Page 1 of 2

RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 9:07 am
by Schalk75
Goeiemore almal.

Ek het deur reeds die forum gelees m.b.t. plankgewere.

Die gebruik van die geweer sal hoofsaaklik vir F-klas wees.

Ek het nou nog die volgende paar vrae:

1. Ek sou graag 168gr koeëls in die geweer wou skiet (of `n VLD tipe), vir die hoër BC wat hulle het. Ek sien meeste mense laai 150gr of 155gr punte vir die geweer. Is dit oor die 147gr militêre koeël wat oorspronklik gebruik is? Is dit moontlik om die langer koeëls te skiet, of wat kan ek aan die geweer doen om dit moontlik te maak?

2. Die loop van die geweer is nog mooi, so ek gaan hom eers in 7.62 skiet. As hy moeg is sal ek hom met `n 7mm wil vervang, en ek kyk na die 7mm Tombi om dit te doen (SA geweer, SA aksie, SA kaliber. Of so iets...). Is dit moontlik om die 7mm Tombi te bou op `n 308 lengte aksie? Indien nie sal ek kyk na `n 7mm-08.

Ek gaan maar stuk stuk aand die geweer laat werk, soos wat begroting dit toelaat. Ek wil die volgende laat doen aanvanklik:

1. Voorste visier afsny en loop laat kroon (11 grade/14 grade??).
2. `n Trigger job op die standaard Musgrave sneller.
3. `n 20MOA staal Picattiny rail opsit.
4. Loop laat free-float (hy druk blykbaar êrens teen die kolf as hy warm word).
5. Glass-bedding.
6. Bipod (Harris tipe aanvanklik)

Bogenoemde sal my so ongeveer R3500 kos.

Dan later:

6. Beter sneller (indien nodig) Davies of Jewel.
7. GRS tipe kolf
8. F-klas bipod
9. Cerakote

10. 7mm loop as die huidige een klaar is.

Enige ander voorstelle sal waardeer word!

Baie dankie
Schalk

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:57 am
by wlm
Die voorste korrel is net vas gesoldeer, dit haal maklik af as jy dit met 'n gasvlam warm maak. Lyk nie so mooi nie, maar jy verloor so 50 ft/sek as jy die loop een duim korter maak. Ons 308-manne kan nie juis spoed prysgee nie, daar is maar min.
Ek is nie een van die kenners op die forum nie maar verstaan dat met die Musgrave Plankgewere se 1 in 12 duim groefdraai 155gr koeels die beste stabiliseer. Ek het al van 110 tot 180 gr. koeels in myne geskiet met bevredigende resultate. Ek het egter by 155gr. vas gesteek. My skietafstande is tot 300 m.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 11:24 am
by Schalk75
Dankie vir die inligting wlm. Sal bietjie met die gunsmith gesels, dalk kan hulle `n doppie opsit waar die sight afkom.

So jy het nie met totale patroon lengte gesukkel met die swaerder koeëls nie?

Groete

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 11:45 am
by wlm
Glad nie met TPL gesukkel nie.
Ek het die voorste gedeelte van die loop laat skroefdraad sny en 'n kanldemper op gesit.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 12:19 pm
by Alwin
Blackplastic wrote:Goeiemore almal.

Ek het deur reeds die forum gelees m.b.t. plankgewere.

Die gebruik van die geweer sal hoofsaaklik vir F-klas wees.

Ek het nou nog die volgende paar vrae:

1. Ek sou graag 168gr koeëls in die geweer wou skiet (of `n VLD tipe), vir die hoër BC wat hulle het. Ek sien meeste mense laai 150gr of 155gr punte vir die geweer. Is dit oor die 147gr militêre koeël wat oorspronklik gebruik is? Is dit moontlik om die langer koeëls te skiet, of wat kan ek aan die geweer doen om dit moontlik te maak?

2. Die loop van die geweer is nog mooi, so ek gaan hom eers in 7.62 skiet. As hy moeg is sal ek hom met `n 7mm wil vervang, en ek kyk na die 7mm Tombi om dit te doen (SA geweer, SA aksie, SA kaliber. Of so iets...). Is dit moontlik om die 7mm Tombi te bou op `n 308 lengte aksie? Indien nie sal ek kyk na `n 7mm-08.

Ek gaan maar stuk stuk aand die geweer laat werk, soos wat begroting dit toelaat. Ek wil die volgende laat doen aanvanklik:

1. Voorste visier afsny en loop laat kroon (11 grade/14 grade??).
2. `n Trigger job op die standaard Musgrave sneller.
3. `n 20MOA staal Picattiny rail opsit.
4. Loop laat free-float (hy druk blykbaar êrens teen die kolf as hy warm word).
5. Glass-bedding.
6. Bipod (Harris tipe aanvanklik)

Bogenoemde sal my so ongeveer R3500 kos.

Dan later:

6. Beter sneller (indien nodig) Davies of Jewel.
7. GRS tipe kolf
8. F-klas bipod
9. Cerakote

10. 7mm loop as die huidige een klaar is.

Enige ander voorstelle sal waardeer word!

Baie dankie
Schalk
So 'n paar opmerkings:
Die 155gn teikenkoeëls het die maklikste by die 1000 jaart teikens uitgekom, teen supersoniese spoed. Die ouer 168gn teikenkoeëls het so teen 900 jaart die transsoniese gebied betree en stabiliteit verloor. Moderne VLD tipes behoort beter te doen. Kyk watter lengte (en gewig) geskik is vir jou loop se groefdraai.

As jy die loop korter sny, verloor jy spoed. Dit maak seer daar by 1000 jaart. Moenie die loop verhit om die voorste visier af te haal nie, tensy jy weet hoe om die binnekant teen oksidasie te bekerm. Hitte + suurstof = oksidasie (roes). Dis nie te moeilik om die visier "koud" af te sny nie.

Free-float is belangrik. Maar as die loop net aan die kolf raak as hy warm is, sou ek hom nou al weggooi. Ek vermoed hy raak eerder heeltyd. Toets met papier tussen loop en kolf. Behoorlike pakking (bedding) is belangrik. Kyk eers of dit nie alreeds gedoen is nie.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 1:51 pm
by Schalk75
Goeie raad. Dankie.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 2:49 pm
by swc-tr
Aangesien jy noem die geweer gaan vir F-klas gebruik word, gebruik dan 'n geweersmid wat wel betrokke is by Bisley en die fyner details van F-klas ken. In Pretoria is dit Piet Welgemoed of Andries Moller.
Jy praat van 'n bipod, dit beteken jy gaan waarskynlik F-TR skiet? Indien so, dan is die kaliber keuse slegs .223Rem of .308Win, maar eintlik net .308Win.
Gaan woon 'n Bisley skietdag by en gesels met die manne, voor jy onnodige skoolgeld betaal en geld in die water gooi.
Eeerskomende Saterdag, 17 Oktober is die GautengNoord Bisley liga op Piet joubert-skietbaan, kyk of jy nie daar kan uitkom nie.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 3:00 pm
by Schalk75
Hi SWC.

Jy is natuurlik reg oor die kaliber vir F-TR. Sal hou by 308.

Dankie. Ek het Piet Welgemoed se naam raakgelees hier op die forum, maar ken hom nie. Maar ek is in Centurion, so hy is naby my. Sal hom kontak (jy het nie dalk `n nommer vir hom nie?).

Ek sal `n paar skiete probeer bywoon. Ek is net die naweek nie hier nie, gaan bietjie Bloem toe!

Dankie weereens.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 3:08 pm
by swc-tr
Piet is in Akasia (Pta-Noord) 082 dubbel5twee 59agt5.
Andries Moller is in Centurion by jou 082vyfsesvier 04tweeses

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 3:09 pm
by Schalk75
Eish, nog nader aan my.

Baie dankie.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 9:21 pm
by Schalk75
Was die RSA Target Rifles (plankgewere) almal `n 1 in 12 twist van die fabriek af?

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 9:28 pm
by Alwin
Blackplastic wrote:Was die RSA Target Rifles (plankgewere) almal `n 1 in 12 twist van die fabriek af?
Nee. Ek het al gesien met 1 in 14 ook. Maar die meerderheid is seker 1 in 12.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 9:51 pm
by Hein M.
Blackplastic wrote:Was die RSA Target Rifles (plankgewere) almal `n 1 in 12 twist van die fabriek af?
Nee. Sommige is op aanvraag toegerus met 'n spesifieke groefdraai. Myne het 'n 1-12.5 Stel maar eers jou geweer se groefdraai vas.

Alwyn is reg - die meerderheid is 1-12

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:02 pm
by Hein M.
Plastiek

Daar is 'n goeie artikel oor die RSA aksie in die September uitgawe van die Jagter Tydskrif. Geskryf deur Gerrie ? - geweerbouer in Bloemfontein. Hy sal beslis vir jou die in en outs oor die kalibers kan sê wat op die RSA gebou kan word. Interessant ook daar gesien hoe die aksie geblueprint word.

Erwee Basson op Vredendal het my RSA gefinetune. Hy het self 5 van die aksies gebruik om vir homself super langafstand roere te bou. PM my indien jy sy nommer wil hê.

Mooiloop!

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:19 pm
by junglejulian
Gerrie coetzee toor ook met n Rsa aksie maar daardie artikel is deur Danie Joubert van pretoria geskryf.Hy is n Rsa aksie spesialis.as ek reg onthou het hy oom Koos Barnard se 243 Rsa aksie n paar jaar terug ook ligter gemasjien en geblueprint.
My 6br is ook op n rsa aksie gebou wat danie joubert onder hande gehad het.Gerrie coetzee het wel die res van die ysterwerk gedoen.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:42 pm
by Schalk75
Dankie.

Ek het vroeër die week met Danie gesels. Baie aangenaam, en baie kennis oor die aksies.

Hy doen egter deesdae net deeltyds wapensmid werk, so het aanbeveel dat ek met sy artikel na my eerste keuse gunsmith toe gaan. Maar ek leer nou eers baie, so ek sal nog `n rukkie wag voordat ek aan die geweer laat werk.

Ek kry die geweer die naweek, so sal dan sy twist kan vasstel.

Dankie weereens vir almal se raad.
Schalk

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Oct 14, 2015 7:37 am
by Hein M.
[quote="Blackplastic" As hy moeg is sal ek hom met `n 7mm wil vervang, en ek kyk na die 7mm Tombi om dit te doen (SA geweer, SA aksie, SA kaliber. Of so iets...). Is dit moontlik om die 7mm Tombi te bou op `n 308 lengte aksie? [/quote]

Die Tombi behoort nie 'n probleem te wees nie. Erwee het onder andere 'n 300WM, 7mm RM en 25-06 op RSA aksies gebou. Ek dink jy begin kry probleme as die dop te dik raak, bv. 300WSM, ens.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Oct 14, 2015 11:29 am
by NJ_v_N
Soos die ander manne hier genoem het gaan koeel gewig gaan afhang van jou "twist". Maar toetse was al gedoen riflemansjournal.blogspot.com/2010/06/ballistics-heavy-bullets-in-113-twist.html german salazar heavy bullets 1:13 twist
en die man het heel goeie resultate uit n slap twist met swaar koeels gekry.

Die 7mm sal werk in die aksie, mag dalk die probleem he dat n ronte wat nie gevuur is nie (koeel nog in dop) nie uitgeskop kan word sonder om die slot uit te haal nie. Maar dit gese n decent masjienis/geweersmid sal die "ejection port" biekie langer kan sny.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 2:20 pm
by Japtrap
Middag Julle
Soos hier genoem is wil Schalk n "trigger job" doen op sy musgrave sneller.
Kan iemand dalk leiding gee hoe om dit te doen? My Musgrave se sneller trek baie swaar. Sal dit graag wil "vars" maak

Dankie

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 3:05 pm
by Karoo-Klong
Ek sit self met 'n erg stywe sneller. Skoonpa sê mens kan eerder die bok doodslaan met die geweer as om met daardie sneller te stoei.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 3:12 pm
by Schalk75
Ek dink vir `n K98 of RSA is die maklikste seker `n Timney of Thor sneller vervanging.

Los al die pyne met een slag op.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 4:01 pm
by NJ_v_N
[quote="Schalk Roets"]Ek dink vir `n K98 of RSA is die maklikste seker `n Timney of Thor sneller vervanging.

Los al die pyne met een slag op.[/quote]

Jy sal ongelukkig nie n Timney vind vir n RSA nie, ek het myne met die Thor vervang wat heelwat beter was as die oorspronklike. Maar die "purists" sal dit nou nie sien as n kompetisie sneller nie.

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 4:22 pm
by Riaan Kriel
Ek het 'n Davies-sneller bestel vanaf Australie.... Heerlike besigheid ;)

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:05 pm
by junglejulian
@riaan
Het jy al jou kopseer met die Rsa se papierwerk uitgesort?

Re: RSA Plankgeweer vrae

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:55 pm
by Rasmus
Riaan

Het jy onlangs n Davies bestel? As ek kan vra wat prys hulle tans?

Pm as jy wil.

Groete

Rasmus