Page 1 of 1
Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 7:51 am
by Jake1
Ons het Saterdag Loskop dam gaan hengel vir bass. Die bass byt goed, hulle lĂȘ op so tussen 3-5m. Dit wil voorkom of die meeste klaar ge-spawn het. Ase wat gewerk het is crankbait, jerkbait en fluke in enige pumpkin kleure.
My seuntjie het hierdie een self gevang op die foto, nie geweeg nie maar was n helse lekker fight gewees vir hom.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 11:34 am
by Jake1
Vir die ouens wat Loskop ken, die beste plekke is by die ou pad so ent voor die brug. en dan by krokodilbaai weerskante van die dobbers. Ek sien op die laaste program van "Hier gaan ons alweer" dit is waar Petrie hulle ook gevang het.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 12:41 pm
by vossie1
Geluk man,my seuntjie Eric 4 het ook n paar gekry met hulp saterdag. Hy het n paar visse amper deur die vistok se oogies katrol

Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 1:10 pm
by henning
Ons vang hom net so lekker by Clanwilliam in die kaap.
groete
henning
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 2:44 pm
by Jake1
Mooi vis Vossie, waar het julle gevang?
Henning vang julle klein of grootbek daar?
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 2:47 pm
by vossie1
Ons het sommer daar op een van my neef hulle se plaasdamme in Kiepersol gevang,hulle het so 16 damme wat van koi tot krokodil in het.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 7:18 pm
by Apie
Lekker manne!
Dink net as daai nou alles geelvis was!
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 8:12 pm
by Jake1
Apie ons vang geelvis (grootskub en kleinskub) hier by ons in die olifantsrivier met kunsaas, ons verwyder gewoonlik die bass in sisteme wat inmeng met die geelvis, n groot gele fight beter as n swartbaar.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Mon Oct 12, 2015 10:02 pm
by Vlakvark Soldaat
Lekker man. Ons sal oor so twee weke try vis.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Tue Oct 13, 2015 1:21 am
by Frederik
Desember moet nou vinnig kom ek kry ontreking sindrome met die fotos veral omdat vererger word omdat ek niks dootgeskiet het die jaar nie.
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Tue Oct 13, 2015 6:19 am
by Vlakvark Soldaat
Hahaha jammer Frederik. Ek het mos my siening oor die lewe reg aan die begin van die jaar so paar levels opgevat. 'One life, wing it!'. In plaas van een lang vakansie, het ons probeer om elke maand of tweede maand vir n naweek weg te gaan... Beste memories ooit! En ons sluit Desember die jaar af met n week van boot ry en bass by harties!
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Tue Oct 13, 2015 6:20 am
by Apie
Jake1 wrote:Apie ons vang geelvis (grootskub en kleinskub) hier by ons in die olifantsrivier met kunsaas, ons verwyder gewoonlik die bass in sisteme wat inmeng met die geelvis, n groot gele fight beter as n swartbaar.
Oorlekker!
Re: Bass byt lekker by Loskop dam.
Posted: Tue Oct 13, 2015 10:44 am
by Boersonderroer
Een van die dinge wat Ek meeste mis vandat Ek oos Kaap toe getrek het is om by Loskop te hengel.