Page 1 of 2
Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:03 am
by HoggerNaut
Mornings.
Ek het huidig n staffie en n pit bull maar die goed is so liefhebbend hul sal n boef dood lek.
Ek bou by my huis en al wat n bouer is kom in en gaan aan soos normal sonder dat die honed eers omgee.
My dogtertjie se verjaardag is om die draai en sy soek n puppy.
Dink dis n goeie tyd om n klein aanhitsertjie te kry vir die twee groter honed.
Wat sal jul aanbeveel?
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:11 am
by andre007
Jackie
Worshond
Jackie/worshond kruising
As jou erf groot genoeg is n Boston Terrier?
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:11 am
by Capt. Yoda
As jy hou van n ding wat blaf kry n toypom, ek het 2 saam met my Amstaff en hulle werk nogals lekker saam
http://static.businessinsider.com/image/5409ea7769bedd6f60ff258a/image.jpg
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:27 am
by Jean Marais
HoggerNaut wrote:Mornings.
Ek het huidig n staffie en n pit bull maar die goed is so liefhebbend hul sal n boef dood lek.
Ek bou by my huis en al wat n bouer is kom in en gaan aan soos normal sonder dat die honed eers omgee.
My dogtertjie se verjaardag is om die draai en sy soek n puppy.
Dink dis n goeie tyd om n klein aanhitsertjie te kry vir die twee groter honed.
Wat sal jul aanbeveel?
Ek wil amper vir jou sê 'n nuwe hond gaan nie jou probleem aanspreek nie. Ek het al baiekeer self ervaar, en ook eendag op 'n program op TV gesien/gehoor dat die persoon sê dat as jy 'n bv oulike goedopgeleide en wakker hond het, jy 'n jong hond moet bykry voor die hond doodgaan, want die ou hond leer die jonge, beter as wat ek en jy kan. Dit het ekself ook al met my eie honde ervaar.
Jou twee bestaande honde, gaan ongelukkig die nuwe hond net so liefdevol "leer".
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:37 am
by Dirkvh
Wire-haired terriers is lekker wakker
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 11:54 am
by JacquesT (Stompe)
Ek het 2 schnauzers, niks beweeg in die straat sonder dat ek daarvan weet nie. Slaap ook by ons in die kamer. Die 2de beste belegging vir my gesin se veiligheid.
Groete
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 12:25 pm
by Ferdi
Ek het 'n Toypom Jack Russel kruis teef. Sy het al amal wat by die huis inkom gebyt sonder uitsondering Van my polisie vriende in uniform tot die bediende. Sy diskrimineer gald nie. Blaf lekker as die beweging in die straat nie lekker is nie. Die persoonlikheid van 'n skoonma. Totale dominante teef. Die wors reun asook die jack russel kruis reun staan terug vir haar. Sy bly permanent in die huis en word net op die voorgras uitgelaat. Die agter erf is off limits vir haar want sy en die boerboel teef is nie lekker met mekaar nie. Sy wou Sondag by die veeaets sommer die pittbul teef bymekaar maak. Maar met my dogter en ons is sy die liefde vanself. My dogter en sy is onafskeidbaar.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 1:11 pm
by TOKELOS
Ditto vir schnautzer veral die miniatuur.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 1:12 pm
by FHM
Jack Russel al die pad!
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 1:27 pm
by joe rocket
Miniatuur schnauzer is wakker stink nie na hond nie en verloor nie hare nie.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 1:44 pm
by ruaanb
As jy kies probeer om die dominante en onafhanklikste een in die werpsel te kies. Die wat afhanklik is is die sagmoedige neelsies.
Scottish Terriers, Miniature Schnauzer en Miniature Doberman Pinscher sal my keuses wees.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 2:36 pm
by Henry
Net nie 'n Poedel nie. My broer se Poedel het nagte deur vir skaduwees in die straat geblaf. Ek wou amper die ding vermoor het. Jackies is OK, afhangend.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 3:33 pm
by Supacow
Ek sal vir die langlaagtes vote hier. As jy eers een gehad het kan ek nie sien dat jy iets anders sal wil he.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Fri Oct 16, 2015 4:01 pm
by Hein M.
Die looks van 'n mooi swart bull terriër skrik nogal 'n voornemende boef af... Lyk mos soos 'n haai en 'n hond wat gekruis is.
My 3 staffies is vrek kwaai. Hulle moet afgekamp wees en NIE gewoond raak aan die mense wat inkom / deurloop nie en direkte kontak met hulle maak nie. Hulle moet die vibe kry dat die mense buitekant die bad guys is.
Maar staffies is nie van nature mensbyters nie. Bullies wel - as jy hulle reg grootmaak en hanteer.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 10:51 am
by Fanta300
Vir 'n wakker klein hondjie wat jou elke keer waarsku as daar 'n snaakse geluid is, kry 'n Yorkshire Terrier. Verloor ook nie hare nie
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 4:07 pm
by TOKELOS
SUPACOW-langlaagtes werk nie in die winter in die Vrystaat nie. Jy moet die deur te lank oop hou as hulle wil in kom, en dan kom daar te veel koue saam met hulle in!
My ondervinding met hulle is dat as hy nie blaf nie dan pee hy en as hy nie piee nie dan blaf hy.
Nogtans baie oulike brakkies!
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 4:52 pm
by Supacow
Hy blaf as hy moet en hy pee as hy moet. Die reuntjies MOET 200 keer op n dag pee.
Verder is dit net awesomeness!
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 8:40 pm
by Hein M.
Daar is nie medisyne vir domheid nie..
MAAR wat de f is langlaagtes watever?
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 10:12 pm
by ruaanb
worshond
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sat Oct 17, 2015 11:41 pm
by Hein M.
ruaanb wrote:worshond
Thanx, nou weet ek ook...
Kort n klein kjeffertjie
Posted: Sun Oct 18, 2015 8:02 am
by Dries101
Hein M. wrote:ruaanb wrote:worshond
Thanx, nou weet ek ook...
Whahaha dis snaaks- leer ek ook iets. Ek stem vir n scottie, verloor nie hare nie. Glad nie blafferig nie tensy daar iets is om voor te blaf, nogal n eienskap wat ek geniet. Enigste pyn is dat mense hulle moet laat "groom"so dan en wan
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Mon Oct 26, 2015 12:56 pm
by golf3
As jy belangstel kan ek jou help met n Jackabee (jack russell X beagle )
Hulle gaan vrydag presies 6 weke out wees
Laat weet maar
Pm my dan help ek graag
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Mon Oct 26, 2015 1:28 pm
by Frederik
Ek het nie baie ervaring met klein honde nie behalwe vir ons monster T-cup yorkie met worsie gekruis. Hare val nie baie uit nie hy weeg net oor 2 kg hart so groot soos 'n leeu verskriklik wakker. Slaap in ons kamer my seun kan opstaan van sy kamer en rondloop deur die nag maar waag dit as dit vreemde geluid is. As 'n voel op sy stukkie gras kom sit word hy verjaag as die asblikke leeg gemaak word op Donderdae dan hoor almal dit as die manne wil gras sny dan hoor jy dit. As iemand op die deur klop dan hoor jy dit as iemand te naby ons voordeur kom dan grom hy.
Baie energie nie bang vir stap nie hy stap gereeld 5km saam met my baie slim en wakker.
Ek stel vir julle voor koning "Chokkie" kyk daardie kyk wat hy my gee toe ek hom uit sy sluimer roep.
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Mon Oct 26, 2015 1:38 pm
by VdWalt
Hy is pragtig!!
Re: Kort n klein kjeffertjie
Posted: Mon Oct 26, 2015 2:08 pm
by Hein M.
Frederik wrote:Ek het nie baie ervaring met klein honde nie behalwe vir ons monster T-cup yorkie met worsie gekruis. Hare val nie baie uit nie hy weeg net oor 2 kg hart so groot soos 'n leeu verskriklik wakker. Slaap in ons kamer my seun kan opstaan van sy kamer en rondloop deur die nag maar waag dit as dit vreemde geluid is. As 'n voel op sy stukkie gras kom sit word hy verjaag as die asblikke leeg gemaak word op Donderdae dan hoor almal dit as die manne wil gras sny dan hoor jy dit. As iemand op die deur klop dan hoor jy dit as iemand te naby ons voordeur kom dan grom hy.
Baie energie nie bang vir stap nie hy stap gereeld 5km saam met my baie slim en wakker.
Ek stel vir julle voor koning "Chokkie" kyk daardie kyk wat hy my gee toe ek hom uit sy sluimer roep.
Dis jou ideale skerp waghondjie!