Page 1 of 1
Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 3:23 pm
by PRIVATE RYAN
Twee kuddevaars en nege geregistreerde, Fase D getoetste bulle van twee tot drie jaar oud, word aangebied op ‘n blitsveiling op die plaas Fairview, twee kilometer vanaf Heilbron op die Frankfortpad op Saterdag 10 Oktober 2015 om 11:00.
Al die lotte word gelyktydig aangebied met volledige prestasiedata en ‘n bodvorm by elke bul. Die insetbod is R 15000 en deur net jou naam onderaan die lys te skryf verhoog jy die bod met R 1000.
Voordele van hierdie metode:
Jy kan op een of meer bulle gelyktydig bie en sò voorkom dat jy jou gunsteling bul misloop.
Jy kan ‘n top bul bul vir slegs R 16000 koop as jou naam teen die einde onderaan die lys is.
Geen afslaer om jou te intimideer nie.
Veiling behoort nie langer as ‘n halfuur te duur nie.
Terwyl dit aan die gang is verkeer ons informeel saam en geniet ietsie te ete en te drinke.
Navrae: Lood Spies 0829288841 Bennie Steenkamp 0823284998
Fairview: S 27° 17.840 E 27° 59.720
PS, katalogus beskikbaar op aanvraag
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 3:25 pm
by PRIVATE RYAN
Nog 'n paar foto's.
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 3:26 pm
by PRIVATE RYAN
Laaste een
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:13 pm
by ruaanb
Sjoe lot 1 en 11 is 2 pragtige diere!
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:17 pm
by Ashley
ruaanb wrote:Sjoe lot 1 en 11 is 2 pragtige diere!
Pasop Ruaan, ek dink jy't nou net gebie op daai 2

Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:27 pm
by PRIVATE RYAN
Thanks Ruaan! Hulle is van die kuddevaars wat oor
is. Hoop hulle kry nuwe base anders word hulle steaks.
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:31 pm
by PWV
Sien darem nie appelgatte nie!
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:33 pm
by PRIVATE RYAN
Jip, onthou die mannetjies loop in die veld!
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:34 pm
by PRIVATE RYAN
PRIVATE RYAN wrote:Laaste een
Onthou ook hulle is darem 5/6 jaar ouer, daai
youngsters gaan net so lyk.
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:39 pm
by Burger
Private, jy noem dat die bulle getoets. Is die bulle getoets vir Trieg en Campylobacter en deur watter labratorium? Is toets uitslae beskibaar?
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 05, 2015 4:40 pm
by Jaco v Zyl
Ek hou baie van daardie tipe veiling(as koper).
Was by bristow bonsmaras,wat dieselfde prinsiep gevolg het en dit bied jou baie meer kanse op meer bulle.
Baie sterkte vir die veiling
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:16 am
by PRIVATE RYAN
Burger wrote:Private, jy noem dat die bulle getoets. Is die bulle getoets vir Trieg en Campylobacter en deur watter labratorium? Is toets uitslae beskibaar?
Kudde word getoets deur Dr. Piet van Zyl op Heilbron.
Kudde is al 27 skoon van Trig en BM, maar Campylobater
word nie getoets nie.
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Sat Oct 17, 2015 7:53 pm
by BeesBreet
Hoe het die veiling gedoen?
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 19, 2015 8:26 am
by PRIVATE RYAN
BeesBreet wrote:Hoe het die veiling gedoen?
Bulle se gemiddeld was R 18 500 met die hoogste
R 32 000.
Nie te bad gegewe die droogte, ekonomie en ooraanbod bulle
nie.
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Mon Oct 19, 2015 8:27 am
by BeesBreet
Geluk, en baie sterkte met die Boerdery vorentoe
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Thu Dec 31, 2015 10:35 am
by Williebees
Vet bly maar die mooiste kleur!
Re: Laaste kans om Skaalmeester Bonsmarabulle te bekom!
Posted: Thu Dec 31, 2015 6:15 pm
by WesMerw
Dit is so waar. Enige dier in 'n goeie kondisie is darem net mooi om te sien.