Page 1 of 2

.375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Thu Oct 22, 2015 11:40 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Thu Oct 22, 2015 11:42 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Thu Oct 22, 2015 11:47 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 6:05 am
by sako 30-06
Dit is ongelooflik mooi.

Eendag as my skip inkom sal jy die eerste een wees wie ek sal skakel om vir my n geweer te bou.

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 7:21 am
by DanieDegenaar
Ai, ek wonder hoeveel sal ek kry as ek my vrou verkoop. Dink ek het 'n nuwe liefde! Baie mooi geweer!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 7:24 am
by Thunderhead
Baie mooi

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 7:34 am
by Jean Marais
Ralph, baie geluk met die bou van 'n meesterstuk. Julle is beslis nie net wapensmede nie. Julle is kunstenaars ook. Dis is regtig 'n pragtige wapen.

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 7:38 am
by Vlakvark Soldaat
Baie netjies! Daai hout se lyne is moerawies mooi!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 7:58 am
by twinhunter
Pragtige stuk kunswerk!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 8:06 am
by Askari
Wow!!!!! Dit is 'n kunswerk!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 9:12 am
by Frederik
Pragtig, wat weeg die knaap as ek mag vra?

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 9:15 am
by Capt. Yoda
Bitter mooi roer daai

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 9:39 am
by Ralph Badenhorst
Frederik wrote:Pragtig, wat weeg die knaap as ek mag vra?
Dankie manne

Hy weeg tans met die teleskoop en mounts kort van 10.4lbs.

Groete

Ralph

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 10:44 am
by Jakkels 223
Nee hel, eendag as ek groot genoeg is, sal so n geweer in my kluis wees!!!!
Dit wil voorkom of daar n gaaping is, tussen die geweer ..................................................................................................................................................... en die beursie in my gatsak!!!!!!
Dis nou regtig n mooi geweer daardie!!!!!!!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 11:15 am
by Witpietskiet
Ralph dit is bitter mooi, jy kan trots wees.

Hoe skiet hy?

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Fri Oct 23, 2015 11:29 am
by Ralph Badenhorst
Sal gou later videos en fotos oplaai van reguleering

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sat Oct 24, 2015 1:23 pm
by ReinierK
Pratig... Eendag as ek groot is

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sat Oct 24, 2015 3:17 pm
by Pvdw
Ai wat kan meer gesê word ^-^ ^-^

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sat Oct 24, 2015 6:36 pm
by Suikermuis
Dit is werklik n besonderse mooi wapen! Ek sal glad nie omgee om self eendag die geleentheid te kan hê om by jou aan te klop vir so meesterstuk nie.

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sat Oct 24, 2015 8:50 pm
by tripodmvr
Daardie lading van 70gr S335 klink besonders fris - spoed verkry?

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sun Oct 25, 2015 10:33 am
by rudib
My 375h&h Brno laai ek 65gr S335 met n 300gr Rhino (22'' loop, 2360fps)
Hornady se DGX is ok vir Plainsgame, maar werk glad nie betroubaar op Buffel nie.
Hopeloos te sag.

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sun Oct 25, 2015 11:35 am
by Reijger
Bitter mooi! Well done!

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sun Oct 25, 2015 3:13 pm
by Ralph Badenhorst
rudib wrote:My 375h&h Brno laai ek 65gr S335 met n 300gr Rhino (22'' loop, 2360fps)
Hornady se DGX is ok vir Plainsgame, maar werk glad nie betroubaar op Buffel nie.
Hopeloos te sag.
Dagse manne

Al hoekom ons Hornady DGX gebruik vir reguleering is dat koel konstruksie en ontwerp baie naby en algemeen is met produkte soos woodleigh, Claw, Swift, Norma etc. Reguleering is bykans 95% identies indien jy dieselfde lading gebruik. Geen nut om premium koele/lading weg te skiet vir reguleering indien al die bogenoemde koele met dieselfde lading min of meer (+-2mm grasie ) dieselfde reguleer nie. Reguleering is die klient se voorkeur en hy versoek wat gebruik en gelaai moet word en of ons fabriek ammo moet gebruik.

oom Marius - ek sal hom more chrony - hy behoort so naby 2600 te draf. sien aangeheg foto van brass - ek verstaan dat die lading teorieties druk kan ontwikkel - ons het so 14 skote al met die geweer met die lading geskiet en sien nie tekens van druk op primer of brass nie - asook geen extraction probleme nie - ek sal more vir oom foto neem. die werk verigting van die aksie na die verhardig is ver oor die 150K psi.

Groete

Ralph

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sun Oct 25, 2015 4:20 pm
by rudib
Maak sin oor koele vir regulasie.

Re: .375 H&H (Belted) Side x Side

Posted: Sun Oct 25, 2015 4:41 pm
by Ralph Badenhorst
rudib wrote:Maak sin oor koele vir regulasie.
Hele paar vervaardigers gebruik dit insluitende manne soos Verney Carron en Rigby om n paar toe noem