Page 1 of 1

watter lood

Posted: Mon Oct 19, 2015 2:51 pm
by golf3
Ek het net n klein vraag?
Watter tipe en grein lood skiet almal daar buite mee
Dit sal intersant wees om almal se opinies te kry ek
ek self skiet met 300gr hornady xtp maar wil ook weet of iemand al met
die gamehunter lood geskiet het

Re: watter lood

Posted: Mon Oct 19, 2015 3:18 pm
by Pvdw
Golf ek vermoed jy moed so bietjie meer spesifiek wees. Waarmee skiet ky?? Swartkruit of nitro?? Watse kaliber ??

Re: watter lood

Posted: Mon Oct 19, 2015 3:20 pm
by joe rocket
Golf3. Watse geweer skiet jy mee en wat wil jy skiet? Wil jy balletjie of " conical " skiet?

Re: watter lood

Posted: Mon Oct 19, 2015 3:38 pm
by VdWalt
Pvdw wrote:Golf ek vermoed jy moed so bietjie meer spesifiek wees. Waarmee skiet ky?? Swartkruit of nitro?? Watse kaliber ??
++>: ++>: Ek dink die feit dat dit onder die swartkruit afdeling is, is 'n dead
give-away!!

Re: watter lood

Posted: Mon Oct 19, 2015 9:38 pm
by Pvdw
;D ;D ;D :-[ :-[ :-[

Skerp!!! Ek moet ophou reageer op posts wat ek op my foon lees :-\ . Ek kyk net na die post en na niks anders nie.

Steeds kan ek seker punte score met die vraag oor die kaliber?? ;)

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 8:36 am
by vriell
Soort lood sal altyd "pure" sagte lood wees in swartkruit gewere oor die algemeen as dit is wat jy bedoel...

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 11:08 am
by golf3
Hi daar ek skiet met n traditions vortek 50cal en ek jag maar gewoonlik die kleinerige bokke (rooibok, blesbok, springbok, vlakvark, ens.)
Wat ek eintlik wil weet is wat verkies julle n conical, roundball, of, sabots en dan watse grein en watse powder charge

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 1:14 pm
by Klein Chris
Hi,
Huidige jag lading is 85gr (volume) FFg met n 370gr Maxi (conical) - so 2 duim groepe op 100m - dodelik op rooi bok en koedoe koei

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 1:30 pm
by Askari
90gr Wano FFg met 'n 325gr. 600 RB/15 thou patch op 'n custom build .62 English Sporting Rifle. Die bal stap teen 'n matige 1350 vt/s, maar is dodelik op kudu ;)

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 2:54 pm
by golf3
So maw. Sabots is nie die Alleen antwoord nie. Sê my askari hoe sal n mens rb en patch uitwerk op n 50cal

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 3:28 pm
by Askari
golf3 wrote:So maw. Sabots is nie die Alleen antwoord nie. Sê my askari hoe sal n mens rb en patch uitwerk op n 50cal
Jou geweer se twist sal bepaal watter projektiel die beste sal stabiliseer. As a "rule of thumb", vir rondebal 1:60 of stadiger, sabot so rondom 1:28 en vinniger en vir ander gegote projektiele (mini-ball, maxi-ball etc) so rondom 1:48 of vinniger.

Vir 'n .50 gebruik jy gewoonlik .490 rondebal met 'n 12-15 thou patch. Ek koop ongebleikte linne vd korrekte dikte by enige materiaal winkel en gebruik dan of Ox Yoke se Wonderlube of my eie tuisgemaakte lube op dit. Onthou net om die linne te was voor jy dit sny in patches.

Jou Traditions het waarskynlik 'n 1:28 twist, so sabot of conical sal die ding doen. Rondebal sal beslis nie stabiliseer nie. Lyman se maxi-ball behoort mooi te werk in haar, as 'n goedkoper opsie kan jy ook Lee se REAL bullets probeer. Indien jy self wil giet, kry vir jou suiwer lood van enige scrap metaal handelaar (wheel weights is te hard vir conical, veral vir die REAL)

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 3:33 pm
by Askari
Ek het al baie bokke laat bakkie ry met 'n voorlaaier, daar is selfs 'n foto van my in so paar jaar gelede se Gun Digest met 'n Springbok wat ek met 'n .75 smoothbore flintlock geskiet het. As jy ooit in die Bloemfontein omgewing is, is jy welkom om te kom koffie drink, dan kan ek jou so bietjie touwys maak met die voorlaaiers. Ek "verstaan" hulle nogal ;)

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 3:35 pm
by Askari
DSC01426resized.jpg
Ek het die ooitjie seker so 5 jaar gelede te voet geskiet met my .75 Bobbejaanboud

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 4:23 pm
by golf3
Jis baie dankie vir die info sal n bietjie huiswerk doen en as ek in daai omgewing is verseker kom draai

Re: watter lood

Posted: Tue Oct 20, 2015 7:28 pm
by stompi
Met n inline soos joune kan jy gerus moeite doen en n maxiball mould probeer in die hande kry gooi suiwer lood en n 70 gn fffg lading -jy behoort dieselfde akkuraatheid te kry as met jou sabots ander conicals probeer maar maar kanse is goed jy gaan jou tyd mors

Re: watter lood

Posted: Wed Oct 21, 2015 11:07 am
by golf3
Dankie stompi ek weet van n plek in alberton wat redelik bp accessories verkoop gaan kyk of ek by hulle leeman produkte kan kry