Page 1 of 1
Kwaliteit van Truvelo lope?
Posted: Thu Nov 12, 2015 10:01 pm
by NJ_v_N
Soos dit opskrif dit stel, hoe is die kwaliteit van truvelo se lope, kry omtrent niks inligting met n google search nie?
Daar is goeie reveiws van hulle CMS gewere wat sekerlik daarop dui dat dit goeie kwaliteit is.
Interessant hulle maak glo beide gehamerde en "button rifled" lope waarvan die gehamerde lope glo heelwat beter lewe het volgens hul rep.
Re: Kwaliteit van Truvelo lope?
Posted: Fri Nov 13, 2015 6:13 am
by marco
More Njvn
In kort bly maar weg.. Rede hoekom ek so se is soos volg:
1- Hulle vervaardig vir die weermag mark (bou van sniper rifles ens) so rk glo al die beste lope gaan nie weg gestuur word aan kleiente nie..
2- 3 mense plaaslik het al met hulle lope gesukkel..Die lope was so grof gewees dat daar 20 skote geskiet is en dan eers moet skoon gemaak word ander skiet druk die hoogte in... na vele baklei het die manne net n ander loop gekry wat nogsteeds nie reg is nie... Elke keer was daar n geheen en weer met die gewere na hulle toe om te toets wat aan gaan en dan is die storie dat die lope aanvaarbaar skiet....
N vriend van my wat nie geluister het na goeie advies nie het n 30 duim crhomemoly loop by hulle gekoop... ons het die loop mooi ingeskiet.. nadat hy mooi begin skoon maak het was daar al tekens dat als nie leker is met die loop nie... 25 mm van die loop se kroon af sie daat tool merke wat met die oog gesien kan word... die geweer is nou oppad na hulle toe... Dis nie die kool die sous werd nie.. in my opienie koop maar n ingevoerde loop dalk 1000.00 of so meer maar hulle skiet reguit...