Page 1 of 1
30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 8:43 am
by Friedland
Hi Julle,
Hoe kan ek bietjie uitvind oor die geweer?
Groete
Re: 30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 9:06 am
by FHM
Friedland,
Jy sal bietjie meer informasie moet gee as net die nommer.
Wat presies wil jy weet oor die geweer?
Watse maak is dit?
Het jy die geweer ge-erf of gekoop by n pel of by n handelaar?
Kan jy moontlik n foto van die hele kompleet geweer plaas?
Is daar enige ander merke of nommers / skrywes op die geweer - indien wel kan jy duidelike fotos daarvan plaas?
ens?
Re: 30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 9:08 am
by Apie
Daai nommer lyk soos n musgrave met m98 aksie
Re: 30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 11:33 am
by Johan Nel
Friedland probeer sy post count opkry om iets te kan adverteer...en sy is nou klaar by 25 posts so gaan soek maar vir die advertensie....

Re: 30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 11:54 am
by FHM
Johan Nel wrote:Friedland probeer sy post count opkry om iets te kan adverteer...en sy is nou klaar by 25 posts so gaan soek maar vir die advertensie....

Aaah so!
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=44773
Re: 30-0kwes info
Posted: Thu Oct 22, 2015 11:57 am
by Ashley
Re: 30-0kwes info
Posted: Fri Oct 23, 2015 6:01 am
by Friedland
Hi Johan,
Ek sal daai ene maar vat as n grap!
FHM, Dit is n Musgrave. Ek het gehoop dat die reeksnommer dalk kan se in watter jaar dit vervaardig is.
Ek sal n draai by die geweersmid moet gaan maak en kyk of daar enige ander merke op is. Dis huidiglik nog in storage terwyl ek wag vir die lisensie.
Re: 30-0kwes info
Posted: Fri Oct 23, 2015 2:12 pm
by FHM
Ek is seker Johan het jou been getrek
Ek verstaan, nee my ou maat dan kan ek nie help nie - die Musgrave manne behoort te weet of daar betekenisse in die reeksnommer le. Sterkte!

Re: 30-0kwes info
Posted: Sat Oct 24, 2015 12:29 am
by junglejulian
Dit is n gewone musgrave produksie geweer.die S98 staan vir standaard graad afwerking(verwys hoofsaaklik na kolf) mod98 slotaksie geweer.daar was ook n L98(lite) en D98(delux) modelle gewees.jou reeksnommer dui op die hoeveelste een vervaardig.sal heel moontlik n oorsprongklike musgrave loop op he alhoewel van die lope deur Ferlach verskaf was.dit bly nog steeds n uitstekende geweer wat met baie trots gebou is.
Re: 30-0kwes info
Posted: Mon Oct 26, 2015 5:45 am
by Friedland
Hi JungleJulian,
Baie dankie vir die info. Ek waardeer die moeite. Ek sal n paar fotos post sodra ek kans kry. Nou moet die polizei net hulle dinge agtermekaar kry sodat ek hom kan kry.
Groete