Page 1 of 1
Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Sun Sep 27, 2015 8:06 pm
by douw
Naand manne.
Gaan iemand die jaar weer leisels vat en dit doen? Jaco?
Groete
Douw
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 7:11 am
by BRNO (Pierre)
Douw, dit sal lekker wees. My kersfonds kompetisie van 2013 kry die naweek weer lewe, wanneer ek by die skenker van n blesbok in 2013, en nou ook n vriend, my seun vat vir sy eerste bok ooit. My vrou het ook al hier gejag. Ek sal na komende naweek meer kom vertel.
Ek het self gedink om sommer in die kopetisie te vra, of aan te huts dat die kompetisie weer moet gedoen word die jaar asb., en het ook gedink om die eerste prys in die rigting hiervan te gooi, in die vorm van n Std Boyds kolf van jou keuse.
Jaco, Jean en Eugene, is julle manne nie weer lis om leisels te vat nie asb?
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 7:50 am
by Jean Marais
Pierre, ek sal beslis wees my hulp aanbied. Hoop ook die saak kan weer die jaar van die grond af kom.
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 7:51 am
by Eugene
Sal ook weer help met die rekening en admin gedeelte.
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 9:28 am
by Stefan764
Waar betaal ons?
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:10 am
by Jakkalsgat
More
Ons kan die kompetisie weer doen.
Kan begin 1 Oktober en eindig 30 November. Ek vat bietjie verlof in November en Desember en sal graag wil weg gaan so ek sal nie weer kan hardloop met dit tot 15 Desember nie.
Om Kompetisie te reel het ons pryse nodig, kyk wat ons bymekaar kan kry, dankie solank vir die Boyds Pierre. Ek gee nie om die nommer toekenning en goed te doen nie.
Vir wie wil ons die jaar geld gee? Bly ons by Loerie of is daar ander planne?
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:15 am
by Stefan764
Solank mens met die regte gesindheid gee maak dit seker nie saak wie aan die ontvangkant is nie? Daar is so baie wat benodig sal seker nooit n meer gepaste kanidaat kry as n ander nie?
Ek sou se Loerie, gee mens so bietjie meer van n "persoonlike konnektasie" as ek dit so kan noem omdat mens al met hulle in die verlede gewerk het?
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:41 am
by Smitstertjies
Ek sal slagskaap ingooi.
Re: Jaracal Kersfonds vir 2015??
Posted: Mon Sep 28, 2015 8:31 pm
by douw
Stefan764 wrote:Solank mens met die regte gesindheid gee maak dit seker nie saak wie aan die ontvangkant is nie? Daar is so baie wat benodig sal seker nooit n meer gepaste kanidaat kry as n ander nie?
Ek sou se Loerie, gee mens so bietjie meer van n "persoonlike konnektasie" as ek dit so kan noem omdat mens al met hulle in die verlede gewerk het?
Stem saam!