Page 1 of 1
Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 8:21 am
by PWV
Saterdag, 7 November, het die jaarlikse Ou Ballie Veldskiet plaasgevind. Dit staan onder toesig van Kaapjag en is aangebied op die Atlantis LRP-skietbaan. (LRP is die Long Range Presition-klub wat ook al die reëlings behartig het.)
Skuts ouer as 60 jaar neem deel in drie groepe, nl. 60 – 65 (die Tollies), 66 – 69 (die Blou
Bulle) en 70 en ouer (die Dagha Boys). Dit is toevallig dat daar in elke groep dertien inskrywings was. Stywenekke, seer rûe, horrelpote en ander skete word in aanmerking geneem by skietposisies terwyl daar op vier bane oor afstande van 30 tot 350 meter meegeding word. Afstande word vooraf aan die skuts bekend gemaak. Die ghong-baan was sekerlik die mees uitdagende met ghongs op 133, 219, 276, 304 en 343 meter.
Uitslae van die eerste 10 plekke was soos volg:
1. Philip Olivier (Tollie)
2. Boertjie Bellinghan (Dagha Boy)
3. Henri du Toit (Dagha Boy)
4. Athur Jonak (Dagha Boy)
5. Pieter Vorster (PWV) (Dagha Boy)
6. John de Smidt (Tollie)
7. Richard Henkel (Tollie)
8. Brian Crawford (Dagha Boy)
9. Pieter Smal (Tollie)
10. Malcolm Ashton (Tollie)
Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.
Dit is ‘n wonderlike byeenkoms wat met ‘n braai afgesluit is. Wonder of daar ook elders sulke geleenthede vir die grysbaarde geskep word?
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 8:28 am
by Chevvy SS
Baie geluk oom PW!
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 8:58 am
by Hein M.

Baie mooi geskiet! Wat het die wind daar op die Atlantisbaan gedoen?
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 9:12 am
by joe rocket
Geluk my oom! Lyk my die Dagha boys se oge is beter as die ander manne sinne, of is dit nou die ervaring wat intree!
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 10:19 am
by DawieKotze
Netjies Oom Pieter!! Met watter een van jou 2 raakskieters het jy geskiet?
Dawie
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 10:45 am
by ruaanb
Welgedaan oom Pieter!
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 10:48 am
by PWV
Baie dankie. Die wind was redelik sterk by tye, maar direk van voor. So geen probleem nie.
Die 7 mm Tombi doen nog sy werk.
Die grootste moontlike hindernis, was die "mirage". Geweldig kwaai, veral op die BWB op 260 meter en op die ver ghonge.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 5:37 pm
by PWV
Nou weet ek ook hoekom ek so baie punte op die vlakvark verloor het. Ek het vergeet om die parralaks te stel!

Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 6:32 pm
by Burger
Hierdie was/is nou n goeie idee. Julle het seker lekker sport gehad na die tyd ook. Baie geluk oom PWV, dit gee ons jong manne hoop vir die toekoms.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 8:40 pm
by Johan Nel
PWV wrote:
Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.
Oom Pieter,
Dis eintlik heel eenvoudig om te verklaar. Die Tollies bewe nog nie so baie nie so, hulle doen "orraait", maar die Dagha boys het nou al lank genoeg ge-oefen om daai skote mooi op teiken in te bewe. Die Blou Bulle pas nog aan met die bewe...
Geluk met oom se prestasie, ons weet mos darem nou al oom bewe 'n Gemsbok skoon van sy pote af...

Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Mon Nov 09, 2015 8:49 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges.
Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen.

Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Tue Nov 10, 2015 7:24 am
by PWV
Gawie(13mm) wrote:Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges.
Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen.

"You never know what the ape can does!"
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Thu Nov 12, 2015 12:03 pm
by vossie1
Geluk Oom Pieter, ek was al op n paar verskillende geleenthede wat "Dagha boys" jong manne nederig maak,soos Joe in n vorige post gese het! niks klop ervaring nie.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Thu Nov 12, 2015 8:17 pm
by Martin Marais
Baie geluk oom Pieter.
Ek kan sien die Dordrecht bloed loop dik in oom Pieter se are.
Groete.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Fri Nov 08, 2019 5:25 pm
by PWV
More is dit weer die dag waarna al die ou ballies hier in die Boland uitsien. Die Veldskiet te Atlantis waar alle manne bo sestig deelneem. 'n Groot geleentheid waar ons ontslae is van die ligsinnigheid van die jeug.

Al wat ons van hulle egter begeer is die viraliteit wat by ons al effens aan erosie blootgestel is.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Fri Nov 08, 2019 5:37 pm
by win270
Geniet die geleentheid. Kan julle dalk paar video's maak en dit hier laai na die tyd?
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Fri Nov 08, 2019 6:29 pm
by tripodmvr
Fyn mik en geniet die dag.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Fri Nov 08, 2019 8:35 pm
by ruaanb
fyn mik oom!
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Fri Nov 08, 2019 10:18 pm
by alecjohnson
baie geluk oom! daai 7mm tombie van oom is giftig!!!
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Tue Nov 12, 2019 9:15 am
by PWV
Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Tue Nov 12, 2019 4:59 pm
by JohanvB
PWV wrote: Tue Nov 12, 2019 9:15 am
Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
Dis waar ja!!
Gremlins dit kom steel??
Re: Ou Ballie Veldskiet
Posted: Tue Nov 12, 2019 5:48 pm
by tripodmvr
Telegramstyl.
Knak begin maar goed afgesluit.
Dop en tjop was lekker.
Huistoe.