Page 1 of 1

Ystervark reseppies

Posted: Mon Jun 06, 2011 9:55 pm
by henslin
Vra bietjie raad

Het altyd die doringvarkies vir die volkies geskiet ens. Word toe gisteraand sleg uitgetrap - blykbaar koningskos.  Al wanneer ek hom geklits het was as ek dobbertjies vir visvang wou maak.

Laat kom bietjie met reseppies. Blykbaar is sy rugvel nie te onaardig nie. Slag jy die outjie of trek jy penne soos hoendervere ? Met die koop van die bogie kan ek nie meer uit die slaghuis leef nie  ;D en die bosvarke is vol str@@nt die tyd van die jaar.

Ek luister graag !  ???

Re: Ystervark reseppies

Posted: Mon Jun 06, 2011 11:32 pm
by baboonstalker
Henslin, Ek het self 'n penvarkie in die vrieskas, mooi skoongemaak (gepluk) wat ook net wag om op die spit te gaan. Ek sal ook egter eers van die manne wat al gedoen het wil hoor presies wat en hoe.
P

Re: Ystervark reseppies

Posted: Mon Jun 06, 2011 11:42 pm
by Kalahari
Naand manne

Ek het darem al so paar rugvelle geproe, smaak vorentoe. Wat ek nou gaan se sal seker nie as volwaardige resep tel nie en dit is ook net vir die rugvel, het noggie die hele otterjasie iets mee gemaak nie.

Elk geval: trek die penne met die hand uit en slag dan die rugvel so groot as wat jy kan af. Maak deeglik skoon en was af in water, die fyn haartjies wat sit kan gebrand word of gelos word, dan skroei dit sommer vanself oor die kole af. As dit groot vark is laat so 24 uur in melk as jy het (of enige manier om bietjie taai en wild uit te kry.) Sit nou die vel in 'n marinade van jou keuse vir 12 tot 24uur, sommer die spyserye en die marinade als van die begin af saam bysit. Ek hou van die growwe sout, lemmonpepper spice en swartpeper.
Braai nou baie stadig oor lae hitte kole tot gaar en smeer sommer soos jy braai die vel met nog van die marinadesous.  :P :P. Lekker, hoe kry ek sommer nou lus en gaan soek vir penneman in die koue ;)

Lekker eet kerels
Groete

Kalahari

Re: Ystervark reseppies

Posted: Sun Jun 12, 2011 4:47 pm
by Lamtjop
Naand almal.
My ouma het altyd die rugvel vir ons in agga gebak, baie lekker. Onthou net om penne uit te trek as varkie nog warm is ander sukkel dit. Melk werk goed maar jy kan karringmelk ook gebruik, hy maak hom sag ook. En probeer gerus bietjie gemmer in jou marinade.
Groetnis

Re: Ystervark reseppies

Posted: Sun Jun 12, 2011 5:10 pm
by Gerhard
Klink of ek n draai sal moet ry vir n doring varkie...

Re: Ystervark reseppies

Posted: Sun Jun 12, 2011 5:22 pm
by grumpy
Ha ha!

Hiers dit nou!

Slag en maak mooi skoon, brand al die haartjies af sny repe in die vleis, Smeer met botter en knoffel, gooi braai spesery oor met fyn gesnyde uie en tamaties daarin, bietjie chutney na smeek, rol toe en maak vas met lyn sodat dit nie kan oop maak nie, gebruik twee spykers en slaan dit op die punte vas op n plank, maak gaar in die oond op lae hitte vir so twee ure, haal uit en maak seker die glas wyn is daar, haal nou die twee spykers mooi uit, loop na die asblik en gooi die vleis in die asblik, eet die plank en geniet die wyn!!!  :laugh: :laugh: :laugh:

Sorry manne maar ek moes!!!

Dis mos hoe jy baber ook gaar maak  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Ystervark reseppies

Posted: Mon Jun 13, 2011 9:04 am
by grumpy
Nee man nou wil die manne nie se hoe lekker is dit nie!

Re: Ystervark reseppies

Posted: Mon Jun 13, 2011 11:10 am
by marno
Ons sit hulle ook op die spit.  Bitter lekker!!

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Jun 14, 2011 6:06 am
by Dawid
Nou Marno laat kom met jou Ystervark spit resep. Weetnie , het nognie n ystervark geeet nie, altyd maar vir die arbeiders gegee.

Dink n man moet vol "mannemoed" (brandewyn) wees om daai ding te eet.

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Jun 14, 2011 7:00 am
by marno
Ok, ek gaan nou nie weer praat oor die skoonmaak van die vark nie, dit is hier bo genoem.

Ons hou daarvan om hom eers so paar dae in die koelkamer te hang as hy nou mooi skoongemaak is en die vel met growwe sout gesmeer het en ook binne in die vark.

As jy groot genoeg bak het kan jy die vark 48 uur voor jy hom spit in karringmelk, olie en braai spices laat le.

Die marinade wat ek van hou is 'n mengesel van :

Olie
Soya sous (Die light een)
klein bietjie worchester sous
braai spices
knoffel
en laaste maar nie die minste bietjie suurlemoen sap

Jy moet maar self proe sodat bogenoemde marinade nie te sout is vir jou nie.

As hy op die spit is verf die marinade kort kort oor die vel. 

Baie mense stem nie saam nie maar ek vat 'n groot spuit (bees spuit) en spuit die vark in ook met die marinade. 

Hoop dit help so bietjie.

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Jun 14, 2011 7:48 pm
by Foxcreek
Net soos by my skaap afval is dit vir my belangrik dat, veral die rugvel ORDENTELIK skoongemaak word. Daai rugvel het so dun swart velletjie or hom. As jy hom mooi met 'n skerp mes se punt krap, kom die swart velletjie af en hy kom spierewit uit. DIs hoe ek hom laaik, wit en skoon.

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Jun 14, 2011 7:58 pm
by Freek
Self nog nooit die manne gaar gemaak of geproe nie. Henslin dankie dat jy gevra het vir die resepte. Ek onthou altyd hoe my pa om die kampvuur vertel het van hoe sy ouma doerie tyd die rug vel gaar gemaak het. Klink maar baie amper na die resepte wat julle hier bespreek het. Gaan met die volgende pen vark wat val bietjie ekstra moeite doen.

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Jun 14, 2011 9:56 pm
by erx
Nog nooit self probeer, maar nooi my asb met adres ingesluit, sal bitter graag wil proe.
Het wel 'n klein storie om te vertel!
My eindste liewe moeder was ons afrikaanse onnie vir std 8 tot 10. erens in die jare moes ons kom mondeling praat oor jou ma se beste resep!
'n Baie dierbare vriendin van my kom staan toe ewe statig daar voor en trek los met die woorde,"My ma se beste resep is 'n ystervark se mielie"!!
Almal kan seker raai wat die reaksie van die klas was ;D :o ;D :o

Ons het wel later uitgevind dat dit wel 'n resep was en die mielie gedeelte ko glo van hoe hy lyk na die penne gepluk is. Smaak glo vorentoe, van daar wou ek die storie proe, so maak plan manne!

Groete
erx

Re: Ystervark reseppies

Posted: Mon Jan 09, 2012 8:50 pm
by henslin
OK. So sal ons seker kans kry om te proe.  My eerste pennevarkie met die boog.  :laugh:  Swak foto met selfoon in die bos en dan bewe mens ook nog !
Gaan nou kans kry om die resepte uit te toets.

Geskiet met een van daai draadkarpunte op 20 yards. 20 meter geloop en toe besluit om te rus. Die lengte van die pyl is hopelik 'n aanduiding van die grootte. Sy is bleddie vet - eet al die afgelope twee maande die chop wat die bosvarke moet roep. As sy goed smaak -  DAAR IS NOG 5 OP DIESELFDE VOERPLEK !

Nogal heel adrenalienstorie met die boog - en is die ding bedrywig !!!

[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... arkie2.jpg[/img]

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Feb 07, 2012 12:06 pm
by KalahariKlong
Henslin, nou hoe het die varkie toe uit gekom op die ou einde van die dag.
Man los mos nie 'n storie so in die helfte nie  ;D

Groete
KK

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Feb 07, 2012 12:46 pm
by molopohunter
Ons laat die rugvel net utsny dan kan die werkers die res vat.
Ons marineer sommer in knorr spare rib marinade, met bietjie knoffel, rissie en swart peper by.
Los so 24 uur in die yskas en braai oor stadige kole soos hoender...
Baie lekker, maar ryk.

Re: Ystervark reseppies

Posted: Tue Feb 07, 2012 9:05 pm
by Marc
Naands? manne,

Ek sien meeste konsentreer op die rugvel, die spit ding klink bitter lekker. Ek kan onthou hoe ons hulle in tjops gesny het soos skaap en gebraai het by die dam as ons gaan visvang. Niks marinade, net kole en spice na smaak. Man het die penvark vir jou lekker vleis. Dis sag soos skaap en die grein is fyn, glad nie 'n oonaardige smaak aan hom. Self vroutjie hou daarvan  :o  Ribbitjies heel oor die kole, rid marinade sal hier biejtie help.

Dit klink laf om te sukkel met sulke klein tjoppies, maar dink daaraan as buffulo wings, hulle is die moeite werd !!!

Mooiloop
Marc

Re: Ystervark reseppies

Posted: Fri May 04, 2012 5:19 pm
by stan man
vat daardie tjoppies en le hulle vir so 3 ure in italiaanse slaai sous.dan braai jy hom op die kole,gooi net n bietjie braaisout en peper. maar lekkerder is as jy die hele rugtringetjie so heel opsit.

praat later weer ek wil gou na die traps gaan kyk,dis amper braai tyd. ;D

Re: Ystervark reseppies

Posted: Wed Jun 06, 2012 9:27 am
by Sarelss
Ek het ook probeer om die goed gaar te maak.
Ek eet enige iets maar het erg gesokkol om die ding geeet te kry. Seker oor ek nie daai vel laat le het in iets vir 'n dag of twee nie.
Sal maar weer moet probeer,
ss

Re: Ystervark reseppies

Posted: Wed Jun 06, 2012 12:26 pm
by foxripper
Kalahari,

Daar is mos baie varkies in die kalahari, stuur daar n rugvel (mielie soos ons hom ken) bietjie hierdie kant toe.  :) 


Groete,

Re: Ystervark reseppies

Posted: Wed Jun 06, 2012 1:36 pm
by Kalahari
Bergh

Jy sal nie glo nie, ek het hok gestel vir rooikat wat ek toe op die einde gevang het , maar saam met die het ek ook 10 ystervarke in dieselfde hok gevang! Ek het so paar geeet, maar nou nie iets gebere vir later nie :'(.
Ek sal bietjie bere vorentoe, maar ek weet nie of die vel gevries vorentoe goed sal smaak nie, nog nie gedoen nie.

Beste
Johan