ft/lbs.
Het sommer gou 'n probleem rooiborsduif geskiet op so 15m. Mooi op die dukste deel van die vlerk getref en dwarsdeur geskiet. Probleem met die duif opgelos

Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Mon Oct 26, 2015 5:39 pm
by Sangoma (IAN)
Stuur hom terug na Kevin dat hy vir jou die barrel uitsorteer.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Mon Oct 26, 2015 6:16 pm
by Pvdw
Stuur hom terug na Kevin dat hy vir jou die barrel uitsorteer.
Ian ek weet my pcp is Kevin se baba maar daai man vat eenvoudig net teveel werk aan en hy kry nooit klaar met werk as jy dit daar los nie. Beste is om by hom te staan as jy iets gedoen wil hê.
Ek het self gespeel en getune totdat ek reggekry het wat ek myself voorgeneem het.
Spoed van oor die 1000ft/s afgebring na 830-860 toe en nou kry ek 40mooi skote met 1 vul van 200bar teenoor 30 skote met 250bar fil
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Mon Oct 26, 2015 7:54 pm
by Capt. Yoda
Pvdw wrote:Stuur hom terug na Kevin dat hy vir jou die barrel uitsorteer.
Ian ek weet my pcp is Kevin se baba maar daai man vat eenvoudig net teveel werk aan en hy kry nooit klaar met werk as jy dit daar los nie. Beste is om by hom te staan as jy iets gedoen wil hê.
Ek het self gespeel en getune totdat ek reggekry het wat ek myself voorgeneem het.
Spoed van oor die 1000ft/s afgebring na 830-860 toe en nou kry ek 40mooi skote met 1 vul van 200bar teenoor 30 skote met 250bar fil
Haha ek en Ian het ons beste chats da by Kevin gehad terwyl jy "gou" wag vir iets om gedraai te word maar die ou is n goeie ou wat dam altyd probeer.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Tue Oct 27, 2015 7:24 am
by Dirkvh
Jy behoort 'n "sweetspot" te kry tussen 820-860fps.
Re: "Idiale" spoed vir .20 PCP
Posted: Tue Oct 27, 2015 1:18 pm
by Pvdw
Dirk ek dink ek reeds daar. Die geweer perform verseker meer konstant as toe hy 1000ft+ geskiet het.