Page 1 of 1

byt uitsit

Posted: Fri Oct 23, 2015 11:34 am
by golf3
Môre almal
As ek geen roep toerusting het vir jakkels & rooikat nie
Watse byt of lokmiddel kan ek gebruik

Re: byt uitsit

Posted: Fri Oct 23, 2015 11:44 am
by James Wilson
Golf, ek het al by n paar geleenthede van dooie dier se karkas, n jakkals geskiet. As ek deur die loop van die middag n vark skiet, dan maak ek altyd n plan met die binnegoed. Maw, waar ek dit gaan gooi, hoe ek dink die wind later gaan waai, en hoe ek dan die plek in die nag gaan benader. Werk nnie altyd nie, maar het al lekker sukses gehad ook.

Ek het een van my eerste jakkalse geskiet, met die "fluitjie" wat jy in kinders speelgoed eendjies kry. Onder n bos in die koelte gesit, goed gecammo, en nou en dan met die speelgoed fluitjie geblaas. Dink die jakkals was meer nuuskierig as iets anders.

Re: byt uitsit

Posted: Fri Oct 23, 2015 1:06 pm
by golf3
Baie dankie die plek waar ek een wil skiet is by die vaalrivier op n plans
Daar is geen ander diere daar nie maar ek het hulle al gewaar as ons a
ry water toe en dan hoor jy hulle in die aande aangaan so my idee was
n dooie hoender